Ek het vir so lank hierna gesoek…..
EK HOU VAN BLOU A. D. Keet
O vra my nie my liefde,
Ek het dit weggegee
Aan ‘n kleine koringblommetjie
En aan die grote see.
Ek hou van bloue blomme,
‘k Aanbid die hemelblou,
En jou oë vermy dit kon ek nie -
Ek min hul meer dan jou.
Na 19 jaar is ek herenig…. dankie vir jou e-mail Elma!
Jy sal nie weet wat dit beteken nie! ![]()
5 responses so far ↓
Da Mario // March 16, 2007 at 11:39 pm
Enige iemand wat hierdie gediggie vir my wil ontleed? Mail my, skryf ‘n commnet… dis jou keuse.
Johan? Inputs….?
(Let op na die link na Johan se site….)
Rounelle // March 16, 2007 at 11:52 pm
Wowie. Die wag was die moeite werd. Ek staan terug, Johan die vloer is joune.
Johan Swarts // March 17, 2007 at 12:44 am
ehehe
op die koop toe lyk dit bloot na ‘n nonsensrympie oor iemand wat van blou hou. maar hou hierdie spasie dop :p
boerinballingskap // March 18, 2007 at 7:12 am
Baie mooi gedig!
René Boshoff // March 19, 2007 at 8:52 am
hehehe, klink vir my die girl het blou oë gehad en meneer Keet het obviously sy hart op daardie einste blou kykers verloor!
Leave a Comment