Da Mario se gepraat…

Freaking “tags”…

November 27, 2007 · 23 Comments

Eish. :lol:

Ek’s veronderstel om danksy Jaco 8 dinge hier te skryf wat julle in alle waarskynlikheid nie van my weet nie, en wat ek  nie omgee om te deel nie.  Dis so paar maande terug ook gedoen, maar ek gaan nie nasty wees nie en saam speel.  So here goes:

1.) Ek’t nog nooit met ‘n lelike girl uitgegaan nie.  Sommige mense mag dalk verskil en my probeer vertel dat daardie een seluliet het of ‘n ander een se borste is te klein, maar ek verskil.  True beauty is baie meer as net dit…

2.) Ek gril myself besimpeld vir spinnekoppe, paddas, spinnerakke, wurms, muise en watte.

3.) Ek is al teen 187km/h gevang op die N4.  Die saak is uit die hof gegooi.

4.) Ek het eendag ‘n krieketbal 96m ver deur die lug geslaan.  Dit was die grootste 6 van my lewe.

5.) Ek slaan golfballe gereeld redelik reguit 270-280m met my Ping G5 drywer.  I just love it!!

6.) Ek hou nie van feministe nie.  Sorry.

7.) Ek dink “The Hitchikers Guide to the Galaxy” is een van die interessantste boeke ooit.

8.) Ek hou daarvan om kareoke songs te gaan sing…. dis damn bevrydend!

 Nou gaan ek nie iemand “tag” nie, so vergewe maar! Of nee wag, ek “tag” die volgende: Anja, TristonJ, Louisa en Steve.  Ek los vir julle kommentaar op julle blogs… Suffer!! Whahahahaha!!!

Categories: Sommer praat...

23 responses so far ↓

  • René // November 27, 2007 at 11:38 am

    Ek het jou ook getag!! Lyk my te laat! :(

  • René // November 27, 2007 at 11:40 am

    Whahahahahaha – ek lag nogsteeds oor die gril vir watte ene!!! hehehehe!! :mrgreen:

  • platterfuss // November 27, 2007 at 11:42 am

    Kry vir julle!!! LOL!!!

  • Jaco // November 27, 2007 at 11:54 am

    Ek is bleddie jammer. . . :mrgreen:

  • Da Mario // November 27, 2007 at 12:03 pm

    LOL, ja Jaco… ek is doodseker! :lol:

  • Jasper // November 27, 2007 at 12:12 pm

    Man, Roer het my ook “ge-tag” maar ek sluimer nog in besluitloosheid oor wat om te griffel….

  • Da Mario // November 27, 2007 at 12:18 pm

    Nooit nie man, ek’t hierdie geskryf in 10 minute! ;)

  • Dellie // November 27, 2007 at 12:33 pm

    Gril vir watte? Nou het ek ook alles gehoor! :lol:

  • Kobus Coetzee // November 27, 2007 at 12:34 pm

    Freaking “tags”…
    (Da Mario en Jaco en ‘n hele paar ander het my convince om saam te speel!)

    Ek’s veronderstel om danksy Jaco en Da Mario 8 dinge hier te skryf wat julle in alle waarskynlikheid nie van my weet nie, en wat ek nie omgee om te deel nie. Ek maak dit toe maar 15!

    1.) Ek het nog net twee ernstige verhoudings in my lewe gehad, en albei het taamlik stormagtig geiendig. Albei was pragtig (van binne en buite), en albei het my beskuldig dat ek ‘ work-o-holic” is (Hmmm – ek verskil natuurlik heeltemal van hulle opninies…);

    2.) Ek het ‘n doodse vrees vir slange (om een op TV te sien is genoeg om my nagmerries te laat kry), Roman Spinnekoppe en Rotte.

    3.) Ek het al ‘n spoedboete van R3000 gekry in KZN nadat ek na bewering 181km/h in ‘n 120km/h gery het. Ek dink hulle het vir my gelieg;

    4.) Tot my skande het ek eenmaal die voorblad van Volksblad gehaal, nadat ek ‘n klein verskilletjie met ‘n sakevrou van Welkom gehad het, in die openbaar. Dis was my taalgebruik wat die koerant interesseer het (ek kan steeds nie onthou wat ek vir haar geskree het nie);

    5.) Ek was ‘n groot golfspeler to my pa nog gelewe het, met ‘n voorgee van net 4! Dis was so 10 jaar terug, en het sedert sy dood, nog nooit weer golf gespeel nie;

    6.) Ek hou nie van “small talk” nie, en maak myself gewoonlik vinnig uit die voete;

    7.) Ek dink “Power Within” is een van die beste boeke ooit.

