Da Mario se gepraat…

En iets anders….

August 20, 2007 · 35 Comments

Is die Bybel FEITELIK korrek?  Is daar “Aliens” op verre planete?  Smaak Chicken King se hoender regtig na vis?  Ek het nie ‘n idee wat die antwoord op hierdie vrae is nie, so vir eers los ek hierdie aardskuddende vrae maar eers vir die lesers van ander blogs om te ontsyfer.  Ek is regtig nie lus om my kop in ‘n by-nes te druk nie…   

Ek het nou die dag ‘n CD gekoop, en hierdie liedjie was daarop.  Ek is nogal mal daaroor (go figure, pffft)…. hey, dis beter as siellose “ek-lyk-soos-’n-doos-as-ek-dans” klub musiek wat dj’s aand na aand uitpomp aan dronk studente!

Bel, bel, bel - Lianie May

Vir jou my Volla klaar verkoop
‘n duisend myle ver geloop
het my hare rooi gekleur
wil al my buie beheer

Vir jou die hoogste berg geklim
Kruger-miljoene vir jou vind
het die diepste see geswem
ou vreemde lande verken

Wat, wat, wat
wat ek nie sal doen om jou te kry nie
jou vra om langer te bly nie
jou vra om nooit te ry nie
Bel, bel, bel
bel dat jy my nie vergeet nie
aan my behoort sal jy nie weet nie
dat jy myne is moet jy nie keer nie

Ek sal koffie vir jou maak
dis ‘n uitgemaakte saak
ek sal briefies vir jou skryf
jou met sms’e dryg

Ek sal my rooiwyn met jou deel
en wag dat jy my hart moet steel
ek sal rugby saam jou kyk
oe jaaa, agter jou rug inkruip

Wat, wat, wat
wat ek nie sal doen om jou te kry nie
jou vra om langer te bly nie
jou vra om nooit te ry nie
Bel, bel, bel
bel dat jy my nie vergeet nie
aan my behoort sal jy nie weet nie
dat jy myne is moet jy nie keer nie

Ek sal nagte wakker le
oor alles wat ek nog wil se
wil jou onder maanlig soen
weet jy wat jy aan my doen?

Wat, wat, wat
wat ek nie sal doen om jou te kry nie
jou vra om langer te bly nie
jou vra om nooit te ry nie
Bel, bel, bel
bel dat jy my nie vergeet nie
aan my behoort sal jy nie weet nie
dat jy myne is moet jy nie keer nie

Bel, bel, bel!

So ja, dis ‘n lekker lawwe liedjie en ek is mal daaroor.  So sue me….  Dis amper in die liga van “Is jy bang” van Eden.  Met Jay wat so sonder ‘n hemp op ‘n boot paradeer op Harties en die girlies se kniegies lam maak met sy maer haarlose borskas.  “Oeeee, Jay….” hoor ek hulle gereeld gil as ons daai video sien…. 

Anyways, ek is bly ek het jou nie verloor nie.  Thanks vir die mxit…

Categories: Sommer praat...

35 responses so far ↓

  • Koeksuster // August 21, 2007 at 8:43 am

    Jel, maar jy het die skoot hoog deur….

    Dis nogal n nice song, en net so tussen ons - Chicken king se hoender proe NIE soos vis nie en die Bybel is feitlik/feitelik korrek!!

    Lekker dag - mxit, huh??, sien jou daar!!

    Koeks

  • René Boshoff // August 21, 2007 at 9:02 am

    Dis ‘n baie oulike song DM - ek stem saam! En as dit in die “Is jy bang” liga val, is ek seker ek sal daarvan hou!

    Lol @ ek-lyk-soos-’n-doos-as-ek-dans klub musiek … jy kon dit nie beter beskryf het nie!! Whahahahaha!

