Da Mario se gepraat…

Hey there Delilah…

January 10, 2008 · 76 Comments

Ons liefde het gekom en gegaan soos ‘n Hoëveldse donderstorm. Ek het gelag en jy het ge-smile… dit het gehou vir ‘n rukkie en my later herinner dat mens nie werklik weet wat dit is wat jy het voordat jy dit nie alles verloor het nie.
Luister na die donderslae van daai storm my skat, luister na die musiek wat speel in my hart, luister hoe my hart breek elke keer wat jy omdraai en loop, luister na die hartseerliedjie van die donderslae terwyl jy wegdryf… hoor die trane val elke keer as jy weereens omdraai en net loop.
Daar waai ‘n koel aanluggie en dit rëen saggies, kom kyk hoe swaai die langgras hier buite my venster, dit vat die koue uit die lug en ek luister na die laaste liedjie van die storms in my hart. Ek sal my tyd alleen spandeer en jou uit my gedagtes hou want dis die opgelegde vonnis wat ek moet uitdien, maar ek weet dat daar oomblikke gaan wees dat ek uitvind ek is nie so sterk soos ek gedink het ek is nie. En dan gaan staan en kyk ek en sien jou daaronder teen die rivier tussen die Wilgebome en jy is verlief op daardie donderslae, dis musiek wat jou skoonwas en wegvoer van my alweer… altyd alweer…
Hoor jy die donderslae my skat, hoor jy die musiek van jou hart? En hoor jy hoe breek myne elke keer as jy omdraai en loop, luister na daai hartseer liedjie soos jy die trane hoor val sodra jy wegloop van jou hart.
Ek het die rivierboot sien instoom, gesien hoe draai daai wiel en ek het gedink aan jou terwyl sy fluitjie blaas. Ek kan nie my besluit ongedaan maak nie, ek kan nie iets verander nie en ek het altyd geweet dat jy sou gaan maar dis ‘n keuse wat ek so lank gelede alreeds gemaak het. Dan draai jy om en jy loop… jy loop huiswaarts….
Hoor jy die trane soos jy gaan? Hoor jy die donderslae??

“Hey There Delilah” - Plain White T’s

Hey there Delilah
What’s it like in New York City?
I’m a thousand miles away
But girl, tonight you look so pretty
Yes you do
Times Square can’t shine as bright as you
I swear it’s true

Hey there Delilah
Don’t you worry about the distance
I’m right there if you get lonely
Give this song another listen
Close your eyes
Listen to my voice, it’s my disguise
I’m by your side

Oh it’s what you do to me
Oh it’s what you do to me
Oh it’s what you do to me
Oh it’s what you do to me
What you do to me

Hey there Delilah
I know times are getting hard
But just believe me, girl
Someday I’ll pay the bills with this guitar
We’ll have it good
We’ll have the life we knew we would
My word is good

Hey there Delilah
I’ve got so much left to say
If every simple song I wrote to you
Would take your breath away
I’d write it all
Even more in love with me you’d fall
We’d have it all

Oh it’s what you do to me
Oh it’s what you do to me
Oh it’s what you do to me
Oh it’s what you do to me

A thousand miles seems pretty far
But they’ve got planes and trains and cars
I’d walk to you if I had no other way
Our friends would all make fun of us
and we’ll just laugh along because we know
That none of them have felt this way
Delilah I can promise you
That by the time we get through
The world will never ever be the same
And you’re to blame

Hey there Delilah
You be good and don’t you miss me
Two more years and you’ll be done with school
And I’ll be making history like I do
You’ll know it’s all because of you
We can do whatever we want to
Hey there Delilah here’s to you
This one’s for you

Oh it’s what you do to me
Oh it’s what you do to me
Oh it’s what you do to me
Oh it’s what you do to me
What you do to me.

Los gedagtes…
1.) Who was it that said: “No matter how bad you feel, guilt only makes it worse”?
2.) Ek’s nie regtig ‘n “womeniser” nie, maar die beeld is soms baie nuttig.  Dit steek die pyn so goed weg…

Categories: Sommer praat...

