Da Mario se gepraat…

The other women.

January 13, 2008 · 26 Comments

Linda

You don’t know me. But then you don’t know Phil either - not really. If you did, you’d know that I existed, and why I existed in his life - and by extension, in yours.

I am Phil’s lover. I have been, for a while now. Exactly how long you don’t need to know. Trying to pin it on incidents or other people won’t help you to understand Phil any better, or why he feels a need for a lover when he already has a wife.

Perhaps you’ve forgotten who Phil is, so caught up as you are with seeing him as your husband, that convenient if slightly irritating presence around the house who fixes things, lifts kids, takes you places and brings in money. You see a role, you no longer see a person.

You see him as obsessed with work - staying late at the office, forever on his computer at home. You don’t know that his late evenings at work are spent with me, his computer sessions are chats, mail or virtual sex with me, when he’s trapped at home and we can’t be together.

You see him out a lot with his friends, escaping the confines of home and family - which you tolerate as “giving him space”. You don’t see the cover they provide - a quick beer with John so that no one need lie, before he heads out to me.

You see him as boring. What you should be seeing, is bored.

Phil is a great guy. A charming and thoughtful companion, delightful to be with. An entertaining conversationalist, whose quick mind and lively manner make every interaction enjoyable and engaging. A skilled and considerate lover, whose touch and attention and response bring out the fire in me. When did you last listen to Phil, enjoy his body, or delight in his company?

Have you ever? Phil tells me how wonderful it is to spend time with me, how proud he is to be seen with me and much he values my wanting to be with him. Is this because you take him for granted? He tells me how much he enjoys talking to me, the range of things we discuss, and how interested I am in so many things. Is this because that passes your lips is a litany of complaint, an interminable string of demands and a repeated cycle of small-minded minutiae of domestic trivia? Phil thrills in our lovemaking - he’s never had sex so good, never had a lover as desirable and desirous as me, never knew such things could be possible. Is this because sex is something you tolerate, barely and infrequently, with undisguised resentment? Or do you see your behaviour as entirely incidental, not related in any way to the pleasure Phil draws from me?

One day you might find out about me - perhaps even from Phil himself. You will probably experience a mix of reactions - anger, disappointment, hurt - and you will likely have many questions. But perhaps the question you need to ask is: why did you care so little - about Phil, about your relationship - to allow yourself to stop caring, stop trying, stop loving? Was he not worth it? Or, were you not worthy of him?

Copied without permission from http://the-other-woman-xxx.blogspot.com/

Categories: Sommer praat...

26 responses so far ↓

  • tristonj // January 13, 2008 at 9:30 pm

    ummm…. ek wik en weeg of ek my se hieroor moet se… maar ek gaan dit doen.

    die arme vrou wat ooit sulke brief moet ontvang, nie net het haar man n lover maar die een met wie hy dit het vryf die sout in die wond om al die nasty details te berspreek… nee DM, He was not worth her…. ons ken nie haar kant van die storie, maar as ek ooit so n brief moet kry sal nie net man lief moet soek vir shalter maar die vrou wat so n nasty brief kan pen sommer saam… die is in swak smaak, baie swak smaak… maar dis maar my opienie, en life so seker damn boring wees as ons almal saam stem.

  • Da Mario // January 13, 2008 at 10:03 pm

    Sjoe. Ek is nie seker hoe ek op jou comment moet respond nie?

    Ek het toevallig op hierdie blog (The other women) afgekom toe ek op Amatomu na my stats gesit en kyk het. En sommige van die posts het my erg laat dink. Dis miskien effe kontroversieel, maar ek was absoluut intrigued. Jy sien, hierdie gaan oor die lewe, dit gaan oor realiteit, dit gaan oor seerkry en dit gaan oor liefde. Dis vir my…. dis net so waar en seer en eg. Dis beautiful in ‘n twisted sad way, soos die lewe maar soms met ons is.

    Van die os op die jas… Is dit so dat as mans hulle vroue verneuk hulle applaud word as dat hulle seker dan maar nie genoeg seks by die huis kry nie, maar sodra ‘n vrou ‘n effense libedo wys dan word sy uitgekryt as iemand wat cheap is??? So houding steek my dwars in die krop!