    Hoop jy het ‘n lekker daggie xx :D

  • Platkuif // August 21, 2007 at 9:14 am

    more!

    yip, daai plek se hoender proe soos vis…een keer probeer, nooit weer daarna nie.dankie hou verby

    ek dink die skrywer van bel,bel,bel is dieselfde as die wat ‘is jy bang’ geskryf het

    en die girl wat dit sing, is blykbaar die ‘next big thing’…sy is ‘ontdek’ deur dieselfde spannetjie wat Bok aan ons bekend gestel het…moet nog besluit of dit goed of sleg is… :-)

    groete,p

  • oopkop // August 21, 2007 at 9:23 am

    Dit was nou nie nodig om vir almal te vertel die girls skree “Oeee Jay” as daai song speel nie. Bwhahahaah… ok, dis my een weakness, Jay en sy haarlose borskas op daai boot.

    O ja, ek kan nie ophou lag oor die Chicken King comment nie. Jy’s ‘n blixem. :)

  • René Boshoff // August 21, 2007 at 9:24 am

    Platkuif - die skrywers van daai song en die “bok-spannetjie” waarvan jy praat is een en dieselfde span - Johan Vorster (tans lid van Eden) en Sean Else (voorheen lid van Eden)! Johan en Sean is Mozi Records!! Ek dink dis ‘n dinamiese jong, en op die bol span en kan net goed gaan met Lianie May as sy deel van daardie span is!!

  • Platkuif // August 21, 2007 at 9:33 am

    Sean is mos die kort enetjie wat altyd ‘high heels’ aanhet? (soos ‘n ou vriendin eendag opgemerk het…net net te kort om ‘n dr*l te wees… ;) .Yip,Johan is die man met die goue pen. Lianie is Mozi se tweede groot ’signing’…sy behoort goed te doen…iemand moet oorneem by Bok ‘the one hit’ van Blerk ;-)

  • René Boshoff // August 21, 2007 at 9:44 am

    Platkuif, ek dink jy moet mooi dink oor wat jy sê … Bok maak klaar opslae met sy nuwe song Ons vir jou Suid Afrika! Hoe kan jy hom ‘n “one hit” noem!? Ek gaan die eerste een wees wat die hardste vir jou gaan lag as sy nuwe CD wat hy tans besig is om op te neem, dubbel goue status haal!! Moenie vir Bok van Blerk onderskat nie!

    As hy dan so ‘n one hit wonder is, hoekom is hy vol bespreek vir 2007 - met 80 bookings van nou tot einde Desember!? Beslis nie omdat hy net een song goed sing nie!! Watch this space, jy gaan nog jou woorde kou en ek gaan nog lekker lag!

    Skuus vir die sabotasie DM! :)

  • Da Mario // August 21, 2007 at 9:51 am

    LOL, neem die blog oor, ek like dit! :mrgreen:

  • Platkuif // August 21, 2007 at 12:00 pm

    aitsa…nie alles glo wat die ’spin doctors’ vir ons in die media plaas nie…in Suid Afrika bepaal ‘n klein groepie mense wie famous is en wie nie en vir hoe lank.Vir elke Bok supporter is daar 9 ander Afrikaners wat dink dit is ‘n pot strooi.Ek self dink daar is ‘n paar lekker songs gewees op sy eerste CD (Minki en Lenteblomme - die songs wat nie ‘gedryf’ word deur drink en drank en dies meer nie).Dankie tog die ‘DeLarey fase’ is nou verby…

    Anyhow, sonder die ander kunstenaars op die ‘Ons vir jou Suid Afrika’ CD,is ons Bokkie se bydrae maar yl.

    Ps.daai bookings is al gemaak en confirm toe Bok nog die kruin van die golf gery so ‘n paar maande terug…plus, ga kyk ‘n bietjie na enige van die top (10-15) afrikaanse kunstenaars se dagboeke…propvol.Nee wat, ek wens hom alle voorspoed toe,maar ek is bevrees hy ga vir die Delarey tune onthou word eendag…niks meer en niks minder nie.

  • René Boshoff // August 21, 2007 at 12:28 pm

    Platkuif, al wat ek sê is gee die ou ‘n kans! Moet hom nie afkraak voor hy nog nie eers kans gehad het om homself ‘n tweede keer te bewys nie! Hy reik nou maar eers sy tweede CD uit! Ouens soos Nicholis Louw het eers omtrent bekend geraak by CD 3 en toe hy Elvis begin sing het (veral by die ouer garde)! En wat was Nicholis se eerste treffer nou weer??