76 responses so far ↓

  • TristonJ // January 10, 2008 at 6:40 pm

    *sug* so nou en dan… net plain *sug*

    ja dit steek die pyn weg… wens soms ek het ook so n masker waar agter ek kan skuil…

  • Da Mario // January 10, 2008 at 6:52 pm

    TristonJ…
    Ek’s so bly jy is nie meer “spam” nie!! En hoekom net ‘n *sug*? En die masker my skat dra ek nie by die mense vir wie ek omgee nie, so hy is nie so vreeslik nuttig altyd nie…

  • sonkind // January 10, 2008 at 6:59 pm

    En daai masker van jou werk so goed. Ek het eers onlangs uitgefigure jy is eintlik ‘n sweetie pie - met alle respek gesê hoor. En sonder bybedoelings, want ek is na 12 jaar nog net so vrek verlief op my eie man :lol:

  • TristonJ // January 10, 2008 at 7:02 pm

    die sug is want dis mooi! sad maar vrek mooi! die masker wat ek soek is ook een wat ek voor vreemdeling kan dra, vir die wat ek om gee het ek niks om weg te steek nie… maar so nou en dan wens ek my pyn was nie so duidelik vir ander mense nie.

    Sonkink, hy IS sweet! beter as sweet… met so bietjie sout in ;)

  • Da Mario // January 10, 2008 at 7:07 pm

    Whahaha Sonkind!! Ek sien darem nie bybedoelings in alle opmerkings wat girls maak nie! So… thanks vir die kompliment! ;)

    TristonJ…
    Thanks eerstens en tweedens… die enigste masker wat ‘n girl nodig het is ‘n mooi glimlag en takt. Jy’t reeds albei.

  • TristonJ // January 10, 2008 at 7:17 pm

    sien te sweet vir jou eie goed…lol… altyd n plesier!

  • Da Mario // January 10, 2008 at 7:32 pm

    Thanks vir daai talk gisteraand/nag en dat jy altyd luister. Dit het my baie goed gedoen al het jy dit nie geweet nie.
    Slightly off subject, ek dink dis een van die measures van ware vriendskap, die bereidwilligheid om te gee sonder om terug te verwag. Ek probeer dit altyd doen en jy maak dit easy.
    Natuurlik help dit dat ek altyd te sweet is vir my eie goedheid… :lol: …hopelik is daar nie te veel drawbacks aan smoothness nie! :mrgreen:

  • TristonJ // January 10, 2008 at 7:55 pm

    my ore is altyd oop en my skouers giwillig! and smooth is the way i like it ;)

  • Jasper // January 10, 2008 at 8:20 pm

    DA
    Dis powerfull stuff!!

    delilah…
    hmmmm….

    Black Daliah miskien!?

    Ten minte is Delilah se geskiedenis eensoortig..

    Ek hoop regtig jy key waarna jy hunker!!

  • Jasper // January 10, 2008 at 8:20 pm

    kry bedoel ek.

  • Da Mario // January 10, 2008 at 8:26 pm

    Thanks Jasper… ;)

  • mykopop // January 10, 2008 at 8:36 pm

    Huh-uh, ek ken nie daai Delilah nie, net Tom Jones s’n en “Samson & Delilah” van Middle of the Road. Mooi geskryf.

  • Da Mario // January 11, 2008 at 7:41 am

    Mykopop…
    Hierdie (Hey there Delilah) is actually een van die gewildste liedjies van 2007 gewees… probeer dit iewers luister. Jy sal amazed wees, dis beautiful!

  • neykie // January 11, 2008 at 8:10 am

    dit is beatiful, die post en die song- gee my koue rillings as hy op die radio begin speel.

  • platterfuss // January 11, 2008 at 8:31 am

    OK! Ek’s pisserig vandag…… en nou kom jy nog hiermee!!!!

    En….. ek VREK oor die song……. Stuur tissues asap!

  • Mandi // January 11, 2008 at 8:38 am

    Help my gou! Kan my x my kinders dwing om na hom toe te gaan vir die naweek as hulle nie wil gaan nie??? Wetlik?

  • Da Mario // January 11, 2008 at 8:41 am

    /me pos vir Platty ‘n box tissues…

  • jeven // January 11, 2008 at 8:46 am

    Ek vrek oor daai song! en met hierdie weer saam gryp ek ook na die tissueboks!
    Thanks DM, nice post!

