Da Mario se gepraat…

Looking for Mr Submissive…

Oktober 29, 2009 · 3 Kommentaar

While channel hopping the other day, I stumbled across some or other channel where someone was asking a women to describe what her potential boyfriend should be like.

She began by saying how he should appreciate life, love and everything that goes with it.  That she is a dreamer and that he must share it (the dreams) with her “and encourage me to make my, and later on ours, come true.” At this stage I just thought, “…okay… what about his dreams then…”, but that line of thought soon stopped when I heard:

I need someone that can handle my pace of life. Someone that can appreciate the fact that I do have a full life, and that that person will only make it fuller. If a guy is going to be intimidated by my strong personality, then he will have to deal with it or move on, because I’m not a submissive girl. I’ve come much too far to let my individuality go for the man in my life.

I could only shake my head thinking, “She’s not going to be happy when a guy says that to her…”

→ 3 KommentaarKategorië Sommer praat...

~ Beautiful Disaster ~

Oktober 27, 2009 · 1 Kommentaar

→ 1 KommentaarKategorië music

Wish it would Rain.

September 18, 2009 · 4 Kommentaar

→ 4 KommentaarKategorië Sommer praat...

~ Tjoklitbeksoentjies ~

September 16, 2009 · 2 Kommentaar

Ek is ek en ek’s jou gek
Jy is jy want jy is vry
Agter jou aan, daar kom ek aan

Ek is hier te kort en daar te lank
Vir jou is alles net vir nou
Jy weet vir my, is dit lewenslank

Sonder jou tjoklitbeksoentjies
So sag soos katoentjies
Is my hart in stukke gekneus
Jou tjoklitbeksoentjies
So rond soos pampoentjies
So nat soos ‘n worshond se neus

Ek is ek en dies my plek
My tafel is vir twee gedek
Met tjoklits vir my, as ek ophou huil

Ek is hier gekwes en daar gewond
Ek gee bes, soos tjoklits lê,
stukkies van jou, in my lewe rond

Sonder jou tjoklitbeksoentjies
Is ek onvoldoentjies
‘n halwe boks tjoklits is leeg
Jou tjoklitbeksoentjies
Gereeld soos seisoentjies
Is my lewe bittersuurdeeg

Ek’s jou held maar ek sal smelt
sonder jou, om my gevou,
soos liefde gesink, in papiertjies wat blink

(Steve Hofmeyr – Tjoklitbeksoentjies)

→ 2 KommentaarKategorië Sommer praat...

Die groter prentjie?

September 14, 2009 · 4 Kommentaar

wild-world1

Dis so mooi prentjie, ek wonder soms of daar ‘n dieperliggende rede is dat ek so baie daarvan hou.  Ek dink ook dis maklik om soms nogal verlore te voel wanneer jy opkyk na die uitspansel, so groot en wyd.  Somehow bring dit soms vir my tipe van perspektief oor die lewe, ander kere hoop ek net dis nie ‘n verskoning om te procrastinate nie!

Wat ons doen maak op klein skaal tog saak, maar dis ook goed om die groter prentjie, die uiteindelike doel, in gedagte te hou. Beauty is in die klein dingetjies te vinde, die nodige goedjies wat die groter prentjie gaan inkleur… jy moes gewag het, jy het nodig gehad om meer te doen.

→ 4 KommentaarKategorië Sommer praat...

Kareoke…

September 4, 2009 · 5 Kommentaar

Hierdie is onlangs by O’Hagens in Ninapak opgeneem, sommer gou deur Karin met my selfoon, so die klankkwaliteit is nie so goed nie.  Johan Hubner het die kareoke gedoen en die liedjie opgeneem terwyl ek sing, so iewers is daar nog ‘n hoë kwaliteit mp3-file van hierdie spesifieke geleentheid, sal kyk of ek hom eendag kan post…  o ja, die liedjie is “Jou Asem”, van Theuns Jordaan.

Hehehe, dis baie pret, enjoy!

→ 5 KommentaarKategorië Sommer praat...

What’s up with this blogging-thing?!

