Amor est vitae essentia. (Love is the essence of life)
Ek dink ek sou daarvan gehou het om te weet wanneer dit die laaste keer was wat ek iets sou gedoen het. Nie soos in die laaste keer voor jy doodgaan nie, maar die laaste keer saam met iemand.
Die laaste keer wat jy saam met iemand gaan uiteet het, saam met hulle in ‘n parkie gestap het of gaan vakansie hou het, saam gesit en kyk het hoe die son ondergaan, saam ‘n liedjie gesing het. Wanneer was die laaste dans, die laaste giggel oor ‘n oulike grappie, die laaste braaivleis waar dit net ons was? Die laaste keer wat ek jou tandarts toe gevat het en by jou kop moes sit en jou hand vashou omdat jy bang is? Die laaste keer wat jy my hand vasgehou het omdat jy wou. Sou enige iets anders gewees het as ons geweet het dis die laaste keer?
Daar is baie laaste geleenthede waaroor ek wonder, wanneer hulle was, maar vandag om 11:09 in hof 2A van die Pretoriase Hooggeregshof is die hoofstuk afgesluit. Dit is een laaste keer waaroor ek nie hoef te wonder nie…
Cheers Cris, mag jy al die geluk vind waarna jy op soek is!
A Winter’s Tale - David Essex
The nights are colder now.
maybe I should close the door,
And anyway the snow has
covered all your footsteps
And I can follow you no more.
The fire still burns at night,
my memories are warm and clear;
but everybody knows
it’s hard to be alone at this time of year.
It was only a winter’s tale,
Just another winter’s tale,
And why should the world take notice
of one more love that’s failed?
It’s a love that can never be
though it meant a lot to you and me;
on a world~wide scale
we’re just another winter’s tale
While I stand alone
A bell is ringing far away
I wonder if you hear,
I wonder if you’re listening
I wonder where you are today.
Good luck! I wish you well,
and for all that wishes may be worth;
I hope that love and strength
are with you for the length
of your time on earth.
It was only a winter’s tale,
Just another winter’s tale,
And why should the world take notice
of one more love that’s failed?
It’s a love that can never be
though it meant a lot to you and me;
on a world~wide scale
we’re just another winter’s tale.
20 responses so far ↓
lanab // May 9, 2007 at 12:51 pm
Sterkte ou maat en onthou ek het bree skouers….
n vreugdevolle dag vir jou
troedels
xxxxxx
inhershoes // May 9, 2007 at 1:03 pm
Sjoe, dis sad.
Onthou maar dat almal deur slegte tye gaan, en die lewe gaan maar altyd weer aan. En eendag vind jy weer geluk. Dis hoe ons gebou is, vir survival.
Ongelukkig moet mens eers deur die donker dal stap, dis deel van gesond word.
Sterkte.
idiwidi // May 9, 2007 at 1:14 pm
Ai man.
Celéste // May 9, 2007 at 2:44 pm
Da Mario, jou seer vleg homself deur my hart en kom sit vierkantig vas in my keel en lê nou in traandruppels op my keyboard (hoop nie die ding maak ‘n kortsluiting nie). Anyway, ek onthou die gelukkiger dae saam met Cris, die troue, die kidz se geboortes, die familie kuiers, maar ek weet jy sal gou weer jou charming, over-confident self wees.
Ek bly altyd lief vir jou, al gee jy my eindelose crap.
Liefde
C
Louisa // May 9, 2007 at 2:51 pm
*drukkie*
Ek dink ek sal maar eerder vir jou daai tequila koop?
Sterkte…
Carien // May 9, 2007 at 2:59 pm
Mens wonder altyd wat die ander persoon doen en of dit met hulle goed gaan, of hulle gelukkig is. Al lê die ou spore al lankal onder die sneeu.
Sterkte.
boerinballingskap // May 9, 2007 at 3:40 pm
Sterkte, maat!!!
Jo-Ann Schou // May 9, 2007 at 3:52 pm
Sterkte…. wat moet wees sal wees. En môre sal die son weer skyn. Ons dink aan julle en aan die kinders.
wosonki // May 9, 2007 at 5:45 pm
DaMario,
ons weet dat niks wat ons sê die seer kan minder maak nie, maar hopelik sal die feit dat ons aan jou dink en saamvoel, darem bietjie troos.
Jaco en Krista
Thomas Dreyer // May 9, 2007 at 10:59 pm
DaMario,
Woorde is leeg en om te se ek is jammer klink sommer vlak, maar so ‘n lewe wat gedeel is met iemand spesiaal sal altyd voort lewe…
Al wat oorbly is die verlange en herinneringe…
Is Dit Die Seer Werd?
