Ek is mal oor foto’s, probleem is ek het baie en my digital kamera en laptop chat alweer nie met mekaar nie. Grrr… ek kan so gefrustreerd raak!! En daar is so baie wat ek wil uitsorteer en file. GRRR!!
Ek gesels nou die dag met ‘n vriend wat single is. Klaarblyklik het die dating game nogals verander oor die laaste dekade of so. Dit werk glo min of meer iets soos volg: Jy bel haar en vertel haar jy wil haar sien. Sy stem in om jou iewers te kry, julle doen whatever julle wou saam doen (fliek, uiteet, dans) en gaan dan huis toe. Mmmm… noem my outyds maar dit klink effe fucked-up. Waarom gaan haal jy nie die girl by haar huis nie? En maak die deur vir haar oop nie? En vat haar huis toe en maak seker sy kom veilig daar aan nie?? Is dit deel van die emansipasie van vroue dat hulle so gewillig is om soos ‘n buddy behandel te word deur ‘n ou in ‘n vriendskaplike verhouding?
Ek is nou baie dankbaar dat ek nie dogters het nie. Ek sal die klein wanker wat my dogter so behandel se nekkie breek nadat ek hom iets vertel het van goeie maniere… en haar vra om eerder asseblief ouens te date wat haar nie soos crap behandel nie. Ek meen, selfs as julle net vriende is, waarom kan jy haar nie ordentlik behandel nie? Dit kos tog niks. Of wil girls nie meer so behandel word nie? Is julle te “bevryd”? Ek wonder hieroor… is daar nog nice girls oor? Of lewe ek in die verkeerde dekade?
Ek hoor hierdie song vanoggend op die radio, heel gepas aangesien ek vandag so gefrustreerd is met pics…
“Photograph” - Nickelback
Look at this photograph
Everytime I do it makes me laugh
How did our eyes get so red
And what the hell is on Joey’s head
And this is where I grew up
I think the present owner fixed it up
I never knew we’d ever went without
The second floor is hard for sneaking out
And this is where I went to school
Most of the time had better things to do
Criminal record says I broke in twice
I must have done it half a dozen times
I wonder if it’s too late
Should i go back and try to graduate
Life’s better now then it was back then
If I was them I wouldn’t let me in
Oh, oh, oh
Oh, god, I
Every memory of looking out the back door
I had the photo album spread out on my bedroom floor
It’s hard to say it, time to say it
Goodbye, goodbye.
Every memory of walking out the front door
I found the photo of the friend that I was looking for
It’s hard to say it, time to say it
Goodbye, goodbye.
Remember the old arcade
Blew every dollar that we ever made
The cops hated us hangin’ out
They say somebody went and burned it down
We used to listen to the radio
And sing along with every song we know
We said someday we’d find out how it feels
To sing to more than just the steering wheel
Kim’s the first girl I kissed
I was so nervous that I nearly missed
She’s had a couple of kids since then
I haven’t seen her since god knows when
Oh, oh, oh
Oh, god, I
Every memory of looking out the back door
I had the photo album spread out on my bedroom floor
It’s hard to say it, time to say it
Goodbye, goodbye.
Every memory of walking out the front door
I found the photo of the friend that I was looking for
It’s hard to say it, time to say it
Goodbye, goodbye.
I miss that town
I miss the faces
You can’t erase
You can’t replace it
I miss it now
I can’t believe it
So hard to stay
Too hard to leave it
If I could I relive those days
I know the one thing that would never change
Every memory of looking out the back door
I had the photo album spread out on my bedroom floor
It’s hard to say it, time to say it
Goodbye, goodbye.
Every memory of walking out the front door
I found the photo of the friend that I was looking for
It’s hard to say it, time to say it
Goodbye, goodbye.
Look at this photograph
Everytime I do it makes me laugh
Everytime I do it makes me…
22 responses so far ↓
lanab // May 15, 2007 at 9:09 am
Ek sal lieg as ek sê n ou het al ooit vir my n kar se deur oopgemaak…..