September 2, 2009 · 3 Kommentaar

Een van die vrae wat amper altyd aan ‘n blogger gestel word deur mense wat nie self blog nie, is hoekom doen jy dit? So vandag vra ek die vraag aan myself: Hoekom blog mense?
Inherent is ‘n blog tog ‘n joernaal, iets wat jou persoonlikheid en belangstellings reflekteer en bedoel is om in die openbaar geplaas te word sodat lesers jou gedagtes kan deel. Dis ‘n dagboek wat veronderstel is om daagliks (of ten minste gereeld) opgedateer te word met gebeure, gedagtes, opinies, kommentaar op sosiale gebeure, skakels na interessante artikels en of gunsteling musiek, publikasie van fotos en gedagtewisselling tussen vriende.

In my opinie is daar dus ‘n verskeidenheid van redes hoekom iemand sal blog, afhangend van die soort blog wat jy bedryf.  Wanneer dit handel oor ‘n onderwerp, miskien vliegkuns of visvang, dan is die doel obvious.  Wanneer dit ‘n persoonlike blog is, wel… hoekom hoegenaamd blog?

‘n Paar gedagtes:
* Miskien word jy voorsien van ‘n noodsaaklike uitlaatklep, ‘n plek waar jy kan sê wat jy wil wanneer jy wil, sonder die vrees van persoonlike veroordeling.
* Miskien kan jy op jou blog (anoniem selfs) na hartelus kla oor sosiale onregverdighede, politieke onbekwaamheid of pesoonlike hartseer of verlange, sonder dat jy jou real world friends van hulle trollies af maak!
* Miskien is dit iemand se wyse om dinge te verwerk, oor hartseer te kom en aan te beweeg. Die feit dat dit twee jaar later nogsteeds op die www rondsweef beteken nie dat jy nie daaroor is nie, dit was dalk juis die wyse hoe jy wel oor iets gekom het!
* Miskien is dit ‘n nuttige plaasvervanger vir duur afsprake met sielkundiges, miskien moet jy eerder blog as om vir ure jou vriende uit die werk te hou deur met hulle te wil gesels oor jou selfsugtige needs?
* Miskien het jy nodig om jou gedagtes of gevoel te verstaan, hulle word immers beter verstaan en geformuleer wanneer jy hulle moet neerskryf of aan iemand moet verduidelik.
* Miskien wil jy doodeenvoudig ‘n internet celebrity word of spog met al jou beroemde vriende!
*Ja, daa is nog baie, vertel my gerus…

Vir sommige mense is blogging doodeenvoudig ‘n mors van tyd, soos tuinmaak en sport ‘n totale mors van tyd vir ander mense is. Wat ek egter wel agtergekom het is dat jy soms nie kan glo wat jy 6 maande of ‘n jaar gelede geskryf het nie. Jy kom agter hoeveel jy gegroei het, jy dink *wow*, het ek DIT geskryf?? Hoe deurmekaar/mal/simpel/slim/oulik moes ek nie gewees het nie?!

Om my argument met myself mee af te sluit: Daar is baie redes hoekom mense blog, maak dit werklik saak hoekom? In my opinie, nee dit doen nie. As dit nie jou blog is nie, moenie worry oor ander mense se motivering nie, jy gaan dit in elk geval nie verstaan nie. Het jy ooit nodig om blogging te verdedig? Nope… hoekom sal jy wil!? Sodat iemand jou kan vertel wat dit is wat jy EERDER met jou tyd moet doen? Sodat hulle jou kan vetel HOE jy eintlik dinge moet doen?
Hehehe, nee ek glo nie… aan die einde van die dag kan jy mos maar net jouself beter probeer verstaan… en as blogging daartoe bydra, wel … hoekom nie!?

→ 3 KommentaarKategorië Sommer praat...

Spot the difference…

Augustus 27, 2009 · 1 Kommentaar

House

“Love is that condition in which the happiness of the other person is essential to your own.”

“Letting go of the one you love in the knowledge that they will be happier with someone else, is what love sometimes is about.”

Ek kyk gisteraand op ‘n stadium na ‘n episode van House en die laaste ruk het hy en sy eks-vrou weens omstandighede weer meer begin involved raak met mekaar. (In kort het die ou saam met wie sy was iets ernstigs makeer en House het hom gehelp.) Either way, dinge het na ‘n punt beweeg, hulle het obviously gevoelens vir mekaar gehad en sy het weens die emosionele implikasies moeilik kon besluit wat sy moet doen. House het egter een oggend ‘n ultimatum aan haar gestel – jy is of by my of by hom, jy kan nie altwee kry nie.   Teen die aand het hy haar weer gesien, sy het hom meegedeel dat sy haar man die aand sal inlig dat sy hom gaan verlaat.

