Soos ekself, ken ek heelwat mense wat fans is van Douglas Adams se trilogie in vyf dele genaamd The Hitch hikers Guide to the Galaxy. Ek het hierdie groep boeke seker so 15 jaar terug die eerste keer gelees nadat ‘n vriend van my se ex-vrou my daarvan vertel het. Sederdien het ek al klein sagteband weergawes van die boek gehad maar deesdae het ek ‘n versamelaarskwaliteit hardeband weergawe waarin die oorspronklike teks verskyn wat ek ook al ‘n paar keer gelees het.
Anja het ook gister ‘n post geskryf met die opskrif “42″. En twee-en-veertig is natuurlik die antwoord op die “ultimate question about life the universe and everything”. As dit vreemd klink, jy moet die boek lees om te verstaan!
Of kom ek verduidelik kortliks: Lank gelede was daar baie slim dudes wat wou weet wat is die antwoord op die doel van die lewe, hoekom is alles soos dit is. Hulle bou toe ‘n rekenaar, die kragtigste ene ooit (genaamd Deep Thought) om vir hulle die antwoord te gee, en na iets soos 7 miljoen jaar se berekeninge toe gee die ding vir hulle die antwoord - 42. Die probleem is toe obviously dat dit nie juis ‘n verstaanbare antwoord is nie. Toe bou hulle ‘n nog groter en meer gekompliseerde rekenaar om daai ultimate question se antwoord te kry, wat baie interessant was omdat die wesens wat op hierdie rekenaar gewoon het dit baie keer misgis het as ‘n planeet, natuurlik die aarde. En net voordat die vraag uiteindelik beantwoord sou word, toe word die aarde deur die Vogons vernietig om plek te maak vir die konstruksie van ‘n nuwe Hyper-space highway. Wat heelwat mense heel ongelukkig gemaak het. Anywayz… lees die boek, dis brilliant!
Nou ja, die tagline van hierdie blog was vir baie lank “…about life the universe and everything” wat natuurlik een van die boeke se titel is. Ek het dit nou, soos julle kan sien, verander in “Pushing my luck is my favourite hobby” nadat ek knaend vertel is dat dit inderdaad die frase is wat my seker die beste beskryf. Hehehe… mmm…. is dit ‘n goeie ding?
Whoohoooo… nog net 2 slapies tot Ostendo se blog-meeting….