Ek het gedink die slot episode van Grey’s Anatomy was glad nie te sleg nie. Preston Burke het nou wel nie met Christina getrou nie (en sy Ma is ‘n idiot), maar ek dink dit was die beste besluit van sy lewe. Issy (is sy nie gorgeous nie?) het vir George O’Malley vertel sy is verlief op hom (nadat hulle so ruk terug “per ongeluk” saam geslaap het) terwyl hy en Dr. Torres besluit het om te probeer swanger raak en hy sy internship gepluk het. Die “Nazi” was hartseer omdat sy nie die nuwe hoof geword het nie en Derick het die pos decline nadat hy gekies is. Sy eks-vrou, wat natuurlik een van die aantreklikste girls in die hele storie is, was vir my brilliant, maar is ook nie gekies nie. Die Chief se vrou was swanger en het ‘n miscarridge gehad, maar hulle het mekaar ten minste gevind en sy het geweet hy was nog altyd werklik lief vir haar, ten spyte van alles. En Meredith Grey…. wel sy was bloot net wreed met Derrick, ek het nog nooit veel erg aan haar gehad nie, glad nie my tipe van girl nie. Rebecca het so mooi gevra vir ‘n rede om te bly en nie terug te gaan na haar man nie maar kon nie een kry nie, want haar dokter dude het gedink hy weet nie meer wie sy is nie. Hy het besef hy was verkeerd, maar was te laat om iets daaraan te doen.
Ek is mal oor Grey’s Anatomy gewees. Wat ‘n brilliant series was dit nie!
Op daardie noot, wat beteken vryheid vir jou? Ek glo nie jaloesie in verhoudings werk nie, dit versmoor en druk die verhouding dood met tyd. Ek glo in vryheid en vertroue. As jou meisie werklik joune is sal sy bly en dit nie misbruik nie. En as sy gaan en is werklik joune, sal sy terugkom. Anyways, ek kan nie juis vir myself praat nie want my situasie is anders op die oomblik, maar wat is jou opinie? Deel dit gerus! Hoe groot plek het jaloesie in verhoudings?
27 responses so far ↓
SHARKS // December 5, 2007 at 8:52 am
JALOESIE maak van ‘n mens net ‘n leliker persoon!!
Ek groet jou ook, ek is nou so lui hier waar ek sit, ek kan skaars dink wat om te comment.
Julle moet lekker werk, ek sal aan julle dink as ek so lekker op die strand lè en niks doen nie!!
GESEèNDE KERSFEES en ‘n WONDERLIKE 2008!
Da Mario // December 5, 2007 at 9:02 am
Hoe jaloers is ek nou…
Geniet daai vakansie!
Celéste // December 5, 2007 at 9:15 am
Nee wat, daar’s nie plek vir jaloesie in ‘n verhouding nie. Dit gaan oor vertroue. En as jou maat jou nie kan vertrou nie is daar nie meer veel van die verhouding oor nie.
Louw de Twak // December 5, 2007 at 9:50 am
Miskien ‘n bietjie GESONDE jaloesie? As mans op ‘n funksie met my meisie “flirt”, sal ek een, gevlei voel dat sy saam met my is, en twee, bietjie jaloers wees omdat sy die skoot hondjies vermaak met haar glimlag. Gesonde jaloesie?
skoenlapr // December 5, 2007 at 10:04 am
Jaloesie is ‘n siekte …
Vryheid in ‘n verhouding is soos om te bungyjump met die tou stewig om jou enkels. Jy weet tot waar jy ‘mag’ gaan, jy weet daar is iemand op wie jy volkome kan vertrou …
kyk biki op my blog waar ek gaan vakansie hou …
René // December 5, 2007 at 10:05 am
Da - jy weet wat hulle sê van “jealousy makes you nasty”!
Louw - die lekkerste van daardie tipe jaloesie waarvan jy praat, is dat jy met ‘n breë bors en ‘n groot smile op jou bakkies weet dat jy saam met daai girlie huistoe gaan en dat van almal wat sy moontlik kon kies - sy JOU gekies het!!
Ek dink jaloesie is die groot evil van ons tyd en die oorsaak van baie slegte, verkeerde dinge - nie net noodwendig in ‘n verhouding nie - maar oor die algemeen in die samelewing ook!!
Da Mario // December 5, 2007 at 10:40 am
Rene…
Die feit dat sy saam met jou huis toe gaan beteken nie altyd veel nie. Baie kere hou sy op met glimlag en borrellend wees die oomblik as sy saam met jou in daai kar klim….
Celéste // December 5, 2007 at 11:00 am
Nee maar dan is sy maar ‘n regte “tert” (verskoon die woord) en kon jy haar maar net sowel op die party agtergelaat het.
TristonJ // December 5, 2007 at 11:01 am
jalosie is n slegte ding… werk byde kante toe… maar dit is nie die vraag. almal is n biekie jaloers en as jy sê jy is nooit lieg jy! of jy gee nie genoeg vir die persoon saam met wie jy is om dat dit saak maak nie. dit is wat mens met die jalosie doen wat die verskil maak, as jy toe laat dat dit jou elke gedagte beheer dan is dit n slegte ding….
