Raait… vanoggend is my kop vol gedagtes, so vandag orden ek dinge bietjie beter. Of miskien orden ek dit net beter omdat ek ‘n control-freak is? Anywayz, as iets jou nie aanstaan nie, skryf vir my ‘n comment of skip net tot by die volgende opskrif okay? Maklik… want ek is eintlik nice!
Bok van Blerk.
Luister vanoggend oppad werk toe weer vir ‘n verandering Tuks FM, die “Bang-bang Breakfast show” (Dis Engels, so dis “bang” soos in ek skiet jou en nie bang (Afr.) soos wat jy vir spoke is nie.) Net eers so bietjie agtergrond…. Ek het as ‘n saak van beginsel opgehou luister na Tuks FM kort nadat hulle van Riaan van Heerden ontslae geraak het. Hy het my oggende gemaak. Hy was BAIE beter op Tuks FM (Jou Ma!) as wat hy deesdae op sy TV-show op Kyknet is.
So die spul is besig om hoofsaaklik te praat oor Bok van Blerk se liedjie ‘De la Ray’. En die menings is uiteenlopend, vanaf “Dis in dieselle klas as ‘Ryperd’, ek sit die radio af as ek dit hoor” tot by “Dis fantasties, julle moet dit net speel!”. Nou persoonlik het ek nog nie die liedjie gehoor nie, so ek gaan jou nie my opinie vertel nie, maar waarom sal mense sulke songs wil kaap vir politieke punte? Dis net ‘n song man, either jy laaik dit of nie. Punt. Ek het toe ook maar bietjie gaan soek na die man agter die liedjie en vir die van julle wat soos ek nie geweet het hoe hy lyk nie, hier is ‘n foto….
![]()
Stamsel navorsing.
Nou ja, terwyl ek nou op die onderwerp van radio is….
Op Tuks FM het hulle ook gepraat oor stamsel navorsing. En bye the way, ek lees toevallig ook vanoggend op Johan Swarts se blog (hier is die link vir die wat te lui is om dit te soek: http://gormendizer.wordpress.com/) oor stamsel navorsing. Interessante onderwerp die stamsel navorsing ding. Anywayz, wat hulle vertel is dat navorsers dit reggekry het om muise wat weens ‘n genetiese defek blind vanaf geboorte is, laat sien het! Ek dink dis amazing!! Die ouens het gegaan en van die selle in die retina vervang en dit het gegroei en sodoende kon die muise effense sig bekom. Stunning. Imagine the possibilities! Wat my genoop het om onmiddellik met Christa, my vrou, te chat oor genetiese manipulasie. Ek is 100% daarvoor en sy is 100% daarteen.
Tipies.
Hou julle ogies op my meningspeiling link, een van hierdie dae gaan ek daardie vragie daar insit. Ter voorbereiding solank, wat de hel is fout daarmee? Waarom ons kinders kry uit die lukrake samestelling van twee mense se DNA as die moontlikheid bestaan om doodeenvoudig die beste kombinasie te maak van beide ouers se beskikbare DNA? Hoe kan jy ‘n geloofskwessie opper? Daar is niks immoreel daaraan om die beste vir jou kinders te wil gee nie! So waarom gee jy hulle nie die beste present wat jy ooit sal kan gee nie? “Wat is dit?” hoor ek jou vra. Jou beste gene is die antwoord. En net sodat almal ‘n picture by die woorde kan sit, danksy Google, hier is ‘n prentjie van jou DNA….
Mooi gesiggie vir die dag:
Sy is een van my ‘all-time’ absulute gunstelinge. Stunning.
Studietyd.
Laastens, ek lees graag. En een van die dinge wat ek die laaste ruk agter kom is hoe baie dinge verander. Miskien kan iemand wat huidiglik ‘n student is hierop lig werp. Die ding waaroor ek veral wonder is van wanneer af is “Feminisme” ‘n vak waaroor jy eksamen skryf? Wat de hel wat hoegenaamd sin maak kan hulle jou leer? Is dit hoegenaamd iets wat jy iemand WIL leer? En is daar ‘n vak genaamd “Chauvenisme”? Want indien dit die geval is behoort ek, met alle respek, die prof te wees wat dit aanbied! Volgens my vrou in elk geval…. hehehe…..
Dinge het so baie verander. Vandag se 19-jariges leer vreemde vakke op Universiteit, op 19 was ek in die Weermag besig om te leer hoe om mense dood te skiet met ‘n R4 of op te blaas met myne en mortiere ter verdediging van my land….
Groete
Da Mario