Vanoggend toe ek opstaan besluit ek om die radio aan te sit, en hy was na die naweek nog op Jakaranda 94.2 ingestel. Vir die buite Gauteng, dit is die radiostasie wat sekerlik die meeste luisteraars hier in die beskawing (lees Gauteng al julle Kapenaars!) trek, dis nou as jy nie na die Rude Awakening op Highveld Stereo luister nie. (Moenie vra nie, Jordan like dit om musiek te luister en TV te kyk…. hehehe… hy is amper 3, so julle kan verstaan!) Nou ja, die ontbytprogram word onder andere aangebied deur Kieno Kammies (hy het nog so paar sidekicks ook) en hulle het ook mos ‘n blog. Net vir interessantheid, The Rude Awakening het Jeremy Mansfield en sy trawante. Wat ‘n keuse…. ja ek weet.
Iemand noem toe dat Harry Potter evil is. En daar gaat almal op hol. Oor Harry Potter. Hoe simpel is dit nie? Wel, ‘n nuwe boek word eersdaags vrygestel so ek neem aan elke Jan Rap en sy maat wil nou weer ‘n stuiwer in die armbeurs gooi en iets hieroor kwytraak.
So hier is my 5c… daar is niks fout met Harry Potter nie. Dis net ‘n storietjie en beslis nie van die duiwel nie. Maar ek neem aan ons moet almal ‘n plekkie in die son gee. Die wat dit nie like nie kan Ena Murray-boekies in die wintersonnetjie sit en lees. Die wat dit like kan dit actually gaan koop en die wat nie minder omgee nie kan gerus GOEIE boeke gaan koop, wat nie een van bogenoemde onder resorteer nie.
Ek moet erken, ek maak nie ‘n gewoonte daarvan om soggens te veel radio te luister nie. Meestal is die musiek fine en ek hou van die sportnuus, maar die twak wat die omroepers kan kwytraak bedonner meestal net my dag. So ek vermy dit eerder….maar…nou die oggend was Rian van Heerden onder andere op. En Marius van der Walt lees soms nuus daar. Ek het sommer heimwee gekry van so paar jaar gelede. Die twee pikkewyne was DIE ding soggens op Tuks-FM se ontbytprogram, Jou Ma! Aai, hoe het ek nie gewens Rian en Vissie wil eerder die ontbytprogram handle op Jakaranda nie….
Hey, kyk net…. ‘n hele blogpost sonder girls en liefde en verhoudings!
Oh well…
…haar naam is Alizee… is sy nie net gorgeous nie?? (drool, drool, perrvv, drool…)
10 responses so far ↓
Celéste // July 10, 2007 at 9:35 am
Was nou die dag gekonfronteer deur ‘n vrou wat my vertel dat ek nie my kind moet laat kyk na die “Powerpuff girls”, “Ed,Edd,’n Eddy”, “Kidz next door” nie, want die goed is van die duiwel. Ook nie na enige iets waarin Richard Dean Anderson (Macgyver) speel nie, want hy is glo ‘n satanis. Sy moet ook nie met “action toys” speel nie, want ‘n seuntjie het glo met een gespeel, was baie stout en toe sy pa die speelding weggooi, begin daar skuimbolle by sy mond uitkom.
Snaaks hoe ons as kinders “liewe heksie” en “knersis” gekyk het en nie een ‘n satanis uitgedraai het nie.
Ek dink sommige van vandag se ouers soek te gou na obskure redes hoekom hulle kinders onbeheerbaar is. Soms is ‘n kind maar net stout. Punt. Nie besete van een of ander demoon of ding nie.
En nee wat, Harry kan maar aangaan met sy getoor.
marat // July 10, 2007 at 10:35 am
Ek is mal oor Harry Potter en mis nie ‘n fliek of ‘n boek nie! My kinders sal dit definitief ook onder oë kry sodra hulle oud genoeg is. Maar so ook Heidi, Pinnochio, Haas Das en Knersis.
Ek is seker ons kan iets slegs in alles sien - sênou Sarel Seemonster was ‘n pedofiel wat kinders nader gelok het met stories en die bytjies wat vir Bennie geblaas het, sy trawante? En Karel Kraai se liedjies het jou ‘n poffertjie-resep gegee as jy dit agteruit speel? En Bennie het Tik onder in sy tonnel gemaak?
Regtig, elkeen moet maar vir homself besluit en onderskeid tref, maar ek reken iemand hardloop panty oor die kop rond vir aandag . . .
Nico // July 10, 2007 at 11:33 am
Nou dat ek self pa word begin ek ook wonder waarna en waarna nie ek my kind sal laat kyk nie, en ek het dit min of meer vir myself soos volg geformuleer:
As dit nie goed genoeg is vir my kind nie, is dit ook nie goed genoeg vir my nie.
