Toeka
Iewers in die omgewing van 1997 het ek eendag in die Beeld ‘n rubriek gelees wat ek hieronder sal herhaal. Ek het vanoggend gou so paar papiere sit en uitsorteer en afgekom op ‘n file waarin allerhande ou dokumente is, onder andere was hierdie deel daarvan. Dit is destyds geskryf deur Henno Cronje.
“In die verre Ooste groei ‘n Chinese bamboes met ‘n sonderlinge saad. As mens die saadjie plant, gereeld natgooi en versorg, is daar na ‘n jaar nog geen teken van ontkieming nie. Ook nie die tweede, derde en vierde jaar nie. Maar vyf jaar nadat die saadjie geplant is, steek die bamboesplant sy kop bo die grond uit - en groei binne vyf weke tot ‘n hoogte van 30 meter!
Vyf jaar klink na ‘n lang tyd vir ons haastige Westerlinge. Maar dis juis ons gejaagdheid wat van baie van ons sulke deurmekaar, verwarde mense maak wat ‘n ongeduld uitstraal wat ander mense om ons ook op loop sit. Die mens word soos ‘n hond wat in die middel van die straat in druk verkeer vasgevang is.
Solank as wat ons deur die lewe bly jaag soos mense wat op vlug is, sal geluk beslis buite ons bereik bly. Daarom: Hou op jaag en begin lewe! Want geluk is nie soos ‘n pragtige voeltjie wat jy moet volg en in die hande moet kry nie. Nee, geluk sit op jou skouer, as jy dit maar net wil raaksien en jou eie maak.
So jaag die mens maklik van sy kinderdae agter geluk aan en dink telkens: “As ek eers op skool is, of eers werk, of kinders het of ‘n sekere pos beklee.” En later: “As ek eers afgetree het….” En so vlieg die jare om, terwyl ons geluk iewers voor ons bly soek. Intussen kom die ouderdom met sy gebreke, tot ons skielik op ‘n dag besef: My lewe is verby, en ek jaag nog agter geluk aan….
In Ps.37 het Dawid sy vinger op die antwoord teen gejaagdheid geplaas toe hy skryf: “Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg” (verse 3-5).
Vertroue en geduld loop hand aan hand. Die saad wat ‘n ouer saai in die opvoeding van sy kind sluimer soms vir jare voor dit opskiet en vrug dra. En die liefde is geduldig lees ons in 1 Kor. 13. Daarom moet ons ophou om kitsresultate en kitsoplossings en kitsgeluk te soek. Kom ons hou op jaag en gee God kans om sy doel met ons lewens te bereik. Al neem dit soms vyf jaar en langer, soos die vreemde bamboessaad uit die Ooste, om te ontkiem.”
Storybook love.
Ek en Christa het ‘n tuin troue gehad net so voor sonsondergang. Sy het aangery gekom op ‘n perd terwyl hierdie liedjie gespeel het vir die gaste. Corny of romanties? Ek is nie heeltemal seker nie, maar wat ek baie goed onthou is dat net voor ons sou trou het ‘n ligte mot-reëntjie uitgesak vir ‘n rukkie, toe het dit weggetrek en die son wat op daai stadium al bietjie laer gesit het as wat die oorspronklike beplanning was, mooi geglinster het op die blare en gras. Ek weet dat sy absoluut stunning gelyk het en dat ek nie kon ophou smile nie. En dat hierdie liedjie gespeel het….
Come my love, I’ll tell you a tale
of a boy and girl and their love story
and how he loved her oh so much
and all the charms she did possess
now this did happen once upon a time
when things were not so complex
and how he worshipped the ground she walked
and when he looked in her eyes he became obsessed
My love is like a storybook story
but it’s as real as the feelings I feel
my love is like a storybook story
but it’s as real as the feelings I feel
it’s as real as the feelings I feel
His love was stronger than the power so dark
a prince could have within his keeping
the spells to weed and to steal her heart
within her breast were only sleeping
My love is like a storybook story
but it’s as real as the feelings I feel
my love is like a storybook story
but it’s as real as the feelings I feel
it’s as real as the feelings I feel
He said, don’t you know I love you, oh so much
and lay my heart at the foot of your dress
she said, don’t you know that storybook love
always have a happy ending
Then he picked her up just like in the books
and on his stallion they rode away
My love is like a storybook story
but it’s as real as the feelings I feel
my love is like a storybook story
but it’s as real as the feelings I feel
it’s as real as the feelings I feel
Hier is ‘n foto van babes op ons troudag. Het ek genoem ek dink sy het pragtig gelyk?
Wel, ek hoop julle het almal ‘n fantastiese naweek, kom veilig terug op Maandag!
Groete
Da Mario
6 responses so far ↓
Rounelle // January 26, 2007 at 8:55 am
Slaan jy daardie pause button van my nou in sy glory met ‘n tien pond hamer.
Woorde ontwyk my nou en terwyl ek hoendervleis kry in hierdie skroeiende hitte kan ek net stilweg my kop skud en blink-oog dankie bid boontoe.
Ek eien hierdie inskrywing op vir myself - dis ‘n antwoord op gebed. Regte tyd en regte plek. Hul sê mos: Advice is what we ask for when we already know the answer but wish we didn’t”
Dankie DM … baie.
BB // January 26, 2007 at 9:23 am
One man who certainly ain’t from Mars!! MWAH vir jou! Pas hom mooi op Sussa!! Bx
Da Mario // January 26, 2007 at 9:32 am
‘n MWAH vir my?
Thanks BB!
Rounelle // January 26, 2007 at 11:48 am
Jinne wat kan mens sê wat nie hierdie perfection gaan spoil nie? Ek gee nie om hoe soppy of corny of cliche dit klink nie …
Christa is genuine soos ‘n diamant. Kosbaar, vele fasette, onvervangbaar, en haar innerlike en uiterlike beauty kompeteer vir eerste plek terwyl sy vanaf elke denkbare angle in die lewe net lig uitstraal.
Ek het volle vertroue in jou oordeelsvermoë DM. Hier het jy jouself bewys. And come to think of it, haar man is nogal self glad nie te bad nie. Alles behalwe ‘n suurstofdief - on the contrary - actually someone who blows some life and oxygen into the lifeless ones amongst us, sometimes so subtle that it goes by nearly unnoticed to the untrained eye.
En die kombinasie van julle twee: I am not worthy.
Da Mario // March 22, 2007 at 11:26 pm
Ja…. hierdie was ‘n baie spesiale oomblik in my lewe! Mag ware geluk nie buite enige een se bereik wees nie…
Genuine happiness… « Da Mario se gepraat… // April 6, 2008 at 12:57 am
[...] Besef jy geluk is binne jou bereik, besef jy dit sit op jou skouer? Ek het jare gelede eendag ‘n beriggie in die koerant hieroor gelees en ek het dit uitgeknip omdat dit vir my ‘n eye-opener was, ek het dit gehou en ek het dit sedertdien seker al ‘n 1000 keer oor en oor en oor gelees. Ek het al selfs daaroor gepost. http://dmario.wordpress.com/2007/01/26/hou-op-jaag-storybook-love/ [...]
Leave a Comment