Okei, hier is nou ‘n onderwerp waaroor daar huidiglik in die huishouding so effense debat oor heers. Nie ‘n groot debat nie, hoofsaaklik tussen aan die eenkant my vrou & so paar vriende en aan die anderkant net ek & myself…
O ja, Mr Hofmeyr se hele fanclub behoort ook van my te verskil!
Hier is die agtergrond….

Op die foto is v.l.n.r Christa (my vrou), Steve Hofmeyr, en vriend Frank Botha.
Nou Frank het gisteraand bietjie kom kuier en Christa, groot Steve-fan wat sy is vertel hom toe van my redenasie. Hy stem ook saam met haar….
Nou hier is die issue, en dis werklik baie eenvoudig, lees net klaar voor jy besluit ek is verkeerd.
Ek reken dat die Blou Bulle gewilder is as Steve, want hulle verkoop Loftus uit… en ek dink nie Steve sal 50 000 kaartjies vir een show verkoop kry nie. Nou voor almal my kruisig, ek laaik die meeste van Steve se songs, ek weet hy is stunningly suksesvol, hy is ‘n innemende en vriendelike persoon om mee te gesels en ek is ook ‘n fan (regtig…), maar ek dink ek is ‘n groter Blou Bul fan. En natuurlik kan jy selfs dink die verhouding tussen Steve en die Bulle is simbioties, ek bedoel hy sing die Blou Bul lied, hy ondersteun hulle en ek is seker hulle waardeer sy beskeie (?) bydrae tot die span. Kyk, hierdie is nie een of ander kompetisie nie, dis nie ‘n geval van die een is goed en die ander een sleg nie, ek sal beide ondersteun! Die punt is net ek het die Bulle al Loftus sien volmaak - nog nie vir Steve nie.
Ek besef hy het die Superbowl 5 dae op ‘n ry volgemaak (of so iets), ek weet hy het al 12 000 plus kaartjies verkoop vir Steve+8, ek weet hoe suksesvol sy shows is, ek weet hoe gewild sy musiek is. Maar Loftus volmaak selfs al is hy so gewild daar? Nie sommer nie. Okei, 50 000 kaartjies is seker nie werklik moontlik nie, want iewers moet ‘n verhoog wees en iewers gaan jy nie mense agter die kunstenaar laat sit nie, Noord of Suid paviljoen maak nie saak nie. En ja, Loftus ego, maar as Queen kon optree in Wembley Stadion, dan kan Steve dit seker doen op Loftus as hy wil? En die BBRU vra nie miljoene om die stadion te verhuur nie, die klank kan werk, en iemand los die logistieke probleme op….
Wel, daai is my opinie, verskil as jy lus is! En hey, as jy ook ‘n Steve bewonderaar is, moet hom nou nie mail, bel, sms of skryf ek praat twak oor hom of maak hom sleg nie, want ek doen nie. Hy’s great - die Bulle gaan egter vinnig Loftus uitverkoop as Mr Hofmeyr, met alle respek!
Laat weet my wat jy dink. Ek stel belang.
Groete
Da Mario
6 responses so far ↓
Christa.Marais // October 26, 2006 at 1:22 pm
Hey D,
OOoooh, jy’t jou kop in ‘n bynes gesteek. Jy gaan gestening word links, regs en centre. Moenie sê ek het jou nie gewaarsku nie!
Kom ons kyk hoe tree ek as wenner uit hierdie stryd!
Love you
Ekke
xxx
Celéste Schoeman // October 31, 2006 at 7:48 am
Haai daar,
Nou kom ek help julle twee en tree as arbiter op (siende dat ek geen opinie oor either die Bulle of Steve het nie en heel onpartydig kan optree).