Hierin lê ‘n verskriklike dualiteit. Vat nou maar vir Harry Potter as ‘n voorbeeld. Ek sal byvoorbeeld nie wil hê my kind moet daarna kyk tot sy 12 of so is nie, sodat sy die grens kan ken tussen fiksie en realiteit.
Kill Bill, wat lag-lag een van my gunsteling flieks is, kan ek nie ‘n punt druk nie, omdat ek my kind nie regtig aan geweld in die naam van vermaak sal wil blootstel nie. Maar ek het willens en wetens na Kill Bill gekyk en dit geniet. Dit maak van my ‘n skynheilige, of hoe?
René Boshoff // July 10, 2007 at 12:46 pm
Ek voel ook dat mens nie jou kind op ‘n té vroeë stadium van sy/haar lewe aan hierdie dinge moet blootstel nie! Hulle moet oud genoeg wees om te kan onderskei tussen fiksie en realiteit!
Kinders is ongelooflik skerp en uiters beïnvloedbaar, en ek dink mens onderskat meeste van die tyd hul intelligensie, maar ons kan hulle nie eenvoudig net aan genade oorlaat dat hul self besluit wat is reg of verkeerd nie! Dis tog hoekom kinders ouers het…om hul ouers (opvoeders) te wees in alle aspekte!!!
Ek weet ek praat nog nie uit ondervinding nie, maar is dit nie common-sense nie??
René Boshoff // July 10, 2007 at 12:52 pm
Ek ly aan korttermyn-geheueverlies - het vergeet om die volgende by te voeg:
Mens moet ook nie kinderstories te veel “analise” nie - vir my as klein dogtertjie was Liewe Heksie, Knersis, Wielie Walie, Walter die Wasbeer, Neels Holgerzon ens ens ens net great entertainment en baie fun! Maar as dit kom by “grootmensflieks”, sal ek hou by die ouderdomsbeperkings - is dit nie met ‘n rede daar nie?
Dankie
Nico // July 10, 2007 at 11:51 pm
Ek dink toe op ‘n later stadium aan werklike, hoë kwaliteit, epiese prente. Wat van Lord of the Rings? Sal ek my kind daarna laat kyk? Want dis ook geweldadig en ek dink as kind sou Belrogs, Orcs, Uruk-Hai, Gollum, Shelob, Paths of the Dead, Witch-Kings, Ringwraiths, Nazgul en Bilbo Baggins my ook nagmerries gee.
Celéste, ek dink ook nie Ed, Edd & Eddy is van die duiwel nie. Maar dink jy nie dis in swak smaak nie?
Roer // July 11, 2007 at 7:20 am
Ek het besluit om self ‘n studie van Harry Potter te maak, want iemand het eendag vir my gevra hoe ek dit kan afkeer as ek dit nog nie gelees het. Sienende dat die nuwe boek eersdaags op die mark is, is dit dalk ‘n goeie idee om my bekommerde-ma-vertrou-niemand-en-niks-studie te plaas op my blog. Dit is wel soos iemand gese het DM, jy moet vir jouself besluit. Ouerskap is nie vir sussies nie!
Celéste // July 11, 2007 at 7:37 am
Nico,
Ed, Edd & Eddy is ‘n bietjie “weird” en seker nou nie een van jou top cartoons nie en gelukkig kyk sy dit nie te veel nie (hou meer van die girl power cartoons !!!), maar ek moet erken menige van die cartoons op Channel 83 is in swak smaak en verkies ek dat my kind eerder Disney Channel moet kyk. My man het egter skielik ‘n fancy vir Johnny Bravo begin ontwikkel!! Why? I do not know.
Koeksuster // July 11, 2007 at 11:12 am
Ek is n Potter fanatic!! So is my kinders. Almal, selfs my Pa-kind.
My kinders is groot, (asseblief) amper uit die huis en vol ronde grootmense wat hulle eie besluite kan maak. Nie een van hulle is van die duiwel besete nie, nie een van hulle teken oulike sterretjie prentjies in hulle kamers nie en elkeen sit Sondag oggend in die Kerk - uit vrye wil.
Ouers het n fenominale taak wanner dit kom by die “fantasie-opvoeding” van hulle kinders - soos elke ander taak - maar die oomblik as jy n te-groot ophef maak oor n STORIE gaan hierdie kinders onmiddelik dink grootmense draai hulle n rat voor die oe - en ondersoek instel na die “bose”.
Ons hou dit lig en fun en niemand kry seer nie. As jy iets het om te vra, vra dit en ons almal soek saam die antwoord.
Dit werk vir my!!
Just another Muggle
Potter Rules!!
KruidjieRoerMyNie // July 13, 2007 at 8:06 am
Baie van ons kyk CSI Koeks, maar dit maak ons nie moordenaars nie…dis dalk nie jy of jou kinders wat in Sataniste gaan ontaard nie, maar wel wat die Sataniste met jou kan doen wanneer jy jou binnekamer / hart vir hul oop maak.
Leave a Comment