Da Mario se gepraat…

Life revisited.

July 6, 2009 · 1 Comment

Met al die mis wat vanoggend hier so dik oor Pretoria gehang het, het ek weer gesit en dink oppad werk toe: Is die lewe nie soms soos ‘n pad waarop jy ry op ‘n mistige oggend nie?  Jy het ‘n idee waarheen jy oppad is, maar die detail vorentoe is nie altyd so duidelik nie.

Ek dink mens moet hoop dat die pad wat jy loop, miskien jou reis na geluk, lank en vol avontuur is.  Dat jy kennis opdoen, iets leer, selfs al is daar hier en daar slaggate en skerp draaie.  Ek glo nie mens hoef bang te wees om die verkeerde besluite te maak nie, die verkeerde girls te ontmoet en dan dalk te date nie,  seer te kry in liefde nie.  Indien jou verwagtinge hoog en idialisties is, sal hierdie dinge in elk geval nie met jou gebeur nie.  Dit kan slegs gebeur indien jy die pyn in jou dra, jouself oopmaak daarvoor.

Is dit nie belangrik om gelukkig in jouself te wees nie, om soggens alleen te kan wakker word en te weet hoe fantasties jou lewe is nie?  Geniet die reis wat jy onderneem, geniet elke nuwe ervaring, gaan orals heen waarheen jy kan en ontmoet nuwe mense, leer by mense.  Ervaar sensuele dinge, ervaar raar dinge, put genot daaruit om dinge te sien, kyk weer met die oë van ‘n kind na die lewe.  Raak stil en besef wat is belangrik in jou lewe.

Moenie haastig wees in jou soektog na geluk nie, laat dit aanhou vir jare.  Moenie haastig wees om liefde te vind nie, dit vind jou soms op die mees onverwagse oomblikke.  Hou jou uiteindelike doel ingedagte, maar moenie dit blindelings najaag nie.  Dis beter om liefde te vind wanneer jy oud is, ryk aan al die ervaring wat jy opgedoen het in jou reis, sonder die verwagting van die jeug dat iemand anders jou lewe gaan vervolmaak.

Wees gelukkig, jou sielsgenoot het jou die reis gegee, nie die bestemming nie.  Sonder haar sou jy nooit op jou reis vertrek het nie, sy het niks om jou te bied meer as wat jy nie reeds het nie.  As jy haar dan minder as idiaal vind, besef dat sy jou nooit bedrieg het nie, want wys soos wat jy geraak het, met so baie lewenservaring, sal jy besef wat ‘n sielsgenoot werklik beteken.

→ 1 CommentCategories: Sommer praat...

‘n Speech op my Seepkissie.

July 1, 2009 · 10 Comments

Did you say it?
I love you.
I don’t ever wanna live without you.
You’ve changed my life.
Did you say it?

Vriendskappe, partytjies, Facebook… net so paar van die dinge waarby ek die laaste rukkie betrokke was in my vrye tyd.

Maandagaand is Yolanda Barnard se boek, Die ponies gallop, bekendgestel by FTV in Irene.  Genoeg is al geskryf oor die paartie, wie daar was, hoe hulle gelyk het, wie het ge-network en wie het gesuip.   Die hele storie het my so bietjie laat dink oor dinge soos Facebook, celebrities en vriendskappe.

Bekende mense, celebrities, sterre… noem hulle wat jy wil – is net doodgewone mense.  Ek het dit daar weer gesien.  Dis ‘n normale ou wat so paar liedjies kan tokkel en ‘n besonderse gawe gekry het.  En dit uitleef.  En van openbare mening afhanklik is vir sukses.  En dis net daar waar die moeilikheid begin….

Ek is bewus daarvan dat baie mense, wanneer hulle ‘n celebrity ken, voel asof hulle amper dan ook iemand spesiaal is.  Dit gebeur selfs op kleiner skaal tussen gewone mense, miskien veral in kleiner dorpies waar almal mekaar se doen en late ken.  Die tannie wat met die dokter getroud is, die dominee se vrou, die prokureur se vrou, die burgemeester se vrou – hulle dink almal hulle het meer aansien as die werktuigkundige se vrou, die stoorman se vrou, die padskraper se vrou …  mense gravitate na sukses, dis natuurlik. Sommige like om daarmee te spog, dis effe minder natuurlik.
Jy kry dieselfde beginsel met sangers, skrywers, digters en TV-persoonlikhede, want as jy iets van hulle weet, dan voel jy dalk so half asof jy ook belangrik is, asof jou lewe nou ook meer sinvol is.Hierdie is nie nuus nie, allermins!!  Dis die rede hoekom Yolanda ‘n boek kan publiseer en dis ook die rede dat ek nie die boek wil lees nie.  Ek kan persoonlik net nie minder omgee wie wat aan wie wanneer en hoe hard vir hoe lank gedoen het nie.  Ek worry nie.  Net soos ander mense nie minder kan worry watter rugbyspan die Super14 wen nie.  Ons verskil en dit is oraait.

