Ek blog alweer rondom middernag! Ek vind dat dit ‘n stil tyd vir my is, ‘n tyd waartydens my gedagtes oorneem, want ek kan in elk geval nie slaap nie!
So hier is my vraag: Wat maak ‘n man, of vrou, ‘n legende? Dit wat ons doen terwyl ons nog lewe, en die manier waarop ons onthou word wanneer ons nie meer hier is nie? Is dit die definisie? Ek dink aan Herkules en Achilles, Julius Ceaser, Alexander die Grote en Joan of Arc, Martin Luther King, John F. Kennedy en Nelson Mandela, aan Wolraadt Woltemade, Racheltjie de Beer en Dirkie Uys. En aan al die naamlose mense wat miskien in ‘n oomblik van groot nood en lewensgevaarlike omstandighede hulle eie lewe onselfsugtig waag om iemand anders te red. Dit alleen maak nie van jou ‘n legende nie, doen dit?
Wat van die onbesonge helde? Die wat spesiale dinge doen in ander se lewens? Wat die regte ding doen op die regte tyd, die regte woorde het wanneer ‘n goeie vriend dit die nodigste het? Die wat ‘n kind se lewe vir altyd ten goede verander deur ‘n onbaatsugtige daad? Miskien hang dit van jou eie omstandighede af. My held is dalk nie heeltemal ‘n held volgens jou nie.
Ek weet nie wat die antwoord is nie, deel jou opinie met my…
‘n Liedjie op hierdie tema.
Never let go
Can you lay your life down so a stranger can live
can you take what you need, but take less than you give
could you close every day without the glory and fame
could you hold you head high when no one knows your name
that’s how legends are made - at least that’s what they say
We say goodbye - but never let go
we live we die - cuz you can’t save every soul
gotta take every chance to
show that you’re the kinda of man who
will never look back - never look down
and never let go
Can you lose everything you ever had planned
can you sit down again and play another hand
could you risk everything for the chance of being alone
under pressure find the grace - or would you come undone
that’s how legends are made - at least that’s what they say
6 responses so far ↓
Louisa // March 29, 2007 at 11:53 pm
Haai Da Mario,
Daar is natuurlik ‘n groot verskil tussen ‘n persoonlike held en ‘n held vir die menigtes, dink jy nie?
Maar vir my is ‘n held iemand na wie jy kan opkyk, nie noodwendig iemand wat sy/haar lewe sal opgee vir iemand anders nie(alhoewel dit natuurlik ook baie spesiaal is).
Da Mario // March 30, 2007 at 7:36 am
Inderdaad Louisa! Ek dink daai Brandweerman wat jou uit die brandende gebou kom haal, hy is ‘n persoonlike held. Maar wat maak daai persoon ‘n held in nie noodwendig die openbare oog nie, maar tussen die mense rondom hom?
Die tipe van ou as jy iewers in ‘n groep is, uitgewys sal word deur almal as iemand wat as hulle lewe op die spel was, hulle hom daar sou wou gehad het.
BB // March 30, 2007 at 7:42 am
Some say a legend is an old man with a cane known for what he used to do. Others believe the only way to become a legend is in your coffin.
I think what makes a man a legend is the woman in his heart.
Op ‘n meer ernstige noot - ‘n legende volgens my gaan altyd gepaard met ‘n bietjie mystery…
Jou Held is dalk nie noodwendig almal se held nie - maar ‘n legend is, wel ‘n legend ongeag. Maak ek sin vandag? Nie? Well, so what’s new!!?
Take care x
René Boshoff // March 30, 2007 at 8:17 am
Vir my is ‘n (persoonlike) held iemand wat die tyd neem om die ekstra myl vir MY te stap, op tye wat ek dit die minste verwag, maar dalk die nodigste het! Nie oor wat hy/sy daaruit kan kry nie - maar omdat hy/sy weet wat dit vir my as mens sal beteken!
Om die “wêreld” te verander, is nie een persoon se werk nie - maar die potensiaal is in elkeen van ons om ten minste een persoon se lewe te verander deur ‘n onselfsugtige bydrae te maak! Dis my motto in die lewe!!!
Lekker daggie xRx
boerinballingskap // March 30, 2007 at 1:50 pm
Almal is helde. Jy is ten minste een ander persoon se held, al voel of dink jy nie so nie.
JayCee // April 3, 2007 at 2:08 am
Ek dink ‘n held is iemand wat the toets van tyd deurstaan het en sy passie ten volle uitlewe en gelukkig genoeg is om met daardie passie verskil in iemand anders (of menigte) se lewens te kan maak.
Leave a Comment