  • René Boshoff // August 21, 2007 at 12:52 pm

    En asseblief Platkuif, hoe kan hy ‘n yl bydrae maak as hy 5 van die 15 songs op die CD sing, en die ander kunstenaars, behalwe Robbie Wessels, net een song sing! En drie van die songs is nuwe songs!!! Nou gaan jy seker sê dis Bok se skuld dat helfte van die bevolking alkoholiste is???

  • Platkuif // August 21, 2007 at 1:00 pm

    relax…dit is ok om nie van almal te hou nie…smaak verskil…gelukkig.Ek het Bokkie al dopgehou en support toe hy nog probeer naam maak het saam met die ‘mossies’? destyds.Hy is heel entertaining,MAAR persoonlik dink ek ‘Delarey’ het hom meer skade as goed gedoen.Hy (en die res van die ’span’ ;) het ‘n gap gesien - deurmekaar en verwarde boere/afrikaners, ‘n song geskryf - Delarey en toe het die geld begin inrol…toe begin die gewater-trappery en geldgierigheid…en ek dink dit gaan hom geld en support kos in die future…

    Ek hoop van harte sy tweede poging ‘kook’, maar persoonlik dink ek dit ga moeilik wees om dieselfde hoogtes as die eerste te bereik.Dit daar gelaat.

    Nicholas Louw…ai tog.Dit is die laaitie wat al hoe meer ’spilt’ soos wat sy show aangaan…die ou met die nat kop? Kyk, hy is heel entertaining en luisterbaar,en ek dink hy sal langer survive as Bokkie.Wyl op die subject van Nicholas ‘natkop’ Louw…is hy gay? Wonner maar net…lees nou die dag in een of ander tydskrif een van sy gunsteling tydverdrywe is om ’sjokolade oor sy betse vriend te gooi’ hu carika? en dan justify hy dit met die woorde ‘want boys will be boys’…hu???kan nie onthou dat ek en met pelle mekaar ooit met sjokolade besmeer het nie…sies man

  • Dellie // August 21, 2007 at 1:00 pm

    Klink na ‘n nice song. En in my ondervinding smaak Chicken King se hoender heerlik! Hulle maak nogal heelwat geld uit my uit!

  • Platkuif // August 21, 2007 at 1:02 pm

    Rene…ek kort ‘n nuwe P.A. en jy klink sommer of jy die job goed sal kan doen…vurig en passionate…lekker!!

  • Da Mario // August 21, 2007 at 1:06 pm

    Platkuif…
    Is daai betrekking in Gauteng?

  • Platkuif // August 21, 2007 at 1:11 pm

    yip

  • René Boshoff // August 21, 2007 at 2:10 pm

    Platkuif - dankie maar nee dankie - ek dink ek sal jou binne ‘n dag soos ‘n miertjie met my duim dooddruk en na liewe Jesus toe stuur, met ‘n padkaart direk hel toe en ‘n Bok van Blerk CD onder die arm…! Lol :)

    Die punt wat ek met my hele “sabotasie” wil maak, is dat ons te vinnig ons plaaslike kunstenaars afkraak of hul in ‘n kassie vir beoordeling wil plaas! Die outjies en vroutjies van die SA musiekbedryf moet 100 keer harder werk as internasionale kunstenaars om hul broodjie op die tafel te verdien!!! Die laaste ding wat hul nodig het is ontmoediging om dit wat hul alreeds goed doen, nog beter te doen! Kan jy imagine wat dit sal beteken as almal met dieselfde passie kan ondersteun as waarmee hul kritiek lewer….!

  • Platkuif // August 21, 2007 at 3:25 pm

    oulik…so wanneer begin jy werk…Maandag,eerste ding…? ;-)

  • René Boshoff // August 21, 2007 at 3:34 pm

    You wish … !