Beteken dit dat hierdie verskynsel eg is, die blote feit dat dit bestaan?  Voel jy genuine beter as jy vir jou moegoe buddies by die local pub kan vertel dat jy al gebraai het saam met Zak van Niekerk, Robbie Wessels, Theuns Jordaan, Nicholis Louw? Miskien doen jy, maar dan sou ek sê jy het groter probleme as wat jy dalk besef. But that’s just me.  Jy hoef nie my woord daarvoor te vat nie.

Wat my bring op die volgende ding waaroor ek wil uitvaar, Facebook.
Ek het nogal ‘n probleem met die wyse waarop Facebook vriendskappe kan ruïneer en/of goedkoop maak.Fok, huwelike is al verwoes oor wat aangaan op Facebook.  Beteken dit dat FB die probleem is?  Nope.  As jy skei oor wat aangaan op FB dan het jou verhouding hulp gekort lank voor jy daar iemand ge-add het as ‘n “friend” en met hulle begin gesels het. Beteken dit dat julle werklik best buddies is wanneer iemand wel op jou friendslist verskyn? Nope. Dit beteken net jy ken hulle.
Ek voel soms half ongemaklik oor die hele FB storie.  Dis amper soos visitekaartjies uitruil behalwe dat jy voortaan miskien irreterende status updates gaan moet lees oor die persoon: “Piet se maag is seer”, “Koos dink die Bokke het tos gespeel”, “Sannie voel afgeskeep”. Facebook het my al laat sug ja….

Aan die einde van die dag is celebrities mense soos ek en jy.  As die dude rondloop met ‘n houding, fok hom.  Who cares?  Baie doodgewone mense doen dieselfde.  Fok hulle ook.  Ek was daar by Yolanda se paartie saam met vriende, ouens wat ek ken omdat ek hulle like en nie oor wie hulle is of oor wat hulle doen nie.  Dood toevallig is hulle in die musiekbedryf en bekend.  Hulle kon netsowel plumbers, rekenmeesters of 2de handse motorverkoopsmanne gewees het, ek gee nie om nie, want wat hulle doen maak hulle nie iemand besonders nie.  Ek ken hulle en like hulle want hulle is nice mense, wie hulle dus as mense is, dis wat belangrik is.  Hulle het ‘n job soos ek en jy.  Hulle job is net in die openbare oog.  Hulle werk tos ure.  Hulle werk wanneer ek en jy sit en TV kyk.  Ja oraait, hulle lê langs ‘n swembad wanneer ons werk, maar moet nou nie op die verkeerde deel van die storie fokus nie….

Waaroor dit eintlik gaan?

Maak op jou eie mind, lees tussen die lyne, interpreteer wat hier staan, dink daaroor en vat dan die volgende met jou saam:
- Vriendskap is spesiaal.
- Facebook is net Facebook.
- Celebrities is gewone mense.
- Sommige dinge is real, ander is nie.

Nou gaan bel iemand of loop na iemand en gee hulle ‘n drukkie en begin jou gesprek soos ek hierdie post begin het, want môre mag dit dalk te laat wees, mens weet nooit nie…

→ 10 CommentsCategories: Current Affairs · Sommer praat...

Michael Jackson

June 26, 2009 · 4 Comments

Nadat ek vanoggend opgestaan het sit ek om die een of ander rede op ‘n stadium die TV aan, ek dink ek wou gou op Supersport geloer het wat toe gisteraand gebeur het tussen Bafana en Brasilië met die sokker.  Sien toe ons het 1-0 verloor en wonder waarom noem niemand daai spul chokers nie? Anyways, terwyl die badwater intap flick ek bietjie deur die kanale en dog toe ek sal na een of ander nuuskanaal luister…

Daar hoor ek dit toe.  “Michael Jackson has died.” En ek dog… WAT?  En ja, hy het ‘n hartaanval gehad, is hospitaal toe maar is oorlede.