    Die feit is dat sommige dinge soms gebeur en daar is dikwels meer as twee kante aan dieselfde storie, maar ons sluit onsself so vinnig af vir die anderkant. En terwyl alle eindes aan enige verhouding altyd hartseer is, (anders sou dit seker nie geeindig het nie), dink ek dis soms nodig dat dinge net eindig. Soms is dit net beter so… en dit behoort te geld vir mans EN vrouens.

  • Pages tagged "thoughtful" // January 14, 2008 at 1:12 am

    [...] = “34d024″; var mooter_wrapper_url=”"; var run_method = “onload”; var mooter_target = “0″; The other women. saved by 9 others     sasukedanuchiha1 bookmarked on 01/13/08 | [...]

  • tristonj // January 14, 2008 at 6:16 am

    maar dis mos wat ek se, ons ken nie die ander kant van die storie… en ja, soms moet dinge net eindig, dis nie nodig dat alle partye die nity grity hoef out te vind van n derde party nie, is dit? dis erg genoeg om veraai te voel sonder om te weet op hoeveel verskilende manniere en redes jy verraaai was… en dit geld vir byde mans en vrouens.

  • tristonj // January 14, 2008 at 6:18 am

    PS. ek het nie bedoel die post is in swak smaak, maar dat so n brief in swak smaak is.

  • Louisa // January 14, 2008 at 6:45 am

    As ek ooit so ‘n brief gekry het sou ek vir die ander-vrou gese^ het sy kan maar die straatkat en sy verskonings altwee vir haarself hou.

    Die feit van die saak is dat as ‘n verhouding werklik besig om skeef te loop sal jy nie die antwoorde kry weg van die twee mense wat in dit is nie, en enige iemand wat nie eers een verhouding klaar maak voor hy/sy met ‘n ander verhouding begin nie, sal dit oor en oor en oor doen. So sterkte aan die skrywer van die brief - hoop dis nie te groot verassing wanneer dieselfde ding met haar gebeur nie.

  • 11 things // January 14, 2008 at 7:18 am

    Jip! Pappa kon maar seker ‘n ruk terug al vir mamma maak sit en met haar die saak ernstiglik aanspreek het? Jitte tog! Ek verstaan nie aldag grootmense nie (en ek veronskuldig myself nou gladnie self ook nie), maar as jy darem al ‘n huis opgesit het, ‘n kat en hond het en drie kinders vervaardig het, dan moet ek mos sekerlik die vrymoedigheid hê om met my partner te praat ook, voor dinge so uitdraai?!
    En as ek dit al tien keer probeer uitpraat en maak werk het, en pappa of mamma wil so waar as wragtig nie help werk maak daaraan nie, dan pak ons maar die bul by die horings en besluit wie bly en wie trek en wat maak ons om die kinders so min as moontlik te verontrief - en DAN kan pappa vir hom daardie hemel op aarde loop haal wat hy nou oënskynlik reeds het.
    Die sad ding is dat die brief (of juis die skryf daarvan) suggest dat die ander antie obviously nou ook al diep emosies vir pappa ontwikkel het, en dalk net begin hoop op iets meer permanent, maar pappa se voet is nog in die deur… ai! Damn sad!

  • TristonJ // January 14, 2008 at 7:45 am

    mooi gestel!

  • Da Mario // January 14, 2008 at 8:39 am

    Wel, dis nice om julle opinies te hoor!
    Maar dit gaan nie hier oor enige iemand nie so dit maak nie regtig saak wat die anderkant van die storie is nie. Dit gaan net daaroor dat sulke dinge gebeur - al is dit werklik jammer, dis die redes daaragter wat vir my interessant bly. Want as jy die redes ken dan kan jy tog voor die tyd sorg dat dinge NIE daardie paadjie loop nie. En enige iemand wat ooit ‘n hartseer paadjie gestap het behoort enige kans aan te gryp om werklik te leer hoe om sulke situasies te vermy.
    En ek probeer werklik net leer…

  • Da Mario // January 14, 2008 at 8:46 am

    #6 Louisa…
    Ek praat nou onder korreksie, maar ek dink toe ek haar blog gelees het, het ek iewers gesien dat dit toe wel later met haar gebeur het…

  • skoenlapr // January 14, 2008 at 8:58 am

    peek-a-boo …

  • Da Mario // January 14, 2008 at 9:43 am

    Lekker om weer van jou te hoor lapr’tjie! ;)