  • Roer // August 21, 2007 at 6:16 pm

    Ag toemaar DM. Dis ok as jy nie oorspronklike “aardskuddende” idees het nie. ;-)

  • mona // August 22, 2007 at 2:03 am

    Is die Bybel feitelik korrek? Nee.
    Smaak Chicken King soos vis? Nee.
    Is Jay yummy? Ja (maar so ook is Sean - veral met die langer hare)(werk natuurlik nie vir almal nie..)

    O en Nicholis mag maar! (..split ook as hy wil!)

    René, jy praat my taal! Ons het meer soos jy nodig.

    Ek moet nou ‘n slag bed toe.

    Ciao!

  • wimpie // August 22, 2007 at 8:30 am

    ek comment te veel op ander ouens se blogs….ek het die interessante debat oor nicholis gevolg en het self ‘n stukkie oor sy onoorspronklike songs op my blog geskryf tot my radiostaSIE MY GEDWING HET OM DIT AF TE HAAL…..JY SIEN ONS HET ‘N SHOW MET HOM GEHAD WAARVOOR ONS MOES KAARTJIES, HEEL SUKSESVOL, VERKOOP HET.
    NET EEN DING WAT MY DIE MOER IN MAAK!
    hou op nicholis om ‘n bespotting van afrikaners te maak….. ander mense dink ons kan nie ons eie songs skryf nie want JY VAT ENGELSE SONGS EN SKRYF NET AFRIKAANSE WOORDE VIR DIT
    en dis my probleem…..raak oorspronklik!

  • René // August 22, 2007 at 9:13 am

    Wimpie, as jy regtig oorspronklik wil hoor, luister gerus na Arno Jordaan, Gian Groen, Chris Chameleon, Jan Blohm ens ens ens! Baie van Nicholis se songs is oorspronklike, NUWE songs! Nie eers iemand soos Steve Hofmeyr sing net oorspronlike songs nie - en hy is SA se Top kunstenaar!

    Hier bewys dit weereens die punt wat ek wil maak - gaan ons die paar covers en vertalings wat kunstenaars doen kritiseer, of gaan ons hul prys vir die oorspronklike werk waarmee hul wel ook vorendag kom en die effort wat hul insit om ons ondankbare Suid-Afrikaners te entertain? Ek dink om ‘n SA kunstenaar te wees is een van die ondankbaarste jobs wat daar is, wat die hardste werk en ‘n groot vrag opofferings vra (dis nou buiten om ‘n Sekretaresse te wees - pffft)!

    Ek dink dis oor die algemeen ons probleem as Suid-Afrikaners — dit is SOOOO maklik om te kritiseer, but on the flipside — dink ons nie eers daraan om iets goeds te sê nie!

  • JayCee // August 22, 2007 at 10:29 am

    Neewat Chicken King se hoender en daai R18 special is kick ass. Weetie hoekom dink almal dis die lower-end-of-the-market wat hul kos koop nie - dis donners lekker en waarde vir geld. Dis vis smaak …. hehe..

    Natuurlik is Jay yummy.. wat bedoel jy EDEN ?!? Het hul ook een ?

  • platterfuss // August 22, 2007 at 11:59 am

    Hehe! Verbal maagwerkings! Me like!

    Ohhh! En ek ‘laaik’ die song ook! :-P

  • Platkuif // August 22, 2007 at 1:38 pm

    Jy is reg Rene, ons mense moet ophou om die afrikaanse sangers en wannabe celebrities, dag en nag aan te val, te kritiseer en te betwyfel.Hulle verdien dit nie.Hulle is net mense.Vlees en bloed.

    Sorry Nicholas dat ek gewonder het hoekom jy graag jou pel met choclate besmeer…En of daai nat hare regtig jou eie hare is…

    Daar is baie dinge waaroor ek nog steeds wonder,oor (getroude en verloofde) sangers en hulle skelms…oor die seksuele oorwegings van sommige sangers (as jy so sterk daaroor voel,’claim’ dan jy laaik man/vrou/skaap…whatever…moenie skaam wees nie…oor ‘dodgy’ geldtransaksies en dealings…oor ‘coke’ en ander ‘habits’…ag daar is baie.Suid Afrika is ‘n klein plekkie.

