Da Mario se gepraat…

Die plek van ‘n engel is nie net #sssb nie…

March 22, 2007 · 7 Comments

Teen hierdie tyd behoort almal bekend te wees met my selfverklaarde obsessie met romantiese movies.   Spesifiek die tipe waar die twee hoofkarakters hulle “asses” afsukkel om by mekaar uit te kom.  Daai movies waar ek - met my macho image - sukkel om die trane weg te sluk, of sommer maar openlik sit en ‘n traan afvee….  Daai oomblikke wanneer die regiseur van die fliek die emosionele klimaks van die storielyn weergee…. en dit absoluut perfek en akkuraat in beeld en acting vasvang. 

So raai raai…. gisteraand laat, voor ek hierdie post geskryf het, (ja ja… ek blog alweer in die middel van die nag!) sit ek onder die lapa en kyk na die sterretjies.  En ewe skielik dink ek aan die fliek “City of Angels”.  Ek het dit baie lanklaas gesien, maar ek dink Meg Ryan en Nicholas Cage (as Seth?) speel in die hoofrolle.  Anyways, dit laat my toe dink aan die tema van engele…. en ek besef dat daar in my lewe ‘n paar engele teenwoordig is. 

Obviously gaan ek nie eers daaraan dink om hulle (vir jou?) by die naam te noem nie, imagine die gevolge!  Maar ek weet hulle weet wie hulle is.  Dis julle wat my laat smile as ek dit nodig het, dis daai oproep uit die bloute wat net die regte boodskap dra, dis daai laataand sms wat my hart die moed gee om vryheid te ervaar, om die lewe wat soms so onregverdig bleik te wees vierkantig in die ogies te kyk.  Weet asseblief een ding… jy is baie spesiaal.  En die boodskap wat jy dra, die woorde wat jy met my deel, die feit dat jy jy is… maak jou ‘n engel.  Jou opregte vriendskap, sonder enige bybedoelings, is vir my meer werd as wat ek met al die toorkrag wat ek moontlik met woorde kon besit, kan weergee in ‘n eenvoudige blog-post!

So hierdie song is vir jou! (aangesien jy ‘n Steve fan is…)  :)

Steve Hofmeyr - Engele om ons

Ek gee nie rêrig om hoe laat nie
Ek sal beter voel as jy net kom
Ek weet nie hoekom bly ons kwaad nie
En die ure wat ons mors daarom

Want die wêreld doen sy ding
Met of sonder ons daarin
Dis net ek en jy wat hier bly staan
In elke uur se vrees
Kon ek in jou arms wees
Maar ons verkies om ver te staan

Ek staan hier
En jy staan daar
En alles wat ons wil
Word deurmekaar
Waar’s die engele om ons?

En die son trek heeltyd water
En die ure wik en weeg
En ons liefde wat ‘n meer was
Lyk so baie anders leeg
En die son trek heeltyd water
En die uurglas loop hom leeg
Was my hart vir jou te lig gevind
Toe die engele dit kom weeg

Ek lees jou in my leë kamers
Daar’s vere op my ou matras
Ek wens ek kan dit als verander
Toe engele nog om ons was

Want die wêreld doen sy ding
Met of sonder ons daarin
Dis net ek en jy wat hier bly staan
In elke uur se vrees
Kon ek in jou arms wees
Maar ons verkies om ver te staan

Ek staan hier
En jy staan daar
En alles wat ons wil
Word deurmekaar
Waar’s die engele om ons?

En die son trek heeltyd water
En die ure wik en weeg
En ons liefde wat ‘n meer was
Lyk so baie anders leeg
En die son trek heeltyd water
En die uurglas loop hom leeg
Was my hart vir jou te lig gevind
Toe die engele dit kom weeg

Categories: Sommer praat...

7 responses so far ↓

  • Da Mario // March 23, 2007 at 12:04 am

    Dis nou na middernag… en ek dink tyd om te gaan slapies…

  • Daedalus // March 23, 2007 at 6:30 am

    Wanneer register jy op “mybloglog communities” Da Mario?

  • Da Mario // March 23, 2007 at 7:14 am

    Why D-guy?
    Die code vir hulle HTML plug-in of iets werk nie lekker op hierdie template van WordPress nie. As ek die code in ‘n widget sit dan skuif die hele regterkantste kolom af tot na die laaste post…. en dan lyk die hele blog te sleg, en dit net daarvoor is actually nie die moeilte werd nie.

    So…. sodra ek moeg is vir hierdie theme, sal ek kyk om dit dalk te doen… :D

  • René Boshoff // March 23, 2007 at 10:27 am

    Psalm 91:11,12 - Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan! Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen ‘n klip sal stamp nie!

    Geniet jou naweek en pas jouself mooi op! xx

  • Rounelle // March 23, 2007 at 1:16 pm

    Die song weerklink as ‘n anthem in die hartsgange van ‘n Fallen Angel. Die song is diep, die trane vlak. En elkeen van ons se uurglas loop leeg ..

  • mona // March 23, 2007 at 9:13 pm

    Weet jy hoe yl gesaai is jou spesie? Ek dink enige vrou aan jou sy moet permanent in die 7de hemel wees. Kan net nie anders nie.

    City of Angels is ongelooflik. Vulnerable.. tender.. Ek en my sussie ken al die script! Hehe

    A true romantic!

    Geniet jou naweek!
    Mona

  • Rounelle // March 23, 2007 at 10:52 pm

    .. en dan kom daar mense, durf ek sê engele, wat daardie uurglas onverwags omdraai en mens ‘n tweede kans gee. ‘n Onverdiende kans, waartydens hulle (dikwels onwetend) die vere van die grond af optel en nuwe vlerke aanmekaar sit. Wat my soms laat met die vraag: Die engel wat jy gesien het, was dit nie dalk jou eie refleksie in my oë nie?

Leave a Comment