Seker die dat hulle sê daar is nog net n handjie vol van gentlemen oor…
Ek self is n girl,maar ou boeta ek het al vreeslike feekse/flerries gesien….
hoop jy het n wicked dag
troedelkies
xxxxxx
Louisa // May 15, 2007 at 10:10 am
Da Mario,
My foon/kamera en my laptop het ook op ‘n stadium opgehou om met mekaar te praat - ek vermoed as gevolg van die wireless internet wat ons ingesit het. Dit en die bluetooth werk nie so lekker saam nie. Ek kon elke keer my wireless afgesit het as ek wil fotos download - maar dit was irriterend om die minste te se^. Ek het op die ou einde maar ‘n kaart leser gaan koop (+/-R150) en nou laai ek die fotos af van die memory card af, ek kan dieselfde leser gebruik vir die digitale kamera se kaart ook.
Sover die dating game aangaan. Baie mense beveel jou aan om ten minste aan die begin eerder iemand daar te ontmoet as om by die huis opgetel te word. As dinge dan suid loop kan jy ten minste by die huis kom. Maar ek dink dat as jy iemand al ‘n paar keer gesien het en jy kom op die punt waar jy hulle vertrou en regtig baie belangstel, sal ‘n optel by die huis definitief van pas wees.
René Boshoff // May 15, 2007 at 10:13 am
Now that’s exactly why I prefer “older” men! ~ Old school!!
Daar is darem niks mooier as ‘n man met MOOI maniere nie!
En gelukkig het jy nog tyd om jou laaities goeie maniere te leer!! Ek glo en hoop jy sal!
Lekker daggie
Rxx
Nico // May 15, 2007 at 10:44 am
Dames, let op. Chivalry is alive and well, mens moet soms net ‘n bietjie daarvoor soek!
Nico // May 15, 2007 at 10:50 am
… en om by lanab aan te sluit, ek verstaan ook hoekom mens maar eers Erens ontmoet, daar is soveel sicko’s in die wEreld. Maar dit hang dan ook af waar mense aan mekaar kom. As dit oor die Net is, beslis. Maar as jy dit op die ou manier doen soos wat Moeder Natuur dit bedoel het, en mekaar eers ‘n paar keer al gesien het (d.w.s. in sosiale kringe waar jou vriende/vriendinne jou chaperones is,) voor mens op ‘n DATE gaan, en daar is nog ‘n sweempie chivalry in jou, dan doen jy dit presies soos DM dit hierbo verduidelik. As ‘n dame dan vir my sou sE sy sal my eerder Erens ontmoet eerder as wat ek haar gaan optel vat ek die boodskap dat sy dink ek is ‘n freak en dat sy my nie vertrou nie. QED, and moving on.
Da Mario // May 15, 2007 at 11:19 am
Louisa en Nico… wat ek in gedagte gehad het was presies dit. Dis mense wat mekaar actually al maande lank ken, hulle was al baie saam uit as vriende en het mekaar leer ken tussen daardie vriende. En nogsteeds laai hy nie die girl op by die huis nie!!
Indien ek iemand nie baie goed ken nie, sal ek gewis ook eerder verkies dat ons beide op ons eie daar kom, maar indien jy die persoon goed ken, lyk dit darem maar vir my vreeslik ongeskik om haar te vra om self by die plek uit te kom! Veral as julle beide mekaar graag wil sien… en is sommige ouens so vanself of in reaksie op die girl se houding?
So ja, ek is nie heeltemal oortuig dat ek vreeslik mal is oor “empowered women” nie, en dis nie dat ek hulle plek op aarde wil ontken nie, dis net…. ek sal graag net ‘n girl wil date, maak nie saak of sy by die werk ‘n ball-breaker is nie, hopelik weet sy nog hoe om genuinely nice te wees, hoe om soms net ‘n doodgewone girl te wees.