    My punt is eenvoudig (en baie kort)…meeste van daai sangers ‘luv’ die celeb label…hulle leef daarvoor.Vergeet al die stories en bekentenisse dat hulle nie wil famous wees nie…strooi.Dieselfde skinderbek pers en joernaliste wat hulle so gereeld aanvat (en vice versa), is die ‘medium’ wat die spulletjie in besigheid hou en kos op die tafel sit (en weereens,vice versa).Celebrities ensanger en dies meer het skinder/rumours/verleenthede/secrets/skelms :-) en dies meer nodig om in die limelight te bly…anders is hulle boring, trek hulle geen aandag nie en sien ons (die publiek ) hulle nie raak nie.DUS, as jy kies om hoog te vlieg en in die openbaar te sing,maak jou reg om bespreek en ontleed te word…Beware…van ‘n Dewald ‘dunlippies’ Louw…tot ‘n koos kombuis en Anton Goosen…die publiek GAAN jou fyn dop, gaan jou beskinder en gaan defnitief wag dat jy effens skeef trap en die pad (tydelik) byster raak…dink ek :-)

  • René // August 22, 2007 at 2:16 pm

    Platkuif - whatever rocks your cradle boet!! ;)

  • hexi // August 22, 2007 at 2:27 pm

    Ek wil maar net sê ek like daai liedjie en ek like Afrikaanse kunstenaars en ek gaan nou maar groet want Rene wil fight en ek het nie krag nie alles is daarmee heen vandag met Platter! LOL! Nice song… batty… LOL

  • Platkuif // August 22, 2007 at 3:27 pm

    ps Rene…sien jy het nog nie ‘gepitch’ by die nuwe job nie…moes jy nie al vanoggend 7:30 aangemeld het nie? Die werk staan stil en die son trek al water…

  • karoles // August 22, 2007 at 3:57 pm

    Nee man, hoe kan hoender nou soos vis proe?? Miskien as jy ‘n paar brannas op het … lol

  • René // August 22, 2007 at 4:30 pm

    ps. Platkuif … ek hoop jy kry dan die boodskap! :)

  • 4prometheus // August 23, 2007 at 7:41 am

    Dude, natuurlik is daar aliens op ander planete en wie is Chicken King? Sover ek weet is daai ouens net so toss soos KFC. Ag nee wat, ek verkies enige dag eerder Nando’s of Chicken Licken.

    Rene, klink my platkuif like jou! ;) Moenike so kwaaitjie wees nie girl….

  • Platkuif // August 23, 2007 at 9:42 am

    More mense…

    Rene! Ons wag vi jou hier by die werk…jy is oomblikke weg van jou eerste ‘written warning’…

  • René // August 23, 2007 at 10:04 am

    O my goodness, hoe is daai vir ‘n “track record” … afgedank sonder dat jy die werk oorweeg het!!!? Lol@Platkuif !!

    4prometheus … jy dink né? Mag dit my gespaar word! pffft :roll:

  • wimpie // August 23, 2007 at 11:33 am

    rene
    ek hoor jou gaan agree to disagree met jou, ek dink net die kunstenaars wat jy noem, arno, gian, jan en bands soos skallabrak ens. kry nie airplay op radiostasies nie, en ek behoort te weet, omdat die publiek te gewoond is aan ‘n catchy tune wat jy weet jy al iewers gehoor het…..en ja jy het want dis ‘n vertaalde song….
    ouens soos nicholis wat al by die R40 000 vir ‘n show kry, behoort sekerlik iemand aan te kan stel om oorspronklike goed vir hulle te skryf!
    as hierdie ouens nie die voorbeeld stel nie gaan ons oor tien jaar sit met ‘n toeka cd van toeka se toeka treffers, eers in engels en toe in afrikaans…
    hulle maak die geld, hulle moet die verantwoordelikheid op hulle neem om te sorg dat daar oor tien jaar meer treffers is soos kinders van die wind en so aan!
    maar nou ja dis seker elkeen se keuse as jy sulke goed wil ondersteun is dit seker jou saak…. en ek verskil baie van jou dat die meerderheid songs oorspronklik is, die meerderheid kom van die euro chart af….gaan kyk maar!

Leave a Comment