Da Mario se gepraat…

Change Management.

March 7, 2007 · 8 Comments

Hie hie hie!!! 

Ek is besig om moeg te raak om oor ernstige onderwerpe te skryf, maar dit is baie keer dinge wat my so naby aan my hart is dat ek myself net nie kan weerhou daarvan om wel daaroor te skryf nie.  Hopelik, is hierdie die laaste ernstige post vir so rukkie…. LOL!!  

In my werk is die woorde “change management” amper die buzz-word van die oomblik.  Oor die algemeen sukkel mense om verandering baie goed te verwerk.  En as dit met jou werk of die pos wat jy daar beklee te make het, raak mense baie vinnig baie moeilik.  Hulle skop daarteen, hulle probeer ten alle koste die status quo behou.  En jy kan verstaan, want die ou het ’n gesin om voor te sorg, hy het verantwoordelikhede, ‘n huis om te betaal, kinders in skole en vriende rondom hom.  Waarom sal jy vrywilliglik uit daai gemaksone wil beweeg?

Wat hy mis is dat korporatiewe verandering SAL plaasvind.  En hy kan agterbly en die gevolge dra, of hy kan verandering omhels.  

Ek dink dit is min of meer dieselfde in ons persoonlike lewens.  Daar is so baie mense wat unhappy is in hulle verhoudings, maar vir die verkeerde redes dinge probeer uitwerk.  Kan jy jou vrou dwing om lief te wees vir jou?  Sekerlik tog nie!  Kan jy jou man keer om altyd laat te werk en beswaarlik tyd saam met sy gesin spandeer.  Nee, seker nie.  Prioriteite is van groot belang in hierdie twee eenvoudige voorbeelde.  

Om in ‘n huwelik te wees en te wil skei, is nie altyd die regte antwoord nie.  En tog gebeur dit so maklik.  En daar is altyd soveel skade, nie die minste wat aan die betrokke kinders aangerig word nie.  Die probleem is dat met korporatiewe change management verandering sal plaassvind, met of sonder jou.  In ‘n huwelik is dit (hopelik) slegs twee partye, wat change management effens meer uitdagend maak. 

Dido - “White Flag”

I know you think that I shouldn’t still love you,
Or tell you that.
But if I didn’t say it, well I’d still have felt it
where’s the sense in that?

I promise I’m not trying to make your life harder
Or return to where we were

I will go down with this ship
And I won’t put my hands up and surrender
There will be no white flag above my door
I’m in love and always will be

I know I left too much mess and
destruction to come back again
And I caused nothing but trouble
I understand if you can’t talk to me again
And if you live by the rules of “it’s over”
then I’m sure that that makes sense

I will go down with this ship
And I won’t put my hands up and surrender
There will be no white flag above my door
I’m in love and always will be

And when we meet
Which I’m sure we will
All that was there
Will be there still
I’ll let it pass
And hold my tongue
And you will think
That I’ve moved on….

I will go down with this ship
And I won’t put my hands up and surrender
There will be no white flag above my door
I’m in love and always will be

I will go down with this ship
And I won’t put my hands up and surrender
There will be no white flag above my door
I’m in love and always will be

I will go down with this ship
And I won’t put my hands up and surrender
There will be no white flag above my door
I’m in love and always will be

Categories: Sommer praat...

8 responses so far ↓

  • Rounelle // March 7, 2007 at 8:06 am

    Hey. Mooi song hierdie. Surrender. Dis soms al uitkoms.

    Die lekker ding van corporate change management is dat die besluit basies vir jou geneem word (al hou jy nie noodwendig daarvan nie), maar in ‘n verhouding berus daardie verantwoordelikheid op jou skouers … and more often than not, although one knows what needs to be done, it is the answer you don’t want to hear or admit to.

    Hoe dwing mens iemand om lief te wees vir jou? Hmm. Belowe my as jy die gewaarborgde antwoord op daardie vraag kry laat jy my eerste weet asb? Ek het dekades om in te haal.

    ‘n Huwelik, verhouding of vriendskap, almal funksioneer op dieselfde basiese grondbeginsels. Wanneer weet mens jy het die point of no return bereik, wanneer jy pynlik aan jouself moet erken it’s time to quit, wanneer jy hande moet laat gaan en jou rug draai op dit wat was? Hoe weet jy ‘n laaste probeerslag gaan nie dalk hierdie keer werk nie?

    I will go down with this ship ..

  • BB // March 7, 2007 at 9:42 am

    “When two people decide to get a divorce, it isn’t a sign that they “don’t understand” one another, but a sign that they have, at last, begun to.”

  • Da Mario // March 7, 2007 at 10:25 am

    Eishh BB….. daai’s darem erg pessimisties jong! :)
    En ek stem saam Rounelle…. hoekom nie net weer daai laaste keer probeer nie?

  • Celéste // March 7, 2007 at 11:23 am

    Nou maar hoeveel keer wil die donkie dan nou sy kop teen die muur stamp?

  • Nina // March 7, 2007 at 12:16 pm

    dis darem erg om daardeur te gaan, ek het nie self daai experience nie, maar dit gebeur reg rondom mens, en dis erg veral vir die kinders wat betrokke is, hulle het nie eers i keuse in die saak nie. ek hou van hoe jy jouself beklemtoon deur jou song.. dit se baie van jou.

  • Da Mario // March 7, 2007 at 1:26 pm

    Hel Celeste… lanklaas van jou gehoor! ;)

  • Celéste // March 7, 2007 at 1:56 pm

    Ek is ‘n stille “bewonderaar”. ‘n Toe bek is ‘n heel bek en siende dat ons bloed related is, behou ek maar die vrede op dié manier, maar ek is maar altyd hier …. in die donker …. wagtend …. sluimerend ……denkend…..”ready to pounce” ….

  • Rounelle // March 7, 2007 at 2:31 pm

    Heit Celeste, vir ‘n oomblik daar amper gedink jy beskryf my lol! Nou waarom kom die liedjie “O die donkie is ‘n wonnerlike ding” nou by my op?

    Het al my eie kop nerf af gestamp dat hy so plat soos Tafelberg is (help dit vir heupe ok lol) maar ek leer ook nie. Will we ever I ask you?!

    Mens soek nie altyd na hierdie tipe moeilikheid nie. In my geval kom dit gewoonlik soos ‘n lapswaaier met die naam Murphy ooparms na my toe aangehardloop. Eish.

Leave a Comment