6 January 2004
Dit is vyf voor vier.
Ek klim uit my motor
toe ‘n vuishou my diep binne tref;
soos vrees wat jou gryp en intrek,
maar waarom nou - is ek dan bang?
Hoe nader ek aan die voordeur kom…
soos iets wat binne in my opstaan.
Toe ek die deur binne stap -
‘n swaar donker atmosfeer verwelkom my.
Ek sien hoe haat en dood mekaar aangluur…
in die hoek sit seer, bene opgetrek
arms om die kop en bene vasgeklem
asom te sê “…dis nou genoeg…”
Ek probeer hul ignoreer,
maar kies koers na buite.
Ek druk die voordeur toe
met haat en dood kort op my hakke.
Met verligting verskuif hul blik weer na mekaar…
maar… seer, steeds inmekaar getrek in die hoek…
Ek wik-en-weeg om haar te gaan haal…
Ek besef sy sal self moet uitkom
ek stap ‘n ent verder
ek kniel by die venster en roep haar sag
niks gebeur, ek hoor net ‘n paar snikke…
Eina!
Ek voel hoe die trane van diep binne oor my wange rol
© Thomas Dreyer
Nico // May 10, 2007 at 7:37 am
“Woorde hoort buite want hartseer is stom” - Koos Doep
Sterkte, meneer. Ons bloggers ken mekaar nie almal nie en dit wat ons vir die wereld en mekaar wys is dit wat ons wil he gesien moet word, maar somehow dink ek ons is almal emotionally connected; op ‘n manier ken ons mekaar. Ek voel vir jou.
Salige Rus // May 10, 2007 at 10:14 am
Haai jinne. Dis baie hartseer.
Thea // May 10, 2007 at 12:14 pm
DaMario
Baie sterkte. Hoop tyd sal al die wonde genees!!
Thea
Johan Swarts // May 10, 2007 at 1:14 pm
eish.
Daedalus // May 10, 2007 at 2:37 pm
Da Mario,
Hou daai sterk, oop persoonlikheid van jou bo ou maat.
Mona // May 10, 2007 at 11:06 pm
DM, jy sal hierdeur kom - eventually… Een dag op ‘n slag…
Jammer jong…
Mona
René Boshoff // May 11, 2007 at 10:24 am
Sammy // May 12, 2007 at 10:50 am
Onthou die einde is ook ‘n nuwe begin. Makliker gese as gedoen, ek weet. Die eina gaan eventually weg en dan begin ‘n nuwe avontuur….. Good Luck
johannes_11 // May 14, 2007 at 9:11 am
Mario… dis erger as daai “blou briewe” wat ons inni army gekry het…
Dis ook erger as ‘n ma of pa se dood in dieselfde jaar..
Dis erger as die “afskeid” van jou “army pals” wat jy weet jy nooi weer gaan sien nie… al belowe jy of hulle om kontak te hou..
Dis erger as om jou kinders te groet elke keer as jy hulle aflaai en uitsien na die volgende keer…
Dis erger as die afstaan van alles wat julle bymekaar gemaak het vir daai tyd inni toekoms wat jy weet nooit gaan aanbreek nie…
Dis erger as jy hoor sy gaan weer trou…
Daars niks so erg… self nie eers dood…
En laat niemand jou wysmaak “dat tyd die wonde sal genees”… hulle lieg….
Laat niemand jou wysmaak dat ‘n tweede lewensmaat die antwoord bied nie… veral nie as daar kinders betrokke is nie..
Laat niemand jou probeer wysmaak dat egskeiding ‘n einde het nie… dit het geen einde nie…
Ek haat egskeiding…. en dit met ‘n passie
Ek ken jou nie…. maar ek dink ek het tot ‘n mate begrip hoe jy voel…
My gebed vir jou…
Johannes 17
TristonJ // December 20, 2007 at 12:06 am
Niks vervang liefde nie… nie eers n stukkie papier wat se die liefde is klaar. wonde genees maar die littekens bly altyd daar, dis op jou eie om te besluit of die littekens jou hele hart vol gaan le, en of jy n spasie gaan oorlaat waar geluk weer saad kan gooi en groei. persoonlik raak die spasie op my eie hart minder en minder… maar die saadjie is daar, nou moet ek hom net water en sonskyn gee… ek hoop jy kry ook jou saadjie en dat jy hom gaan toelaat om te groei.
Leave a Comment