Is dit net ek wat met hierdie vraag sukkel of wat?
Dit is vir my vreeslik belangrik om dinge op die regte manier te doen. Om soms selfs eerlik te wees tot op die punt waar dit vir jouself nadelig kan wees. Wanneer ‘n onskuldige wit leuntjie jou gat sou red. Of jou iets in die sak sou bring wat jy baie graag wil besit of ervaar…. Is daar iets soos ‘n onskuldige wit leuntjie? Is “ignorance bliss“? Is dit soms beter om net eenvoudig nie die waarheid te weet nie? Die reg vertel ons dat onkunde nie ‘n verskoning is nie. Waar is die punt waar opregte eerlikheid die lyn kruis van goeie mense verhoudinge? Is daar so punt? En verskil daai punt van situasie tot situasie? Is dit net nog een van daai gevalle in die lewe waar jy jou laat lei deur lewenservaring, deur blote commensense?
Vertel my gerus wat jou opinie is oor hierdie saak! Ek het my eie opinie…
En as jy wil, doen dit anoniem. Sit ‘n fake naam in die comment box saam met ‘n fake e-mail adres, WordPress ken nie die verskil nie! En ek gaan jou nie try trace op jou IP-adres nie…. glo my!
Hierdie liedjie, net omdat ek daarvan hou!
Lisa se klavier - Koos Kombuis
Ek het ‘n vriendin, ver by die blou see
teen die hang van Tafelberg, as die son sak
speel sy die mooiste melodieë….
haar vingers ken die pad, opgesluit in wit en swart
die klavier se grootste vreugde…
hartseer en verlange, verstaan die hart se diepste smart…
Ja die hele wêreld word stil
en luister in die donker uur
na die nag-geluide, van Lisa se klavier….
Ja die hele wêreld word stil
en luister in die donker uur
na die nag-geluide, van Lisa se klavier….
Lisa kan nie ophou as sy eers begin het nie
sy laat my nooit huis toe gaan, of afskeid neem
voor my laaste sigaret nie….
Ek staan op haar balkon, en drink haar Appelkoos-tee
ek kyk na Kaapstad in die nag…
na die liggies, en die swart swart see
Ja die hele wêreld word stil
en luister in die donker uur
na die nag-geluide, van Lisa se klavier….
Ja die hele wêreld word stil
en luister in die donker uur
na die nag-geluide, van Lisa se klavier….
Daar onder op die sypaadjie, sien ek ‘n Bergie en sy maat
gaan staan en opkyk…. ver na bo,
vanuit die vullis… van Oranje Straat
Hulle ken al lank die klanke, wat uit haar woonstel stroom
lank na twaalf, met die deure oop
al moan die bure ookal hoe
word Lisa elke boemelaar se droom!
Ja die hele wêreld word stil
en luister in die donker uur
na die nag-geluide, van Lisa se klavier….
Ja die hele wêreld word stil
en luister in die donker uur
na die nag-geluide, van Lisa se klavier….
8 responses so far ↓
Johan Swarts // March 28, 2007 at 12:18 am
alledaagse kousaliteit is so ingewikkeld en vol skoenlappers dat ek dit nie eers kan begin om ‘n regte antwoord op daai vraag te formuleer nie
Da Mario // March 28, 2007 at 7:23 am
Ek het besluit om te gaan met absolute eerlikheid ivm die situasie wat aanleiding gegee het tot hierdie post.
Ek voel happy daaroor, ek draai niemand ‘n rat voor die ogies nie, en ek dink ek kan dalk selfs kry wat ek soek….
René Boshoff // March 28, 2007 at 8:07 am
Dis ‘n baie mooi liedjie!!!
Ek kan nog ‘n paar vrae by joune voeg … maar ek sal my opinie hieroor eerder later kom plaas!
Hoop jy het ‘n stunning daggie! xx
George // March 28, 2007 at 8:49 am
Oor die vraag: “Waar is die punt waar opregte eerlikheid die lyn kruis van goeie mense verhoudinge?”
Ek dink dit hang tot ‘n mate af hoe ‘n mens kommunikeer en die gesindheid waarin jy dit sê. As jy byvoorbeeld ‘n groot issue daarvan maak, of dit so oorkom, is die kans dat die persoon met wie jy praat ook ‘n groot issue daarvan gaan maak. Partykeer is dit natuurlik ‘n groot issue, maak nie saak hoe jy dit oorvertel nie.
Maar dit hang steeds van die situasie af en of jy vir iemand iets van hom-/haarself vertel, jouself of iets heeltemal anders. Common sense en lewensondervinding is waarskynlik die beste wat ‘n mens het.
Rounelle // March 28, 2007 at 9:27 am
I prefer brutal honesty, even if it hurts.
If the issue is based on facts I have to face the music even if it’s against my will. The truth tends to hurt.
Depending on the issue at hand, honesty (in the long run) might just save that relationship, although it doesn’t feel like it at the time of confrontation.
No regrets, only lessons learned.
Jo-Ann Schou // March 28, 2007 at 8:55 pm
Skuldig aan wat die oog nie sien nie, kan die hart nie seermaak nie. Maar dit is nie lekker nie. Ek is mal oor die lied! Wie se weergawe is vir jou die beste? Ek het Koos, Laurika en Parletones gehoor. Ek hou van de Parletones se weergawe. Lekker aand. Hi vir CM. J
JayCee // March 29, 2007 at 12:37 am
Die waarheid het sy eie vorm van vryheid wat hy beloof. En met vryheid ‘n prys:
“Eers was hy soos glas so helder, soos iets wat nie uit saad en wasdom kom : maar van die Gode.
En toe die ontnugtering.
En nou my liewe PISO, die vasgekoekte drade word los en yl..en die heilige skaal van liefde, trots en waarheid …DIE sal die einste einste Gode hou en goed hanteer - nie myne om te oordeel - Nag PISO” - Uit Germanikus - N.P. van Wyk Louw
René Boshoff // March 29, 2007 at 9:05 am
Goeiste Jay … ek is beïndruk … jy ken jou poetry!! Wow! Dis ‘n mooi stukkie!!
Eerlikheid in alle gevalle is skaarser as hoendertande en dis prysloos. Daarom bly dit die beste belegging in die lewe.
Maar helaas - nie myne om te oordeel!
xx
Leave a Comment