Ek het hierdie blog begin omdat ek nuuskierig was. Oor so paar dinge. En intussen het ek ook ander mense se blogs begin lees, en af en toe kom jy op juweeltjies af. Soos hierdie post. Hierdie is net gecopy en gepaste. Dis brilliant. Dis nie my eie werk nie, die erkenning is aan die einde van die stuk.
Korporatiewe Porn
O, ek voel ’n traan aankom.
Ja, jy ken ook daardie advertensies.
Dis die een van die kinders wat so oulik en argaïes-avontuurlik is. Dis die een van die hoe gemiddeld almal is, behalwe jý. Dis die een van hoe ongelooflik slim ons Suid-Afrikaners is. Dis die een van Vincent van Gogh se lewe. Die een waar die adverteerder met trane in sy smekende oë vir jou wil laat weet: ek verstaan jou, in Godsnaam, ek verstaan jou!
Al hierdie advertensies adverteer iets in die lyn van versekering of banke.
Op die sentimenteelste manier denkbaar.
So sentimenteel, dat die grens aan pornografie. Die advertensies is so gepak met cliché en swart-en-wit storie dat mens wil verstik aan jou eie emosionele opwelling.
Dis ’n ondenkbare wonderwerk dat soveel kitch in een minuut of minder gelewer kan word.
Die swart en wit werkers wat slim genoeg is om ’n langs-ie-pad exhaust besigheid te begin, net sodat die kunswerk van ’n korporatiewe logo gesweis kan word. Hoe pragtig! Kom luister hier ma, ek gaan dadelik ons geldjies belê!
Die mooi, mooi musiek wat jou hart laat smelt wanneer die punchline (’n bietjie te flou, ’n bietjie te laat) opkom: jy’s uniek. My magtig! Pappa, dink jy nie dis tyd dat ons jou lewe verseker nie?
Of die mooi, kleurvolle lewe van Vincent se lewe. Wow. Dis tyd dat ons… um. Weet nie mooi wat jy adverteer nie Vincent. Hoe is jy verbind aan enigiets? (En vir iemand wat net een skillery verkoop het in jou lewe, laat hulle jou maar lyk na ’n sell-out, hoor.)
Hoe bind enige van hierdie emosionele porn met enigiets?
Want al wat dit is, is pornografie.
Die advertensies is geskep om jou bitter vinnig op die tranerige oomblik te bring. Jou hart swel. Jou vuiste klem. Jy voel… nou… so… spesiaal!
Emosionele Klimaks!!
En dan is die advertensie verby. Jy sien die korporatiewe logo voor jou tranergie oë swem. Jy voel gebruik. Sies. Jy voel vuil.
Hoe kon jy so intense emosionele oomblik deel met AllanGray, Sanlam, Investic én Old Mutual op een aand? Beteken dit jy is ’n emosionele hoer?
Jy dog dit was spesiaal… dit was die eerste keer… jy was nie voorbereid nie. So… onskuldig. Snik.
Ek kan net verbeel hoe die advertensie agentskap moet lyk ná so ’n abominasie van ’n advertensie geskep is.
Rugkloppe en gelukwensings. Ja. Fokkit. Hierdie keer gaan ons hulle regtig vang! Ja. Fokkit. Wie sou dink dat herversekeraars só ’n emosionele saak kon wees?
En wat van beleggings? O fokkit ja. Daar sal nie ’n droë oog in die huis wees teen die tyd wat die maatskappy se logo op die skerm verskyn nie. Moehahahaha!
(Die reuk van swael hang swaar in advertensie agenstkappe, vir die wat nog nooit in een was nie).
Wat in die hel se naam. En [godslastering deleted], vir fokken versekering.
Dis tyd dat ons met tuinvurke, fakkels en ’n paar taxibestuurders mars na advertensie agentskappe en hul korporatiewe kliënte. Ons is nie stoepit nie. Ons sien deur julle fokken flou pogings tot emosionele manipulasie.
http://bewussynstroom.blogspot.com
25 responses so far ↓
otcy // Maart 21, 2007 at 2:05 vm
qoyb // Maart 21, 2007 at 9:13 nm
sbve // Maart 23, 2007 at 4:39 vm
dswv // Maart 23, 2007 at 4:48 vm
ooav // Maart 23, 2007 at 12:46 nm
ppdz // Maart 23, 2007 at 12:53 nm
gjom // Maart 24, 2007 at 5:26 vm
cyzv // Maart 24, 2007 at 5:57 vm
klwi // Maart 24, 2007 at 12:34 nm
tfkc // Maart 24, 2007 at 12:51 nm
Da Mario // Maart 24, 2007 at 1:26 nm
Niksseggende comments??
zpdp // Maart 24, 2007 at 8:44 nm
uxmp // Maart 24, 2007 at 8:47 nm
xzbq // Maart 27, 2007 at 12:34 vm
gcmj // Maart 27, 2007 at 12:52 vm
fcfy // Maart 27, 2007 at 9:38 vm
ydfi // Maart 27, 2007 at 6:23 nm
whoy // Maart 30, 2007 at 1:45 vm
zjys // Maart 30, 2007 at 10:21 vm
rmkc // Maart 30, 2007 at 10:55 vm
kfie // Maart 31, 2007 at 5:03 vm
ttlj // Maart 31, 2007 at 5:45 vm
dgsdg // December 7, 2007 at 8:18 nm
test test test
Da Mario // December 10, 2007 at 7:48 vm
Weird comments on this post!
Au Pair // Maart 25, 2008 at 6:35 vm
does anyone knows if there is any other information about this subject in other languages?