  • Da Mario // January 11, 2008 at 8:46 am

    Mandi…
    As dit in julle skikkingooreenkoms staan dat hy geregtig is op sekere naweke dan kan niemand hom verhoed om sy kinders oor die naweek te sien nie. So in wese, ja hy kan hulle dwing. Wetlik.
    Die vraag is egter hoekom hy hulle sal wil dwing of nodig vind om dit te doen en hoekom hulle nie wil gaan nie en hoe oud is hulle? Ek sou dink dat hy sal verstaan dat kids soms bietjie moeilik is, maar dis ‘n baie moeilike issue. As Ma dink ek jy kan hier ‘n groot rol speel om vir jou kinders te verduidelik hoe dinge werk en hom help om hulle te oortuig. Afhangend van die omstandighede natuurlik.
    Maar as jy nie tyd het vir jou ex nie gaan jou kids ook nie tyd vir hom he nie. Is dit die moeite en pyn werd?

    Jeven…
    Thanks Jenny! ;)

  • René // January 11, 2008 at 8:51 am

    Oi - die stukkie wat jy geskryf het is baie baie sad Da - ek raak sommer hartseer vir jou part … maar dis mooi dat jy so daaroor dink en daardeur werk, dit doen tog op die ou end mens se hart goed! Ek weet dit sal weer beter gaan met jou - jy is mos jou ma se sterk kind (niks persoonliks Celéste! - hehe) - jy sal OK wees, ek weet!

    Is dit nie sad dat mens jou pyn agter maskers moet wegsteek omdat jy bang is vir wat “die mense” dalk mag dink of sê nie? Party mense steek daardie pyn so diep weg vir ander, dat hulle bo-oor dit leef met die hoop dat dit net self sal verdwyn! Jy moet deur die motions gaan om dit verwerk nie - dis deel van die heel-word proses!! Ek sê nie loop heeldag met jou hart op jou mou en ‘n lang gesig rond nie, maar baklei met daardie pyn en probeer iets positiefs daaruit haal - al is dit dan net vir die wete dat jy ten minste PROBEER het!!

    Jislaaikit - Hey there Delilah is toevallig vir my ook ‘n BAIE SPESIALE song - een wat my hart met ‘n punt laat trek… ;)

  • Da Mario // January 11, 2008 at 9:03 am

    Rene…
    Jip, dis ‘n stunning song! Dit het net vir my mooi gepas by die stukkie voor dit en ek dink ook die musiekvideo is net so great.
    Ja jong, die skrywery doen mens se hart goed. Terapie vertel ek jou… :)

  • René // January 11, 2008 at 9:08 am

    Jy sê daai dêng!!!

    Mind you - ek het nog nie eers die musiekvideo gesien nie, sal so bietjie channel hopping moet doen!!

  • Celéste // January 11, 2008 at 9:10 am

    René (#20)

    Hy is my ma se sterk kind, ek is die mooi een (hie-hie)!!

  • Mandi // January 11, 2008 at 9:17 am

    Die ding is, hulle was die hele desember vakansie by hom en hy het die een sondag teruggebring, die ander een eers dinsdag aand. Ek het nie tyd vir my x nie, maar ek maak dit ook nie hulle probleem nie.

  • Da Mario // January 11, 2008 at 9:32 am

    Wel, sterkte Mandi!

  • BB // January 11, 2008 at 9:35 am

    Daai woorde van jou is ook ‘n song op sy eie DM, ‘n STUNNING een daarby!!

  • Da Mario // January 11, 2008 at 9:40 am

    Jip.. is dit nie net nie…

  • Dellie // January 11, 2008 at 9:42 am

    Daar gaan my make-up! Mooi post en ‘n stunning song.

  • Wessel // January 11, 2008 at 9:43 am

    Rene/Da Mario Enige iemand: Hoekom “link” die curser net party mense (die name in groen) na jou site, maar nie die wie se naam in swart verskyn nie?

  • Da Mario // January 11, 2008 at 9:49 am

    Wessel…
    Die wat verskyn in swart sit nie hulle internet adres in die spasie gemerk “website” by as hulle ‘n comment los nie. Die in groen doen wel. ;)

  • Dellie // January 11, 2008 at 9:56 am

    Wessel, jy moet jou site se url insit as jy comment.

  • 11 things // January 11, 2008 at 9:58 am

    Is myne nou groen?? :)

  • mt.weazl // January 11, 2008 at 10:03 am

    !! things…ek kan bevestig joune is nou groen…Die vraag is…is myne?