Oppad werk toe luister ek na The Rude Awakening, en mense bel in met hulle gedagtes en herinneringe.  Een ou was die chief Chef by die Palace toe MJ op ‘n stadium in SA was en hy vertel hy moes een aand half nege Rustenburg toe ry omdat MJ graag Kentucky wou gehad het!  Verder het hy glo “‘n baie eenvoudige palet” gehad, net fancy stuff bedien aan sy gaste wanneer hy onthaal het. Hulle speel toe op ‘n stadium ook weer sy liedjie “Ben”, vanaf ‘n plaat… iets wat in 1972 al opgeneem is.  Amazing stuff…

Anyways, die einde van ‘n era.  Die dude wat DIE popmusiek gemaak het in so baie van ons se grootword tyd, die DUDE van die 1980’s… hy is nou oorlede.

RIP Michael.

→ 4 CommentsCategories: Current Affairs

Braai in die hel jou bliksem!

June 25, 2009 · 3 Comments

Oraait klas, hipotetiese vraagstuk vandag…

Jy loop iemand raak en jy let op hulle het ‘n nuwe haarstyl. (Die mans hoef net instemmend te knik, almal weet mans let nooit sulke goed op nie.)  Sy vra wat jy daarvan dink en jy vertel haar dit lyk maar bra sleg.  Skielik skiet haar oë vol trane en nou voel sy sleg. En nou voel jy sleg oor sy sleg voel, behalwe as jy ‘n hartelose teef is.  (Mans sou al teen hierdie tyd besig gewees het met hulle derde dop.) Volgende week loop jy haar toevallig weer raak, die keer met ‘n ander kapsel.  Nou het jy seker so paar keuses:

- vertel haar weer dit lyk sleg want dis wat jy dink en fok haar anyways
- sidestep die vraag en hoor hoe gaan dit nog met haar ouers
- vertel haar sy lyk goed, verander die onderwerp en praat oor die kinders se skoolwerk

Ek bedoel, is dit nou jou skuld dat sy nie die waarheid kan handle nie? Natuurlik sou jy eerder eerlik wou wees met haar, maar sy het mos gewys sy kan nie die waarheid hanteer nie. So jy word mos tipe van gedwing om te lieg, en dis nie jou skuld nie, dis haar skuld!! Nou ja, ek is ‘n man en hierdie tipe van probleme bestaan nie eers vir my nie … maar ernstig nou, hierdie is net ‘n simpel voorbeeld.  Ek dink waaroor dit eintlik gaan is of jy bereidwillig is om vir iemand ‘n wit leuen te vertel om hulle te laat beter voel, tensy jy hulle eintlik sou wou help maar die kans staan dat hulle dit nie gaan like nie.

Kyk, baie mense sal iets vir jou doen sonder om iets terug te verwag, hulle is net plain moer nice en erg in die minderheid.  Baie (meer) ander mense sal ook weet dat hulle graag wil hê dat jy iets vir hulle moet doen, maar indien hulle jou reguit vra… wel dis dalk half ‘n moerse guns so op sy eie.  Indien hulle egter nou eers iets vir jou doen, niks besonders groot nie, net iets om jou te laat voel jy is spesiaal vir hulle, dan kan hulle mos baie makliker jou vra wat hulle wil.  Jy skuld hulle mos nou tipe van…. jy het mos net iemand daartoe instaat gestel om op ‘n plek te wees waar hulle wel kan instem om te doen wat jy graag wil hê hulle moet doen.  En dan is dit mos nie verkeerd nie…. dis nie lieg en manipulasie en sulke dinge nie!

Dis elementêre stuff hierdie man!! So maklik soos val uit ‘n boom uit.  So maklik, mense dink nie eers altyd hieroor en besef hulle doen dit nie.  Dis ‘n baie eenvoudige beginsel.

Of hoe??

→ 3 CommentsCategories: Sommer praat...

Yes, keep thinking…

June 24, 2009 · Leave a Comment

Ek kan nie onthou dat die vorige keer wat ek hierdie movie gekyk het dit so besonderse indruk op my gemaak het nie. Sure, dit was oulik en elke ding, maar die keer… wel… dit was effe beter.  Dit was vroeër vanaand op MM2 – hier is ‘n aanhaling of 3 uit die fliek,  The Holiday.