Johan Swarts // May 15, 2007 at 11:21 am
daai’s ‘n mooi song
René Boshoff // May 15, 2007 at 12:37 pm
Ek wil tog nie ‘n “empowered woman” wees nie! Dalk is ek heeltemal te romanties daarvoor!
Of miskien is ek net te “nice” hehehe!!!
As jy dan in die unfortunate situasie kom wat jy ‘n girl date wat dubbel jou salaris verdien … wil jy tog nie met haar CEO pos uitgaan nie - daar moet darem nog ‘n persoon agter die salaris wees?
Ek dink sommige van die vrouens wat hulself in ‘n manswêreld wil bewys - ruk meeste van die tyd die dam onder die eend uit! As empowered vrou moet jy seker bereid ook wees om jou eie motor se band om te ruil of die olie te vervang, die gras te sny en “handyman” in jou eie huis te speel!? Dan moet jy bereid wees om jou “high heels” uit te trek en met ‘n butch paar tekkies daardie werkies te doen! En hoe sexy en vroulik is dit?
Sommige vroue hoor die klok lui, maar het nie ‘n idee waar die bel hang nie!! Ek skud maar net my kop…!
Nico // May 15, 2007 at 12:38 pm
Vroue kla dikwels dat mans nie meer gentlemen is nie, maar is dit nie ook waar dat mans maar mag kla dat vrouens nie meer ladies is nie? Ek bedoel nou nie om die stok in die bynes te steek en dit goed te roer nie, maar dink julle nie ook die rolle van die geslagte het heeltemal vervloei nie? Van die begin van die vorige eeu en die aanvang van die IndustrieEle Rewolusie af al?
René Boshoff // May 15, 2007 at 12:51 pm
Ek dink jy vat ‘n vet kans om te veralgemeen Nico!
Ek reken dat die hoeveelheid vroue wat minder vroulik is, beslis toegeneem het ~ maar ek ervaar dit nie as die algemene tendens nie, … it’s true, but it’s very sad!
En natuurlik hang dit af wat jy as ‘n “lady” definieer!
Nico // May 15, 2007 at 1:04 pm
Ek veralgemeen nie, ek sE dit soos ek, en dalk ander soos ek, dit sien.
Hoe sou ek ‘n lady definieer? ‘n Dame wat ontvanklik en waarderend daarvoor is as ‘n man ‘n gentleman is teenoor haar - met ander woorde, sy moet nie aanvaar dis haar goeie reg nie. Sy moet ook nie dink dat as ‘n man ‘n gentleman is, hy iets meer van haar verlang as dalk selfs net die plesier van haar geselskap nie, al is dit beperk tot vier of vyf sinne.
Onthou altyd, ‘n man is inherent ‘n barbaar en ‘n jagter. ONS IS DIE GROTMAN! Om ‘n gentleman te wees druis dus in teen sy normale patroon van gedrag en optrede. Dit, dames, verdien erkenning.
Da Mario // May 15, 2007 at 1:05 pm
Al wat ek weet is dat Rene ‘n lady is. ‘n Genuinely nice girl. As jy nader gebly het dan het ek jou oor so paar maande gedate!!
Ongelukkig Rene, is doodeenvoudige nice girls redelik skaars.
En o ja…
Die post het eintlik gegaan oor OUENS se gebrek aan goeie maniere… hehehe!
Nico // May 15, 2007 at 1:10 pm
Maar ek sE mos ons is eintlik barbare
René Boshoff // May 15, 2007 at 2:00 pm
Thanx DM!!
Julle moet saggies praat oor hierdie onderwerp, netnou hoor Johannes_11 van die bespreking en dan kom lê hy weer die huweliksformulier voor!