  • Da Mario // January 11, 2008 at 10:07 am

    Ja julle tweetjies het nou ook links na julle site!! :D

  • mt.weazl // January 11, 2008 at 10:49 am

    Baie dankie! Ek dink my domgeit is a.g.v. die probleem dat die grys-stof nou vanaf my brein migreer na my hare! Hehehehe

  • sexyogies // January 11, 2008 at 10:55 am

    Mandi,
    Ai toggie dis baie moeilik!! Ek kan net vir jou sê sterkte en dat ek aan jou dink!

    x

  • sexyogies // January 11, 2008 at 10:56 am

    Stunning song … stunning post!! Dis een van daai wat ‘n mens hoendervleis gee en jou sprakeloos maak. Die weer, jou post, die afgelope paar uur in my lewe is genoeg om my ook na tissues te laat gryp!!

    Platter … dalk moet ons die kleenex fabriek gaan beroof!!

  • Wessel // January 11, 2008 at 11:06 am

    Sexyogies: Onthou net dat mens getrou bly aan jouself. Getrou aan hoe JY voel. Getrou aan wie JY toelaat in jou lewe. Getrou aan jouself…om oor te begin…om weer te begin…om te erken as jy verkeerd/reg was. Lirieke uit “Chess” Barbara Dickson en Elaine Paige sing dit…”no one is completely on your side”. Dink daaraan.

    Onthou net…hoe seerder die gal-swart-pyn in jou binneste is…hoe saliger die vrede-maak wat volg. Al is dit nou net vrede in jouself.

  • sexyogies // January 11, 2008 at 11:18 am

    Wessel … dankie vir die mooi woorde!!! Ek dink ek vertrou te gee … As ek gee, gee ek 100% … hoe kan ek dan niks terugverwag nie DM? Jy sê ‘n mens moet net gee en jy sal terugontvang … so as jy nie terugontvang wat maak jy dan??

  • René // January 11, 2008 at 11:34 am

    (39)
    sexyogies
    my beskeie opinie sal wees … die kuns van “terugontvang” lê juis daarin dat jy gee, maar NOOIT verwag iets moet terugkom na jou toe nie! As daar iets terugkom na jou - waardeer dit en aanvaar dit as ‘n bonus! In kort — GEE NET ONVOORWAARDELIK!!!

    (Sien, dis waar balans in ‘n verhouding/vriendskap inkom - want as albei 100% gee, ontvang albei ook outomaties 100%!)

  • Da Mario // January 11, 2008 at 11:37 am

    Ogies…
    As jy nie terug ontvang nie is die persoon nie jou vriendskap werd nie en dit behoort fine te wees, ten minste spaar jy jouself baie toekomstige hartseer. Maar jy mis ook die punt so effe, gee sonder om enige iets terug te verwag. Ek het nooit gese jy sal ontvang nie, ek het gese goeie vriende sal niks terug verwag nie.
    En onthou, daar is ‘n verskil tussen vriende en verhoudings. Either way, as jy nooit iets terug kry nie is dit die einde van die vriendskap of die verhouding. As iemand nie tyd maak vir jou nie, hoe kan jy hulle ooit wil vertrou met jou hart? Jy vra mos om seer te kry… sny daai ja-broers uit jou lewe.

  • Da Mario // January 11, 2008 at 11:39 am

    Rene…
    Jy slaan die spyker op die kop! What a great girl…

  • TristonJ // January 11, 2008 at 11:39 am

    oogies. dit is dan up to you om te besluit of die gee jou meer werd is as die vriendskap? om onvoorwaardelik te gee betek om nie om te gee of jy terugkry. as jy om gee, is die vriendskap mostlikely nie vir jou worth it…

  • 11 things // January 11, 2008 at 11:44 am

    In friendship and relationships we give to receive. You can only give so much and never receive in return the same quantity or quality before you’re gonna give up. It might not be the spiritual thing to do, but it’s human!

  • TristonJ // January 11, 2008 at 11:48 am

    (43) sh%t dit lyk nou net nie reg nie doen dit… waarlik nie reg uit gekom nie!!

  • sexyogies // January 11, 2008 at 11:49 am

    Hmm … 11 things. Well said ;-)

    DM, TristonJ en René … dalk is dit wat ek moet doen …. om net te let go. Dalk is die persoon my nie werd!!!! En ek sê dit nie omrede ek te veel van myself dink nie … ek sê dit omrede ek moeg is om energie te mors op ‘n ja-broer (soos DM dit stel) vriendskap …

  • Kobus Coetzee // January 11, 2008 at 12:04 pm

    ‘n Mens moet versigtig wees om nie so vas te klou aan iets of iemand, dat ‘n mens te blind raak om die die situasie te verstaan nie. En mens moet nooit energie mors nie, veral nie as dit oor ‘n mens se hart gaan nie.