Wel, wat moes uitdraai in blydskap het nie. House het haar ingelig dat sy dit nie moet doen nie.  Sy kon nie verstaan hoekom nie, hy was dan nou al maande agter haar aan en noudat sy ‘n besluit maak, is dit nie genoeg nie? Hy sê toe vir haar dat haar man bereid is wat om te verander, dat hy enige iets vir haar sal doen en dat hy wat House is, duidelik dit nie kan doen nie.  Hulle sal waarskynlik net vir ‘n rukkie gelukkig wees voordat sy weereens unhappy gaan raak omdat sy meer nodig het en hy dit nie kan gee nie.

In elk geval, wat is die doel van die vertelling? Wel, ek glo dat beide die aanhalings aan die begin van hierdie post eintlik maar presies dieselfde sê en ek probeer dit verduidelik aan die hand van ‘n TV-program waarin ‘n soortgelyke situasie voorkom. Beide aanhalings kan daarop betrekking hê.

Uit ‘n persoonlike oogpunt vind ek dit hartseer dat twee mense soms presies dieselfde ding vir mekaar kan sê op twee verskillende wyses en dat die eintlike boodskap nogsteeds verlore gaan. Insig en die vermoë om te luister en te verstaan is iets waaraan jy werk indien jy dit nie het nie, die gewilligheid om dit dan te gebruik kan jou net goed te pas kom – en wanneer jy nie kan nie… wel, ‘n verskoning vir jou optrede en gebrekkige toewyding werk net so goed, as jy ooit jouself sover sou kon kry.  Ek gaan nie wag nie en ook nie hare kloof oor detail nie, dit gaan nie gebeur nie en ek verwag nie dat jy dit eers sal besef nie. Sommige mense verskil doodeenvoudig te veel op die lange duur, basies soos Dr. House se optrede in die program so mooi illustreer.

→ 1 KommentaarKategorië Sommer praat...

Die Facebook fenomeen.

Augustus 25, 2009 · 15 Kommentaar

Iemand wonder nou ander dag saam met my wat die storie is met Facebook, want dis asof die idee daarvan heeltemal handuit geruk het.

* Hoekom het jy ‘n account daar?

* Hoekom het jy 300 vriende as miskien 3 van hulle ooit op jou status update comment?

* Hoeveel van daai vriende bel jou sê een keer per week/maand net om te hoor hoe dit gaan?

* Buiten op Facebook, het jy actually gereeld real life kontak met hulle?

* Dink jy dat enige een van hulle actually dink dat wat jy skryf hoegenaamd saak maak?

Nou ja toe, aangesien ek nou al so rukkie lank besig is om die gebreekte dinge in en om my lewe te fix, dink ek is Facebook sommer spoedig ook op die lysie.  En hoekom nie?!

Daar is letterlik miljoene mense wat Facebook elke liewe dag vir hulle eie redes besonder nuttig vind.  Ek is seker as van jou familie oorsee woon, of jy’t vriende in verre lande en stede, dan is Facebook en Blogs ‘n maklike en goedkoop wyse om in aanraking te bly. Ek is seker Facebook is dalk selfs ‘n semi-aanvaarbare bemarkingsmiddel. Ek persoonlik dink al hoe meer dis ‘n massiewe vermorsing van my geluk, my gesin se tyd, my energie en so bietjie geld. In kort, die belegging raak vir my bietjie erg vir die opbrengs, maar ek reken dit kom alles neer op persoonlike smaak en keuse en die hoeveelheid tyd wat jy daagliks daaraan afstaan.

Enige ander goeie doel wat iemand wil deel? Enige verslaafdes?

→ 15 KommentaarKategorië Sommer praat...

Caught in a web

Augustus 24, 2009 · 3 Kommentaar

Hello. Recognise me? No? Well, you see me all the time. You read my books, watch me on the big screen, feast on my art, cheer at my games, use my inventions, vote me into office, follow me into battle, take notes at my lectures, laugh at my jokes, marvel at my successes, admire my appearance, listen to my stories, discuss my politics, enjoy my music, excuse my faults, envy me my blessings. No? Still doesn’t ring a bell? Well, you have seen me. Of that I am positive. In fact, if there is one thing I am absolutely sure of, it is that. You have seen me.

Keep reading →

→ 3 KommentaarKategorië Sommer praat...