Da Mario se gepraat…

Kieno Kammies & Harry Potter

July 10, 2007 · 10 Comments

Vanoggend toe ek opstaan besluit ek om die radio aan te sit, en hy was na die naweek nog op Jakaranda 94.2 ingestel.  Vir die buite Gauteng, dit is die radiostasie wat sekerlik die meeste luisteraars hier in die beskawing (lees Gauteng al julle Kapenaars!) trek, dis nou as jy nie na die Rude Awakening op Highveld Stereo luister nie.  (Moenie vra nie, Jordan like dit om musiek te luister en TV te kyk…. hehehe… hy is amper 3, so julle kan verstaan!)  Nou ja, die ontbytprogram word onder andere aangebied deur Kieno Kammies (hy het nog so paar sidekicks ook) en hulle het ook mos ‘n blog.  Net vir interessantheid, The Rude Awakening het Jeremy Mansfield en sy trawante.  Wat ‘n keuse…. ja ek weet. 

Iemand noem toe dat Harry Potter evil is.  En daar gaat almal op hol.  Oor Harry Potter.  Hoe simpel is dit nie?  Wel, ‘n nuwe boek word eersdaags vrygestel so ek neem aan elke Jan Rap en sy maat wil nou weer ‘n stuiwer in die armbeurs gooi en iets hieroor kwytraak. 

So hier is my 5c… daar is niks fout met Harry Potter nie.  Dis net ‘n storietjie en beslis nie van die duiwel nie.  Maar ek neem aan ons moet almal ‘n plekkie in die son gee.  Die wat dit nie like nie kan Ena Murray-boekies in die wintersonnetjie sit en lees.  Die wat dit like kan dit actually gaan koop en die wat nie minder omgee nie kan gerus GOEIE boeke gaan koop, wat nie een van bogenoemde onder resorteer nie.

Ek moet erken, ek maak nie ‘n gewoonte daarvan om soggens te veel radio te luister nie.  Meestal is die musiek fine en ek hou van die sportnuus, maar die twak wat die omroepers kan kwytraak bedonner meestal net my dag.  So ek vermy dit eerder….maar…nou die oggend was Rian van Heerden onder andere op.  En Marius van der Walt lees soms nuus daar.  Ek het sommer heimwee gekry van so paar jaar gelede.  Die twee pikkewyne was DIE ding soggens op Tuks-FM se ontbytprogram, Jou Ma!  Aai, hoe het ek nie gewens Rian en Vissie wil eerder die ontbytprogram handle op Jakaranda nie….

Hey, kyk net…. ‘n hele blogpost sonder girls en liefde en verhoudings!

Oh well…

alizee.jpg

…haar naam is Alizee… is sy nie net gorgeous nie?? (drool, drool, perrvv, drool…)

Categories: Sommer praat...