  • Da Mario // January 11, 2008 at 12:06 pm

    Ek kan eerlik se ek het wonderlike vriendinne, en nie een van hulle het my al ooit laat sleg voel of laat huil nie. Dis die tydelike unhappiness werd om daai ouens wat nie aan jou standaard voldoen nie te laat gaan.
    Dink daaraan, jy’s ‘n great girl. Ek is seker jy kan kies en keur uit ouens wat jou wil date. Raak vriende met hulle, hou die goeies en stuur die swakkes. Jy is meer werd as een of ander ou se wispelturigheid.

  • sexyogies // January 11, 2008 at 12:08 pm

    DM

    Hey, wie sê dit gaan hier oor ‘n man?? Anyway, tyd sal leer ….

  • Da Mario // January 11, 2008 at 12:10 pm

    Kobus…
    Het jy nie ‘n avatar op WordPress nie? Of is my rekenaar net bietjie gekonk?
    En jy is doodreg, mens moenie tydmors oor hartsake nie…

    Right, nou sien ek weer jou prentjie… moes die simpel computer gewees het!

  • sexyogies // January 11, 2008 at 12:14 pm

    Kobus,
    Energie mors … miskien kan ek hier ‘n paar dinge by Eskom leer en load shedding in my lewe toepas.

  • Celéste // January 11, 2008 at 12:14 pm

    Daar is “iemand” vir wie ek baie lief is. Ek hoor nie altyd persoonlik baie van “iemand” nie, maar wanneer ek wel van “iemand” hoor, is dit meerendeels vir ‘n spesifieke rede. Dit maak so ietwat seer, alhoewel ek, sonder om te huiwer, altyd sal help. Miskien moet ek van my kant meer doen en die een wees wat eerste bel…………….

  • Da Mario // January 11, 2008 at 12:15 pm

    #49
    Sorry, my bad. :oops:
    Ek het die woord “ou” maar generies gebruik. Either way, manlik of vroulik, daar is nie ‘n verskil nie. Dit gaan oor mense nie oor mans of vroue nie.
    Jammer as ek iemand aanstoot gegee het.

  • sexyogies // January 11, 2008 at 12:18 pm

    No need to feel sorry DM … ekt maar net gesê ;-)

  • Da Mario // January 11, 2008 at 12:22 pm

    ‘Load shedding’ klink baie na ‘friends-with-benefits’… :lol:

  • TristonJ // January 11, 2008 at 12:28 pm

    oogies…lol…load shedding klink perfek!

  • TristonJ // January 11, 2008 at 12:29 pm

    (55) DM sies!!! dit doen nie!

  • sexyogies // January 11, 2008 at 12:39 pm

    TristonJ,
    Toemaar jong … DM se pushing my luck is my favourite hobby slogan … kom maar weer goed vorendag hierso!

  • René // January 11, 2008 at 12:46 pm

    Celéste … maak daai oproep!!! :)

  • TristonJ // January 11, 2008 at 12:57 pm

    (5 8) whahahaha… yip!

  • Gatta Patta // January 11, 2008 at 1:43 pm

    Flip!!! Jyt my in trane - dis so pragtig geskrywe!! Wens ek was die girl vir wie jy dit skryf - ek hardloop terug in jou arms!!!

    Da - jys goed hoor!!
    Love it….

  • mt.weazl // January 11, 2008 at 2:04 pm

    Ogies: Ek begryp en verstaan al die kommentaar hierbo. En, ja…mens kan net soveel gee en gee en gee…maar somtyds het mens n geskiedenis saam met hierdie persoon. Hoe “wipe” jy net eenvoudig daardie herinneringe uit? Ek dink dit is dikwels die rede waarom mens klou aan iets wat lankal sy tyd en nut gedien het.

  • Mandi // January 11, 2008 at 2:34 pm

    Okey, nou is ek weer by, baie mooi inskrywing DM.

    Sexyogies, dankie, het toe reggekom

  • René // January 11, 2008 at 3:02 pm

    Hahaha, ek kry nou lag vir my eie gedagtes … voel of ek op die stel van The Bold and The Beautifull is!!! Sorry - niks persoonlik teen niemand nie - was net ‘n prentjie wat ek nou kry toe ek weer al die comments lees!!