Iris: I’ve found almost everything ever written about love to be true. Shakespeare said “Journeys end in lovers meeting.” What an extraordinary thought. Personally, I have not experienced anything remotely close to that, but I am more than willing to believe Shakespeare had. I suppose I think about love more than anyone really should. I am constantly amazed by its sheer power to alter and define our lives. It was Shakespeare who also said “love is blind”. Now that is something I know to be true. For some quite inexplicably, love fades; for others love is simply lost. But then of course love can also be found, even if just for the night. And then, there’s another kind of love: the cruelest kind. The one that almost kills its victims. Its called unrequited love. Of that I am an expert. Most love stories are about people who fall in love with each other. But what about the rest of us? What about our stories, those of us who fall in love alone? We are the victims of the one sided affair. We are the cursed of the loved ones. We are the unloved ones, the walking wounded. The handicapped without the advantage of a great parking space! Yes, you are looking at one such individual. And I have willingly loved that man for over three miserable years! The absolute worst years of my life! The worst Christmas’, the worst Birthday’s, New Years Eve’s brought in by tears and valium. These years that I have been in love have been the darkest days of my life. All because I’ve been cursed by being in love with a man who does not and will not love me back. Oh god, just the sight of him! Heart pounding! Throat thickening! Absolutely can’t swallow! All the usual symptoms.

Op ‘n stadium gesels hierdie twee, en Miles moan by Iris dat die girl saam met wie hy is hom vreeslik unhappy maak, maar dat hy net nie finaal kan afskeid neem nie… al kry hy hoe seer en hy kan nie verstaan hoekom nie.

Iris: Because you’re hoping you’re wrong. And every time she does something that tells you she’s no good, you ignore it. And every time she comes through and suprises you, she wins you over, and you lose that argument with yourself, that she’s not for you.
Miles: Exactly, and on top of that there’s the old standby, I can’t believe a girl like that would actually be with a guy like me.

Iris gesels oor haar gevoel vir haar ex-boyfriend…

Iris: I understand feeling as small and as insignificant as humanly possible. And how it can actually ache in places you didn’t know you had inside you. And it doesn’t matter how many new haircuts you get, or gyms you join, or how many glasses of chardonnay you drink with your girlfriends… you still go to bed every night going over every detail and wonder what you did wrong or how you could have misunderstood. And how in the hell for that brief moment you could think that you were that happy. And sometimes you can even convince yourself that he’ll see the light and show up at your door. And after all that, however long all that may be, you’ll go somewhere new. And you’ll meet people who make you feel worthwhile again. And little pieces of your soul will finally come back. And all that fuzzy stuff, those years of your life that you wasted, that will eventually begin to fade.

→ Leave a CommentCategories: Sommer praat...

Generation Kill.

June 22, 2009 · Leave a Comment

Reporter: Seriously, what am I supposed to do with all this bullshit you guys constantly talk?
Marine1: Oh, you think I am some racist psycho redneck?
Marine2: What …. you ain’t?
Marine1: Oh, and you ain’t some fucking milk and taco vendor revolutionary?
Marine2: See reporter, no outsider can understand how we really are…
Marine1: We’re all fucking brothers…
Marine2: ….and we’re all fucking Alpha males too…
Marine1: …we got to constantly test each other…
Marine2: All we do is fight for position in the pack, dog. All that training we do, the martial arts, the grappling, is for practice. But… it’s also for real. To achieve dominance over a mother fucker. We do the same thing mentally. It’s prison rules dog. We probe for any fucking weakness we can find. Family, race, brains, looks… anything you have on a mother fucker, you wear it the fuck out.
Marine1: Being a marine ain’t about words anyway. It’s about your fucking actions.
Marine2: Back on the civilian world, a fool slaps a “Protect the Planet”-sticker on his car, suddenly he is all about the environment and shit. Don’t matter that he still drives that fucking car, fires up his computer and videogames and cellphone every night with electricity made from nuclear power, coal and fucking melted babyseal oil. “Nahhh…. I’ve got a bumper sticker on my shit, so I’m all about saving the fucking planet!” In the fucking Marine Core civilisation, it don’t matter what a mother fucker says. Only thing that matters is dog, when you charge that mother fucking machine gun when the mother fucker tells you to charge the mother fucking machine gun.
Marine1: Shit, everybody in this platoon is a hard charger. Marines bitch about everything man. Chow, fucking moron officers, no time for a combat jack… but you will never hear a marine in this platoon bitch that we could die at any second.
Marine2: Hell NO!
Marine1: That’s what we signed up for!!
Marine2: Hoeraa that mother fucker!
Marine1: Who fucking cares if some Latté sipping bisexual college student reading about Justin Timberlake and Rolling Stones think I’m a psycho racist cracker? Fuck no! I’d give my life for any brother in here. I know anyone of them would do the same for me. You think it matters if I call fucking T a nigger? Phttt… I fucking love that big dark green marine and his big old beautiful niggerdick.
Marine2: Hehehehe!!!
Marine1: I love all my dirty spick brothers here!
Marine2: And I love this fucking cracker ass inbred racist peckerwood fuck! I don’t know why I do dog… but I do…
Marine1: Cause I’m pretty and I shave my balls. You wanna touch them reporter?
Reporter: Uhmmm….no… thanks….
Marine1: Look man, I joined the Marine Core ten days after I graduated high school. I went to school with all these rich kids at St. (Tanidy’s?) Parish, but I was an apartment kid. My mom worked, I worked summers diggin (footings?) on the weekends. I was a dishwasher at DiAngelo’s Pizzeria, I busted my ass, became a reckon Marine since I was 19, which is tight as fuck, I know that, my brothers in this platoon knows that, so fuck all of you! [spits]
Marine2: Damn… You just spit on my fucking rag dog….
Marine1: Where?
Marine2: There! You see that pile of dried camel dung? That’s my fucking pillow dog!! You fucking spit on it fool! You’re a heinous ass white boy!
Marine1: Sorry!!
Marine2: Phttt….