Die Bulle is net nog ‘n paar manne in rugby truie wat agter een bal aan hardloop en kyk wie die ding eerste in die hande kan kry. Duisende ge-hipnotiseerde “fans” betaal ‘n paar honderd rand van hulle swaar verdiende geld om dit te gaan kyk. “WAKE UP AND SMELL THE ROSES !!!!!!!!!!!!” Daar is geen sinvolle rede waarom hierdie tipe van vermaak ENIGSINS eers die local Laerskool paviljoen (met ‘n kapasiteit van 24 mense) moet volmaak nie. Wat nog te sê van 50 000 !!! Bygesê: My wederhelf is ook iewers tussen geboorte en ouderdom 36 ge-hipnotiseer om ‘n groot aanhanger van ‘n spul mans met kouse tot onder hulle knieë te word. (Is daar iewers iets fout met hierdie prentjie?!)
Wat my bring by vriend Steve. Ai tog, wat kan ek sê? Die man sing in ‘n heserige stem en lok duisende na sy konserte. Why, I don’t know, frankly I couldn’t care en dis miskien waarom ek ook vanaand na sy heruitgesaaide konsert by Tuine Hoërskool gaan kyk (hoop sy stem hou hierdie keer - dis @!@@@$ ver van Hartbeespoort af) en ek ry nie weer agter hom aan nie. Ek hoop hy waardeer dit!! In alle eerlikheid moet ek sê dat as dit nie vir my 3 jarige dogtertjie was wat MAL is oor hom nie, sou ek ook nie geld uitgehaal het om die man te gaan sien nie, maar nou ja - ek glo nie hulle laat 3-jariges alleen rondloop na 18:00 nie.
Wat my dan bring by die konklusie van hierdie argument.
Ek glo nie die Bulle maak Loftus vol nie (daar is twee spanne se ondersteuners wat kom kyk!!!) en ek glo ook nie Steve sal Loftus vol maak nie - wel nie sommer nie. Maar ek sal eerder vir Steve op Loftus gaan kyk as vir die Bulle. Bygesê, ek was nog altyd meer musikaal as sportief……. dalk is ek nie SO onpartydig as wat ek wil voorgee nie.
Either way, nie die Bulle óf Steve kom enigsins NABY ‘n “full blown” simfonie orkes in die Staatsteater nie - GOOSE BUMPS, PAPPA, GOOSE BUMPS !!!!!!!
Michelle // January 23, 2007 at 8:03 pm
Steve ek wil jou net hartelik dank dat jy in Durban was toe daardie 3 skurke hof toe gegaan het. Dit is lekker om te weet ‘n “celeb” gee ook om oor die normale mense. Jy word deur my en my hele gesin waardeer en in ons harte gehou!
Martie // July 18, 2007 at 11:50 am
Na jou uitlating het jy seker ‘n week lank sonder kos gebly…of dit self gemaak!
Ek dink jy sit die pot mis!
Ons gesin is groot Blou Bul ondersteuners, maar as jy na ‘n konsert van Steve gaan, weet jy ten minste dat jy keer op keer waarde vir jou geld kry - dis ongelukkig meer as wat ek van die Blou Bulle kan sê (my man maak my dood as hy dit hoor!)
Wat van ‘n uitdaging? Reël vir ons ‘n Steve konsert op Loftus en ek sal een van die eerstes wees om kaartjies te koop!
Martie
Jamaine // September 1, 2007 at 2:20 am
Hey oom D
Ek wil net se ek stem saam met oom die bulle is die beste, ek se glad nie vir Steve sleg nie maar ek is n groter blou bul fan as vir die musiek. Wat sal n Saterdag wees sonder n vleisie op die kole, n lekker bier in die hand en ons gunsteling spelers in hulle blou truie wat trots uit draf op die veld? Daar is in elk geval meer aksie op die veld as wat daar ooit sal wees op n stage. BLOU BULLE JULLE ROCK !!!!
Dankie oom D en sterkte met die debat ek vote vir oom.
Chanel // May 24, 2008 at 6:13 pm
BLOU BULLE JULLE ROCK!!!
JY OOK BAKKIES!!!!!!!!
En Steve jy moet vir ons hier in die PAarl kom kuier!!!Of uintlik oom Steve……..Hahaha
Leave a Comment