    Da, is jy Ridge of Thorne?? Hahaha :lol:

  • Johan Swarts // January 11, 2008 at 3:09 pm

    good grief, dude, jy’t die nuwe steve hofmeyr geraak. kyk al hierdie comments! ;)

  • TristonJ // January 11, 2008 at 4:48 pm

    lol… en ek dog my lewe is n soap opera!

  • Da Mario // January 11, 2008 at 5:31 pm

    René…
    Ek is smoother as Ridge en aantrekliker as Thorne… :twisted:

  • Cara Meintjes // January 11, 2008 at 5:33 pm

    65 replies? Wow. Go DM.

    Het dit lank gevat om die post te skryf? Ek raai dit kon net uit jou vloei… en dit het eenklank gevind by soveel mense (selfs as jy al die bespreking-comments uithaal, gaan jy heelwat oorhe)…

    Ek dink ons moet meer so skryf - dit net laat vloei. Dit sal. Al is dit nie iets wat ons kan post nie. Dis soveel werd om die moment vas te vang, al is dit net vir onsself.

  • sexyogies // January 11, 2008 at 5:35 pm

    mt.weazl … Daar is niks wat herinneringe so maklik uitvee soos seerkry nie. Dit was my laaste trane vir ‘n vriend wat my op die ou einde van die dag nie verdien het nie.

    Da Mario-bloggers …. Baie dankie vir al julle ondersteuning, raad en luisterende ore!!

    Liefdetjies
    xxx

  • TristonJ // January 11, 2008 at 7:39 pm

    wooo hooo ek is nr 69!! :twisted:

  • tristonj // January 11, 2008 at 9:49 pm

    testing…

  • Da Mario // January 11, 2008 at 11:56 pm

    Johan…
    Die nuwe Steve Hofmeyr?? Lol… ek kan nie sing nie!! :lol:
    Maar ja, dis nogal ‘n lekker shock gewees! Die statshoer in my glimlag breed….

    Gatta Patta…
    Die kans dat sy terug hardloop in my arms is non-excisting. Dis ‘n somtyds baie hartseer gevoel, maar ek het vrede gemaak daarmee. Thanks however vir die mooi comment. Ten minste is ons goeie vriende, en dis genoeg vir my.

    Cara…
    Ek het inspirasie gehad, het ‘n liedjie gehoor, voor die keyboard gaan sit en net geskryf… dit ge-edit en ge-post. 20 minute max….

    sexyogies…
    Jy sal okay wees girl. Genuine… time heals so much! Oi, hoe wens ek nie jy vind jou happiness saam met die man van jou drome nie! Alle voorspoed my skat! Moet net nie ‘n lessie raak nie, dit sal ‘n waste vir ons volwasse ouens wees! :lol:

    TristonJ…
    Well done met daai 69 ala Ostendo-style! Wine and dine is on it’s way… :twisted: :oops: …wat toe 70 uitgedraai het met die dat Johan se comment om die een of ander rede skielik “spam” was… but what’s a number between friends?? :lol:

  • Da Mario // January 12, 2008 at 12:00 am

    Aan almal…
    Thanks ouens en girls, julle het gesorg vir ‘n nuwe rekord hoeveelheid comments op een van my posts! Ek laaik julle sommer stukkend! :mrgreen:

  • sexyogies // January 12, 2008 at 8:18 am

    DM … :-)

    LOL @ lessie raak… ek dink dit sal my laaste opsie wees! Daars te veel girls wat ek dan gaan HAPPY maak en eks lus om ‘n spoil sport te wees ;-) …. ROFL. Baie dankie, jou vriendskap beteken vir my baie.

  • tristonj // January 12, 2008 at 10:23 am

    lol…. ogies! bly jy hou nog daai sharp sence of humor!!

    DM nou wanneer wine en dine jy my??? :wink:

  • Die pyn van pampoene! « Da Mario se gepraat… // January 12, 2008 at 10:32 am

    [...] toevallig die besigste dag ooit in hierdie blog se geskiedenis.  Daar was 225 Homepage views vir hierdie post (Hey there Delilah) saam met 70+ comments en 803 besoekers vir die dag.  Hierdie stats laat my [...]

Leave a Comment