Da Mario se gepraat…

Onthou jy jou drome?

November 22, 2007 · 12 Comments

Ek onthou om die een of ander rede bitter selde dat ek hoegenaamd gedurende die nag iets gedroom het.  En tog droom mens gereeld terwyl jy slaap, dis deel van die liggaam se normale slaappatroon.  Wat my laat wonder het.  Hoekom onthou sommige mense klaarblyklik beter wat hulle gedroom het?  Enige opinies hieroor??

Hoe gereeld onthou jy wat jy gedroom het, probeer jy dit soms onthou en hoe gereeld is dit iets heeltemal weirds of onrealisties?  Ek hoor graag van jou!

Categories: Sommer praat...

12 responses so far ↓

  • TristonJ // November 22, 2007 at 8:11 am

    ek onthou oor die algemeen ten minste een droom per nag, die hoeveelheid detail wat ek onthou hang maar af van my vlak van moegheid. en hulle is geneig om beide realisties en onrealisties te wees… ek droom gereeld ek kan vlieg…lol… voete van die vloeg af skop en vlieg. anders hang dit af wat ek aan gedink het voor ek gaan slaap, of wat ek die dag gedoen het.

    ek dink dit hang net af hoe diep mens slaap, ek slaap nie diep en word maklik deur die buitewereld wakker gemaak. so ek is is seker nog semi wakker in my drome en kan hulle dus onthou… nie seker maar dis al wat vir my sin maak.

  • Celéste // November 22, 2007 at 9:00 am

    Ek onthou gereeld my drome. Soms is dit oor dinge wat deur die dag gebeur het, of iets waarmee ek besig is. Soms is dit heel weird en maak geen sin nie, ander kere is dit die allermooiste en heerlikste drome. Ek droom baie van slange en ook dat ek val of ‘n trap mistrap (dan word ek met ‘n ruk wakker en bene wat in die bed rondskop!!).

    Lees gerus Sylvia Brown se book oor “Dreams”. Met genoeg oefening kan jy selfs jou eie drome leer “beheer” en leer hoe om dit te onthou.

  • Marina // November 22, 2007 at 11:06 am

    Ek het ook al gehoor van die tegniek om jou drome te beheer en onthou. Ek onthou min van my drome maar weet ek het gedroom. Ek droom al etlike jare gereeld van ‘n groot golf(soos ‘n tsunami) wat aankom en hoe ek weghardllop daarvoor!

  • mykopop // November 22, 2007 at 12:11 pm

    In die laaste tyd onthou ek min, vroeër jare bietjie meer.

    Maar die meeste van die tyd droom ek in die dag. En vergeet parytykeer wat ek gedroom het! (idees)

  • skoenlapr // November 22, 2007 at 12:36 pm

    ek kan my dagdrome onthou?? LOL … tel dit?

  • Louw de Twak // November 22, 2007 at 1:38 pm

    Hoekom onthou net sommige mense wat hulle droom?

    Of dit hang af van hoe diep jy slaap….

    Of

    Dieselfde rede hoekom sommige mense oor die algemeen nie baie goed is met onthou nie.

    Ten minste onthou ek altyd dat ek my drome vergeet…

  • BB // November 22, 2007 at 3:13 pm

    Ek het gisteraand gedroom ‘n aardbewing tref Pretoria met ‘n moerawiese force! Dit was angswekkend! Ek het in ‘n oogwink hoevéél bekendes/vriende en familie se huise gesien tot murasies intuimel. Dis die eerste keer in ‘n lang tyd dat ek wakker geskrik het uit ‘n droom en dit nou nog vividly voor my sien. Not nice! So, as die een of ander skudding binnekort plaasvind, noem my dan sommer Siener… Siener Beeps ;) Gee my dan maar eerder ‘n droom wat my met ‘n smile laat wakker word en my tog nie toelaat om te onthou wie de hel nou eintlik daai ridder op die Harley was nie… :)

  • KruidjieRoerMyNie // November 22, 2007 at 7:36 pm

    Ag nee DM. Probeer jy ons nou net besig hou? :-)
    “We know that dreams occur during the REM (rapid eye movement) part of sleep. There are several REM stages during a normal sleep pattern and each one is approximately 90 minutes long. If you happen to wake during one of these REM stages, you are more likely to remember your dream.”
    http://www.madsci.org/posts/archives/1997-03/857491798.Ns.r.html
    Ek vergeet oor die algemeen my drome, maar ek het al agtergekom as ek ‘n baie gespanne dag agter die rug het, droom ek gewoonlik ek skryf een of ander eksamen en ek het nie geleer nie. Go figure. Toe ek swanger was, het ek baie drome gehad van kinders wat ek moes iewers heen vat, dan verloor ek hulle en raak histeries. Ek dink ek was maar net bang vir die verantwoordelikheid van ouer wees.

  • Die Brein // November 22, 2007 at 9:55 pm

    EK het dieselfde probleem as jy ek onthou nie `n droom nie.Inteendeel ek glo ek droom nie.Miskien kan ek op een hand tel hoeveel drome ek al gehad het.Tel wetdreams ook?

  • skoenlapr // November 23, 2007 at 8:44 am

    LOL@Die Brein!!! sies!!!

  • TristonJ // November 23, 2007 at 10:57 am

    whahahaha

  • Da Mario // November 23, 2007 at 11:06 am

    Die Brein…
    As jy die detail kan onthou, dan dink ek tel dit ook ja… :D

Leave a Comment