→ Leave a CommentCategories: Sommer praat...

So bietjie oor verhoudings.

June 18, 2009 · 4 Comments

Die storie van Oom Hendrik en Ant Bets was vir my ‘n baie interessante ene, so ook die verskeidenheid van reaksie wat ek daarop ontvang het. Inherent was dit vir my ‘n baie hartseer verhaal.

Dit het my verder laat dink aan so paar dinge betreffend verhoudings.  Obviously is vertroue, toewyding en eerlikheid so paar van die groter faktore waaraan voldoen moet word om ‘n suksesvolle verhouding te hê.  Hierdie faktore manifesteer hulleself op verskeie wyses binne ‘n verhouding, maar wanneer dit ervaar word is jy happy, indien nie, bekommerd en seer.

Die volgende vragies is universeel en ‘n maklike aanduiding, jy kan jouself daaraan meet.

- Kan jy effektief met jou man/vrou kommunikeer?
- Deel julle dieselfde morele beginsels en/of belangstellings?
- Voel jou man/vrou dat jy hulle waardeer?
- Is julle emosioneel verbind aanmekaar?
- Dink hulle jy is moody?
- Voel hulle dat ander aspekte van jou lewe bo hulle geprioritiseer word?

Ek is geen verhoudingskenner nie, maar ek weet dat wanneer jy graag iets vir jou man/vrou wil verduidelik, iets wat ‘n emosionele kwessie vir jou is, en hulle stel nie belang om te luister nie – dan het jy probleme. As jy nie in opregtheid en effektief met iemand kan gesels met die vertroue dat hulle jou sal hoor en nie sal veroordeel nie – dan het jy probleme.  As julle nie dinge kan deel nie, nie gewaardeer voel nie, nie emosioneel verbind voel nie – dan het jy probleme.

Die ironie is dat bittermin probleme nie opgelos kan word indien beide partye daardie begeerte het nie. En selfs binne die gesondword proses, mense moet bereid wees om te luister, afstand doen van hulle eie opinies en openlik sonder vrees kan kommunikeer oor wat fout gegaan het, hoekom dit gebeur het en wat gedoen kan word om dit reg te stel.

Anyways, daar is baie boeke beskikbaar oor hierdie tipe van onderwerp, baie inligting op die internet, die storie van Oom Hendrik en Ant Bets het my net weer so bietjie laat dink… wat is dit wat ons graag wil hê en hoe kan ons dit kry?  Die groot verskil tussen suksesvolle huwelike en onsuksesvolle huwelike is klaarblyklik die model wat gebruik word vir probleemoplossing. EN onthou, wanneer iemand iets verkeerd gedoen het aan jou, en jy wil dit ten spyte daarvan laat werk, dan gaan jy nodig hê om hulle op ‘n stadium te moet vergewe.  Of jy gaan genuine verloor….

Fokus op die positiewe en jou kop is deur, fokus op die negatiewe en jy het probleme. En indien jy my nie hieroor glo nie, glo gerus die ou by wie ek dit gehoor het (hahaha) en gaan lees die uittreksel oor suksesvolle huwelike.

http://truthaboutcheating.com/2008/09/03/excerpt-successful_marriages/

→ 4 CommentsCategories: Sommer praat...