Nou dat julle praat van mans wat barbare is — nou die dag stap ek met twee redelike swaar bokse opmekaar drie verdiepings se trappe op … uit die vier mans wat verby my geloop het, het net een ‘n reaksie gehad … “moenie jou dooddra nie hoor”, was al wat hy kon sê!!! As ek meer krag in my arms gehad het, het ek hom met albei bokse gegooi en bo-op hom gespring!!!
Celéste // May 15, 2007 at 2:44 pm
Ek is ontsaglik lief vir my ma. Ek is self ‘n ma. Ek is net so ontsaglik lief vir my broer. Maar in die twintig jaar wat ons twee saam in ‘n huis gebly het, het my broer my nooit behandel soos ‘n man ‘n vrou behoort te behandel nie (goeie manier teenoor die vroulike geslag sluit mos ‘n sussie/niggie/ma in?) En het my ma hom laat begaan. Ek dink die hele petalje begin by die ma wat haar seun toelaat om sy sussie te behandel sonder die nodige “gentlemanly” maniere. En is dit so dat ‘n man ALLE lede van die vroulike geslag met die nodige gentleman maniere behandel, of net dié waarin hulle dalk meer ernstiger in belangstel?
Da Mario // May 15, 2007 at 3:05 pm
Hehehe Celeste…. miskien is dit omdat jy my altyd crap gee??
En in elk geval, wat de hel het ek geweet? Ek was ‘n kind! Wees bly ek het intussen geleer…
En by the way, sorry as ek nooit ordentlik was teenoor jou nie. Kan ongelukkig nie onthou dat jy ooit die issue met my bespreek het nie?
En jy is net my sussie…. nie ‘n date nie! Waar de hel het jy nou al gesien ‘n broer maak vir sy suster die kardeur oop?? Is jy flippen ernstig? Dit sou half scary gelyk het…
Louisa // May 15, 2007 at 3:11 pm
Hahahaha! Priceless!
Celéste // May 15, 2007 at 3:14 pm
As ek jou crap gee is dit maar net omdat ek myself teen jou moet beskerm. Nee wat, moenie worry nie, dis nou nie dat jy nooit ordentlik teenoor my was nie, net tipies die boetie/sussie ding en NEE ek sou dit nie met jou bespreek het as jy lelik was met my nie - praat van scary gedagte !!!! Maar ek dink tog ‘n ouer moet, veral sy seun, van kleins af leer hoe om ‘n gentleman te wees. Dié spesie is maar dun gesaai. Ek ek sal my dogter leer hoe om op te tree sodat ‘n man soos ‘n gentleman teenoor haar wil optree. Ek dink in wese word jy behandel soos wat jy behandel WIL word.
boerinballingskap // May 15, 2007 at 3:38 pm
My stuiwer: Kyk na hoe ‘n man sy Ma behandel en jy sal seker ‘n goeie idee he hoe hy jou sal behandel, of hoe?
idiwidi // May 15, 2007 at 3:50 pm
Hoekom kan jy nie ‘n nice en empowered girl gelyk wees nie? Sluit die twee idees mekaar noodwendig uit? Wil mans nie ook goed behandel en bederf word nie? Is die enigste manier wat ‘n man kan goed voel oor homself as hy die arme damsel in distress kan red? Moet ma’s nie ook hulle dogters leer om nie hulle vroulikheid as ‘n gerieflike wapen teen mans te gebruik nie? Is mans werklik natuurlik die jagter-grotman en ‘n vrou natuurlik ‘n gentle-lady? I think not!
idiwidi // May 15, 2007 at 3:51 pm
die boer praat die waarheid
Da Mario // May 16, 2007 at 7:22 am
idiwidi, die dag as ek ‘n nice en empowered girl ontmoet… ek wil amper se eet ek my hoed op… maar dit sal werklik…. uhmm… amazing wees.
Ek glo nie die twee sluit mekaar noodwendig uit nie, maar ek dink die tipe is selfs skaarser as hoendertande.
Leave a Comment