    8.) Ek kan glad nie sing nie, sal Karaoke nie eers oorweeg nie, en is lui vir lees. Ek lees wel graag Biografiee, maar nooit ‘n storieboek nie – dit verveel my moerse. Behalwe biographies lees en shampoo bottel labels. Het julle al gesien mens moet volgens die vervaardigers jou hare drie keer was elke keer? Seker dat jy meer shampoo gebruik?;

    9.) Ek drink glad niks behalwe rooiwyn en whiskey nie (omdat ek op varsity 9 dae siek was van brandewyn en straw rum wat seniors my keel af forseer het!), en die reuk van drank maak my naar! Studente kon nie Whiskey bekostig nie, en dus was ek nooit siek van dit nie.

    10.) Ek haat dit om op seesand te le!

    11.) Ek eet niks wat familie van kool is nie (spinasie, brussel sprouts, blomkool, brocolli);

    12.) My favourite sit-com van lle tye was 3rd Rock from the Sun met Dick en Sally Solomon!

    13.) My favourite kos is Pizza en Pasta (en sal graag op dit wil lewe!)
    14.) Ek het nog nooit iets geslag om te eet nie. Gross! Ek sal nie eers ‘n vis kan slag nie!

    15.) Laaste maar nie die minste nie: ek het twee keer ‘n aanranding saak teen my gehad, waarin ek onskuldig bevind was…

    Hehe.

    Groete.

  • Jaco // November 27, 2007 at 12:48 pm

    As jy 280m kan dryf, en nog die bal op die fairway hou, dan is ek nou jammer EN jaloers.
    Moer en soek is meer beskrywend van my golfspel

  • skoenlapr // November 27, 2007 at 1:10 pm

    LOL!! Kobus Coetzee, was die 2 aanranding sake van die 2 ernstige verhoudings wat jy gehad het?? LOL

  • TristonJ // November 27, 2007 at 1:27 pm

    dis nie so blerrie maklik om 8 dinge te vind oor myself wat ek nog nie oor geskryf het nie!!

  • BB // November 27, 2007 at 1:36 pm

    Dis nou boring! Wat van jy vertel iets van ‘n ander Blogger wat ons nie geweet het nie, dan tag jy hom/haar en dan is dit hulle beurt om so aan te gaan?!?! :)

  • Da Mario // November 27, 2007 at 1:54 pm

    Kobus…
    Ek’t nog nooit die voorblad van die koerant gehaal nie, maar indien ek ooit doen kan jy verseker wees dit sal wees vir iets veel ergers as die rede waarvoor jy hom gehaal het!
    Ek hou maar eerder van my anonimiteit! :lol:

    Jaco…
    Ek laaik afshow ook. Kom eendag saam driving range toe… :D

    Skoenlapr…
    Whahahaha!! Bleddie skerp! :mrgreen:

    BB…
    Jis, daar is nou ‘n interessante angle op die storie…. ;)

  • oopkop // November 27, 2007 at 2:56 pm

    Baie interessante angle. ;)

  • boerinballingskap // November 27, 2007 at 3:04 pm

    Jammer dat ek nou “one better” moet gaan. Ek is eenkeer teen 191km/h gevang en moes ‘n boete van R600 betaal (my gladde bek help altyd).

  • Da Mario // November 27, 2007 at 3:13 pm

    BiB…
    Nee wat, dis mos nie jou skuld jy het vinniger gery nie!! Bly die boete was so klein! ;)

  • mtweazl // November 27, 2007 at 9:05 pm

    Dagse mense! Ek dog ek sal maar ook iets te se he. Al hierdie bohaai oor spoed?! Ek is seker meeste van ons het meer beheer (nugter) oor ons voertuie op hoe spoed, as baie van daardie tipies vlentergat wrakke wat die volk op die paaie hou. Vir die golf ouens…Toyota wil my ernstig begin borg…want… as ek golf speel…”everything keeps going right”

  • Tag! Tag! Tag! Tag! « 123 Blog Myself // November 28, 2007 at 1:20 am

    [...] lastly, the two three tags of 8 things. one by Jo-Ann and one by Da Mario and one by Marius: (also I’m going to try and not tell you the same stuff I told you last [...]

  • mykopop // November 28, 2007 at 2:57 pm

    Kan mens Karaoke sing as jy heeltemal nugter is?

  • mtweazl // November 28, 2007 at 7:31 pm

    Mykopop: Die vraag is nie of jy kan nie maar of jy wil! Peroonlik sal ek nie ander wil onderwerp aan my stem (gepatenteer om verf van mure af te skraap) nie.

  • TristonJ // November 29, 2007 at 9:37 am

    ek sal self ook nooit ander mense aan my stem bloodstel, maar DM kan sing om mee te begin!

  • 1renier1 // February 18, 2008 at 11:09 pm

    hi almal wie wil met my chat?

Leave a Comment