Oom Hendrik en Ant Bets.

June 15, 2009 · 3 Comments

Oom Hendrik was ‘n trotse man, hy het dit nie altyd baie breed gehad nie, maar het tog dinge gedoen vir mense wanneer hy kon. ‘n Mens sou kon sê hy was ‘n man van imbors, iemand op wie jy kon staatmaak, ‘n man wie se woord sy eer was.

Oom Hendrik was getroud met Ant Bets.  Ant Bets was effe anders as Oom Hendrik, nie oor die dinge wat werklik saakgemaak het nie, net oor so paar dinge.  Sy was ‘n diepgelowige vrou, ‘n vrou wat haar laaste sny brood vir die bure sou gee en een vir wie haar kinders nooit te veel gevra het nie.  Sy was ‘n vrou geknip uit een stuk.

Oom Hendrik was soms ‘n moeilike man, hy was hardkoppig en halstarrig, hy was uitdagend teenoor gesag en het bittermin na enige iemand geluister.  Op menigte teepartytjie is gefluister hoe niemand werklik kan verstaan wat Ant Bets maak uithou met Oom Hendrik nie.

Ant Bets het ook soms gewonder.

Sy’t oor die algemeen net haar oë gerol as Oom Hendrik begin moeilik raak het, sy’t hom gelos as hy afgesit het watergat toe om saam met Oom Mike, Oom Visser en Oom Gert ‘n ietsie kouds vir die keel te gaan kry. Sy’t net haar hande saamgeslaan en na die hemel gestaar wanneer Oom Hendrik opgemerk het dat die jong mannetjies se koppe darem erg draai wanneer daai nuwe juffertjie wat by die winkel werk in die straat afstap.  Gerugte wou dit hê dat ou Swannie se winkel sommer baie beter doen vandat sy daar beginne te werk het. Swannie se vrou was glo nie vreeslik beïndruk met sy aanstelling aanvanklik nie, maar toe sake begin optel het sy glo maar begin stil raak.  Juffrou Klopper was eers werksaam by die watergat, maar die jong mannetjies het laat saans soms begin driftig raak, tot so mate dat ou Piet Pens, die eienaar, haar noodgedwonge moes laat gaan. Die storie van die Klopper-juffertjie is egter ene vir ‘n ander dag.

Die ding is dat Ant Bets nie Oom Hendrik se kuiertjies so saam met sy vriende vreeslik geniet het nie.  In haar hart was sy menigtemaal ongelukkig oorlaat sy alleen by die huis was.  Op sulke tye het sy haarself maar besig gehou met haar eie goetertjies, dit betaam ‘n ordentlike vrou mos darem nie om oral te loop en kla nie.

Oom Hendrik was bewus van sy vrou se struwelinge in haar gemoed.  Soos hy dinge gesien het was sy kuiertjies net dit. Blote tyd saam met sy vriende.

Die probleem was dat Ant Bets wel bewus was van Oom Hendrik se verlede.  Hy was glo ‘n rowwe man, ‘n ongetemde hings.  Boon-op was sy lewensleuse dat niemand nog ooit van vriendelikheid doodgegaan het nie.  Hy was maar altyd orals aan die gesels wanneer die bui hom gepak het, ander tye het hy net met ‘n frons verby mense geloop en dan het hulle hom maar laat begaan.

Met die jare het Ant Bets hom egter begin tem.  Aanvanklik het sy geweet dat hierdie selfopgelegde taak nie in enige vrou se broek sit nie, maar sy het kans gesien.  Gehoop en geglo dat die Wilde Hings dalk eendag sal toelaat dat hy getem word.  Ingebreek word.

Daar was egter altyd so blink sprankeling in Oom Hendrik se oog.  Altyd ondeund, altyd reg vir ‘n avontuur, altyd beskikbaar vir die mense wat saakmaak.

Tot op ‘n dag.

Oom Hendrik het verander.  Hy het stiller geraak.  Die Tannies op die skinder teepaarties het agter bak hande gefluister dat Ant Bets hom finaal getem het.  Ant Bets was gelukkiger.  Daar was nie meer kuiertjies by die watergat nie, Oom Hendrik was maar altyd in of rondom die huis.  As Ant Bets gepraat het van winkels toe dan is Oom Hendrik saam.  As Ant Bets gepraat het van gaan kuier by die kinders, dan was die stasiewa alreeds halfpad gepak.

