Da Mario se gepraat…

Stacy Ferguson, Calvenisme & ou Nasionale simbole.

November 29, 2006 · 2 Comments

Update for Stacy Ferguson fans….

Apart from this post, also please read this one…

 http://dmario.wordpress.com/2007/08/10/stacy-ferguson-with-cyanide-and-happiness/

Calvenisme? 

Daar is ‘n verskynsel waarvan ek die naam nie ken nie, miskien omdat dit nie werklik iets is wat die wetenskap kan bestudeer nie, maar wat bekend is aan almal.  Of as jy nie bekend is daarmee nie sal jy wees sodra jy ouer is.  Dis deel van groot word, en dis dalk die naam van die verskyning, dis deel van die lewe.

Waarvan ek praat is dit:  Soos seuns ouer word, girlfriends kry en later trou, begin hulle al minder vir hule eie ouers kuier en meer gereeld vir hul skoonouers, terwyl die teenoorgestelde weer waar is van dogters wat ouer raak.  Sekerlik het dit niks te make met onafhanklikheid of selfstandigheid nie, baie van hierdie vroue is goeie ouers vir hul eie kinders, maar nogsteeds is sy nader aan haar eie familie.  Terwyl mans klaarblyklik net nie werklik omgee nie.  Familie is vir ons soos foto’s, as jy wil weet wie dit is, dan gaan loer jy gou in die album.

So is dit altyd so, en is hierdie verskyning universeel of uniek aan Suid-Afrika, of dalk selfs die blanke Suid-Afrikaner?  Dit is duidelik dat kultuur hier werklik ‘n rol speel en mens moet nie probeer om dit te ontken nie, maar indien dit die geval is, wanneer ontstaan hierdie begeerte om weg te breek vanaf jou gesin in jong mans, gaan dit nog dieselfde wees oor 20 jaar in die toekoms of gaan dogters gaandeweg dieselfde patroon begin volg?

 Simbole.

Ek lees gister dat Daantjie Badenhorst reken die ou Suid-Afrikaanse vlag behoort oral, in alle lande, verbied te word.  En dat Die Stem nie gesing mag word nie.  Wel, ek het my eie opinie hieroor.  Wat is joune?  Ek wou graag by hom weet hoe hy van plan is om dit te regverdig om goedere soos vlae te konfiskeer indien dit geen bedreiging vir ander toeskouers inhou nie.  En hoe hy dit wil toepas.  Ek voel baie sterk oor die reg op vrye assosiasie en spraak, of ek ooit so iets sou doen is nie ter sake nie, ek voel net dat indien ek ooit my opinie oor enige iets sou wou lug, ek dit moet kan doen.  Verder, Die Stem is nie meer die Nasionale lied nie.  Dis nou net ‘n gewone ou liedjie.  Wat de hel kan fout wees daarmee om dit te sing?  Anywayz, ek het ‘n comment vir Daantjie Dinamiet op sy site gelos met hierdie strekking, sal later kyk of die ou daarop reageer het. 

Mooi gesiggie van die dag:

Sien daar was ‘n gesprekkie oor hierdie meisie op Ostendo, kry hierdie foto’s spesiaal vir julle vandaar.  Is sy mooi genoeg om hier te wees??  Haar naam is Stacy Ferguson, en klaarblyklik is sy nogal hot.  Ja wel, nie juis my tipe nie maar nou ja…

 stacyferguson.gif stacyferguson1.gif

Groete

Da Mario

Categories: Sommer praat...

2 responses so far ↓

  • Celéste Schoeman // November 29, 2006 at 12:07 pm

    Ek hoop regtig nie jou stelling oor familie sluit in jou pa, ma en sussie nie. Hopelik geld dit vir ooms, tannies, niggies en neefs.

  • dmario // November 29, 2006 at 1:28 pm

    Nee obviously nie, my Ma, Pa en sussie is baie belangrik vir my. Die idee agter die bespreking het egter gegaan oor baie meer as dit, naamlik kulturele verskille, die oorsake daarvan en hoe dit gaan ontwikkel oor die volgende dekade of wat.
    So moenie worry nie okay!

Leave a Comment