René // December 5, 2007 at 11:34 am
Celéste - nou praat jy my taal!!!
neykie // December 5, 2007 at 12:39 pm
Jaloesie is ‘n werklikheid in enige verhouding- moet dit net nie te ver dryf nie , want jy kan dalk net die persoon verloor.
“To have someone is to know that love beholds all human anatomy”
Louw de Twak // December 5, 2007 at 1:02 pm
Da Mario:
En as sy nog groter smile as sy in jou kar klim, is dit nie noodwendig omdat sy bly is nie. Sy lag omdat jy al weer jou lunch-box op die sitplek vergeet het…
ding // December 5, 2007 at 1:12 pm
TristonJ, ding se nommers loop in die rigting wat jy praat.
Sorry, wanneer ding liefhet, dan IS ding jaloers. My goedjies my goedjies. (.)
Inderdaad is die bepalende faktor hier hoe manman reageer op die impuls van jaloesie…
Da Mario // December 5, 2007 at 1:37 pm
Louw…
Ek stem saam “gesonde” jaloesie is okay, ek gebruik dit soms om die girlies op hulle tone te hou!
Die ding is as hulle ophou smile, het jy reeds die battle verloor. Move on is dan die beste…
TristonJ // December 5, 2007 at 1:40 pm
lol @ ding… bly iemand stem saam.
Da Mario // December 5, 2007 at 1:43 pm
Die feit dat iemand saamstem maak julle natuurlik nie noodwendig reg nie….
TristonJ // December 5, 2007 at 1:50 pm
whahahaha niemand hoef saam te stem vir my om reg te wees… ek weet ek is!

Da Mario // December 5, 2007 at 1:53 pm
Wel, toevallig is jy in hierdie geval reg…
TristonJ // December 5, 2007 at 2:46 pm
ek moet so nou en dan reg wees! anders is dit nie die moeite werd om my sê te sê
Dellie // December 5, 2007 at 3:37 pm
Jaloesie kan gesond wees tot op ‘n punt… en dan raak dit scary!
Om passievol lief te wees vir iemand(e) « Vlermuis en kat // December 6, 2007 at 8:54 am
[...] ‘n nuwe een. En gan almal jaloers raak op mekaar en ‘n klein oorloggie begin? (Verwys: DMario se post) Ek wonder oor hierdie goeters, want dit lyk vir my of liefde beperk word… al dan [...]
kat // December 6, 2007 at 8:55 am
Ek wens wens wens wens wens X 20000, dat mens onbeperk kan liefhe sonder jaloesie. Dat jaloesie die outcast sal wees. Maar eks net ‘n kat, en liefde is kompleks. Katastrofies, rerig.
Jasper // December 6, 2007 at 10:26 am
Die miesies kan kom en gaan soos sy wil en uitgaan as sy wil.
Sy moet net nie sê sy is 8 uur by die huis en dan val sy half 9 by die deur in en haar selfoon is af nie….. (Dis nie jaloesie nie, dis onontbeerlike stress as ek nie weet waar sy is nie en die selfoon is af….)
brandkos // December 6, 2007 at 12:46 pm
Jaloesie raak vir my lelik as dit ‘n element van vrees het, m.a.w. as jy bang is jy verloor jou partner. Of het jaloesie altyd ‘n element van vrees?
Om terug te kom by Grey’s Anatomy… dit was baie cool dat Burke besluit het om nie met Christina te trou nie. Maar dis vir my jammer dat dit die einde van hul verhouding is. Beteken dit dat verhoudings moet eindig as ‘n mens nie ‘n ring aan die vinger wil hê nie? Wil ‘n mens nie maar net ‘n ring aan die vinger hê omdat jy (weer eens) bang is nie?
René // December 6, 2007 at 2:24 pm
Brandkos - baie interessante stelling wat jy maak! Dit laat mens nogal wonder…! Da, voel jy nie ‘n post oor brandkos se vraag (Beteken dit dat verhoudings moet eindig as ‘n mens nie ‘n ring aan die vinger wil hê nie? Wil ‘n mens nie maar net ‘n ring aan die vinger hê omdat jy (weer eens) bang is nie?) aankom nie?? Ek sal graag jou opinie daaroor wou hoor!
Nina // December 6, 2007 at 4:20 pm
hi daar… ek is natuurlik baie hartseer dat grey’s anatomie nou tot ‘n einde gekom het, dit is een van my gunsteling series. op die ou end is dit nogal ‘n goeie vraag wat nelly vra. (why do all good things come to an end) met baie dinge.
geniet jou dag
Da Mario // December 6, 2007 at 8:10 pm
Kat…
Ek wens ek het jou geken!
Brandkos en Rene…
Ek sal ‘n post skryf oor my opinie.
Nina…
Ek het eendag ‘n vriendin verloor en ook gewonder hoekom alle dinge tot ‘n einde kom. Sy wou nie langer met my vriende wees na haar keuse nie, ek verstaan nie hoekom nie.
Dis lekker om van jou te hoor…
Leave a Comment