‘n Mens sou kon sê dat Ant Bets gewen het, maar wen en verloor is tog sulke ontoepaslike terme om te gebruik wanneer dit kom by liefde en ander sake van die hart.  Oom Hendrik het opgehou kla, hy het ophou uitdaag, hy het niks te sê gehad oor Juffrou Klopper of enige ander vrou nie, Oom Hendrik was net daar, sy oë dowwer as gewoonlik.  Jy sien dieselfde kyk soms in die oë van leeus wat groot word in gevangenisskap.  ‘n Wilde leeu, die kan jy altyd uitken.  Dis in hulle oë, daai kennis van wye vlaktes en bokke jag bly altyd daar.  Die hoop van vryheid vergaan nie sommer nie.  Leeus wat egter in gevangenisskap gebore word is anders.  Hulle ken nie van jag nie, daar is vrees vir ooptes en daar is ‘n sekere erkenning in hulle oë dat hulle nooit werklik Leeu sal wees nie.  Hulle weet bloot nie hoe nie.

Dinge het vir baie lank baie goed gegaan tussen Oom Hendrik en Ant Bets.  Eendag, soos die tyd maar aanstap, het Oom Hendrik siek geraak.  Hy is hospitaal toe.  Die nuus was nie goed nie.  Hy was siek, miskien het hy ‘n maand oor om te leef.  ‘n Rukkie later is Oom Hendrik huis toe, die dokters kon hom nie help nie, dis terminaal, hy kon netsowel rustig by die huis gaan bly.  Die nuus was ‘n skok.  Onverwagse slegte nuus is altyd.

Op ‘n dag terwyl Oom Hendrik op sy stoel in die wintersonnetjie onder een van Ant Bets se gebreide kombersies oor sy bene sit, begin hy te praat.  Hy vertel vir Ant Bets dat hy haar liefhet, nog altyd liefgehad het.  Hy vertel haar hoe baie hy alles waardeer het wat sy altyd vir hom gedoen het, hoe geen man ooit ‘n beter vrou sou kon kry nie.  Hy vertel haar hoe trots hy op haar is en hoe haar standvastigheid vir hom ‘n baken deur sy lewe was.  Ant Bets was verras, sy het bitter min van hierdie dinge geweet, ‘n liefdevolle glimlag het om haar mondhoeke gespeel.

Oom Hendrik het toe opgestaan, haar op die voorkop gesoen en met die trappies afgestap die tuin in.  Hier het hy vir haar blomme gepluk, die bossie vir haar gegee en haar stip aangekyk.

“Jy weet my lief”, het hy saggies begin praat, “jy is alles vir my.  Ek wens jy het dit geweet voordat dit te laat was.”  “Wat ek nou gaan doen, is om af te gaan watergat toe, ek gaan ‘n koue enetjie saam met my vriende vat, die van hulle wat nog daar kuier.”

Ant Bets was effe verbaas, Oom Hendrik het nooit meer sulke dinge gedoen nie.  En ek kan julle seker vertel in my woorde of syne, maar die uitkoms is dieselfde.

“Jy sien Bets my lief, vir jou het ek my lewe gegee.  Vir jou het ek verander.  Vir jou is ek getem.  Vir jou was ek in gevangenissakp.  Wat jy moet weet is dat ek hierdie dinge vrywilliglik gedoen het, ek het dit gedoen omdat ek jou liefgehad het en nie langer die pyn waarin jy gelewe het kon hanteer nie.  Ek hoop jy kon dit sien, ek hoop jy sal dit weet en altyd onthou.  En dat jy ook altyd sal onthou dat die idee van ware vryheid nooit vergeet word nie.  Vir jou my lief het ek hierdie dinge gedoen, en ek glo en weet dat jy my nou finaal, nadat jy geleer het om my te vertrou, sal toelaat om hierdie een laaste ding vir myself te doen.  Want dit my skat, my enigste, is wat liefde is, die geloof en vertroue in die goedheid van ander mense.”

Oom Hendrik is daardie aand in sy slaap oorlede nadat hy van die watergat af terug gekom het.  Nadat Ant Bets begin verstaan het, het sy die storie vertel aan haar vriendinne, die van hulle wat verstaan het, het dit vertel aan hulle kinders… hierdie doodeenvoudige ou storietjie van ‘n baie hardkoppige ou man wat sy ou vrou so liefgehad het, dat hy bereid was om te verander, dat hy bereid was om sy lewe op te gee vir haar geluk.

Vir haar liefde.

→ 3 CommentsCategories: Sommer praat...

Looking back…

June 15, 2009 · 1 Comment

Daar word die storie vertel van ‘n baie suksesvolle en ryk ou man wat eendag op sy sterwensbed gelê het.  Toe hy gevra word of hy enige daad betreur, of hy iets mis en of hy gelukkig is met al sy sukses en lang geseënde lewe, toe antwoord hy: “Looking back, I have only this to regret, that too often when I loved, I did not say so.”

Hoe vreeslik moet dit nie wees nie?

‘n Mens kan seker na baie verskillende kante toe redeneer, maar wat sou die motivering wees vir iemand om so iets te sê, en sou dit ‘n plek wees waar jy jouself sou wou bevind? Die eerste gedagte wat by my opkom is “vrees”.  Miskien het hy nooit genoeg gesê “Ek’s lief vir jou” nie, want hy was dalk bang om soos ‘n gek te lyk, bang dat sy verklaring onbeantwoord sal gaan.  Die tweede gedagte wat ek aan dink kan ek dalk klassifiseer as “lojaliteit”. Dalk was dit teen sy beginsels om immoreel op te tree.  Hoe kan jy immers vir een persoon jou liefde verklaar en ook iemand anders liefhê? Die derde gedagte wat by my opkom – “wantroue”.

Hoe ek ookal probeer, ek kan nie op die oomblik aan enige goeie redes dink vir iemand om so iets te wil sê nie.  Miskien wat my selfs meer pla is dat iemand sterf terwyl hulle eintlik nog soveel meer sou wou gedoen het, terwyl hulle spyt is oor ‘n aksie/wyse waarop hulle al hulle hele lewe optree.  En hoe gereeld word daardie aksie nie verkeerd verstaan nie?

Ek glo nie dis die moeite werd om jou lewe volgens ander mense se beginsels te leef nie, dis immers jou eie lewe.  Laat ander mense verantwoording doen vir hulle eie doen en late, moenie toelaat dat daar vir jou voorgeskryf word hoe die wêreld van jou verwag om op te tree nie.  Indien jy nie jou eie besluit kan opmaak oor iets nie, weet dat daar ander mense is wat dit baie vinnig vir jou sal doen.  Wees getrou aan jouself en toegewyd aan jou geliefdes. Moenie jammer wees omdat jy uitmis op iets nie, doen wat dit is waarvoor jy alreeds solank wag.

Hoekom sal jy wil wag tot op jou sterfbed? Hoekom sal jy dan enige “regrets” wil hê?

Of kan die feit dat jy jou lewe op jou eie terme en wyse lei tot gevolg hê dat jy presies die teenoorgestelde verwyte het? Dat jy sê: “Looking back, I have this to regret, that too often when I was asked to listen or to stay, I did not.”

→ 1 CommentCategories: Sommer praat...

Ode.

June 8, 2009 · 8 Comments

Daar behoort vir meer dinge as net alkoholisme ‘n 12 stap program te wees.

Ek bedoel dink daaraan – ‘n maklike programmetjie/dingetjie om te volg en voila… so bietjie moeite later, so bietjie toewyding en alles is weer sharp!  Wel, in jou oë ten minste … want let’s face it, die pyn wat iemand anders ervaar word nie beter gemaak deur jou persoonlike gesond word proses nie.

En dis juis die probleem, want jou pyn het sy oorsprong in die mense vir wie jy werklik omgee.  Hoe maklik is jou eie gesondword wanneer jy die pyn in iemand anders raaksien? Die twee goeters gel mos nie?  Watter deel van die proses mis ekke?

Ons geskiedenis volg ons, dis onlosmaakbaar deel van jou hede, en wanneer jy permanent vir daardie eerlikheid gestraf word, dan is iets verkeerd en dis nie by jou nie. Vir my was die verlede nog altyd water onder deur die brug.  Goed om van te weet, maar presies dit – die verlede.  En nie alle 12 stap programme gaan jou op daai plek bring waar jy ooit sal verstaan nie, soms moet jy net glo en jou eie weird gedagtes eerder in jou eie kop hou want die potensiaal wat dit het om mense seer te maak wat ander weird gedagtes as jy het behoort vir jou duidelik te wees.

So hier is op sorry, want selfs wanneer ons dit regkry is dit soms nie genoeg nie.

→ 8 CommentsCategories: Sommer praat...