  • Roer // January 14, 2008 at 11:07 am

    Hectic. Ja, daar is natuurlik altyd twee kante van ‘n saak, maar ek dink dis soos jy se^ DM. Probeer dit maar vermy ten alle koste. Gaan saam weg vir ‘n naweek (sonder die kinders) of komplimenteer mekaar of kook vir hom sy gunsteling kos vanaand of was vir haar die skottelgoed so een maal ‘n week. Watookal. Probeer net jou bes en moenie jou huwelik as ‘n vonnis sien nie. Party mense smag na ‘n ou maatjie en ons wat een het, vat dit partykeer so vir ‘granted’. Ek is self skuldig. Wag, ek gaan nou eers vir my man ‘n soetsappige sms stuur…

  • tristonj // January 14, 2008 at 11:56 am

    LOL… Roer… ek dink jy is reg, as meer van ons net daai klein bietjie extra doen dan verminder ons die kanse van so iets in n huwelik aansienlik baie!

  • jeven // January 14, 2008 at 1:02 pm

    Ek stem saam met tristonj, dis wanneer ons vergeet om daai bietjie ekstra moeite te doen in ons verhoudings wanneer die gapings vir sulke stories ontstaan.

    Wonder ek, hoekom is dit so dat as ‘n man ‘n ‘buitemuurse’ verhouding het, dit maar net nog een van daai dinge is, maar wanneer dit die vrou is wat oortree, maak dit onmiddelik van haar iets laer as slangbollie? Of is dit maar net ek wat so dink?

    DM, hoop jy voel beter vandag, ekt so ‘n jaar of wat gelede daai pampoene-ding by die rooikopkind aangesteek. Dis gladnie ‘n aangename ervaring nie, jy’t al my simpatie!

  • Dellie // January 14, 2008 at 2:04 pm

    My eerste gedagte, nadat ek die post gelees het, en voordat ek die comments gelees het, was dat ek skuldig is aan erge verwaarlosing van my Liefie. Ek is rerig. Sonder dat ek dit so bedoel. Ons is almal elke dag op ons eie missie, oppad om te jaag na wind. Ons vergeet klein dingetjies, dankies, en assebliefies langs die pad. Ons vergeet om te geniet en te verwonder.

    Dankie vir die ene DM, ek gaan sommer vir hom ‘n loveletter skryf!

  • attie // January 14, 2008 at 2:05 pm

    As sulke briewe maar ‘n waarskuwing kon wees sodat ons almal wat getroud is die goeie raad kan volg wat hier gegee word oor hoe mens aan jou belangrikste verhouding werk. Ek stem saam met DM - hierdie is die werklikheid. Dit maak dit nie reg nie, maar hierdie dinge gebeur. En dan uit die harte van menige man en vrou wat al by my hierdie stukkie belydenis wou kom doen: Dit lyk my… op ‘n manier gebeur hierdie ding en as jy agterkom is dit te laat. Flirt ‘n bietjie hier en flirt ‘n bietjie daar. Eendag is jy bietjie “af” en … Meeste is ‘n paar uur later spyt en draai om. Baie kan nie wen nie. Snaakse ding hierdie. Maar, die ander vrou is nie altyd ‘n demoon nie. Die man vasgevang is nie altyd ‘n demoon nie. En die vrou wat nie weet nie is selde allesw at die ander vrou dink sy is.

  • Da Mario // January 14, 2008 at 2:46 pm

    Ek is bly dat julle hierdie begin sien as ‘n voortydige waarskuwing om aan ‘n verhouding te bly werk. As ons so gelukkig is om in een te wees is dit so belangrik!
    Mag al julle girls wat loveletters en oulike sms’e wil stuur vir die mans in julle lewe sommer net so in oorvloed deur julle mans bederf word. En al die mans, gaan bederf jou vrou of girl of lover voor sy vergeet hoe spesiaal sy vir jou is!

    Thanks Attie, jy praat waar woorde!

  • TristonJ // January 14, 2008 at 3:28 pm

    ek ken so vreeslike oulike ou wat altyd aan sulke sweet goed dink… cute smse of emails… en selfs so nou en dan n blom in die mix! sulke dinge laat n girl altyd great voel… :wink:

  • sonkind // January 14, 2008 at 4:17 pm

    Ek dink baie vroue vergeet om vrou te wees wanneer hulle eers ma geword het. Dan kom hulle ma-wees voor hulle vrou-wees en dit is waar manlief afgeskeep begin voel.

    Onthou, kinders word groot en gaan eendag uit die huis uit en loop hulle eie paadjie. En dan is dit net jy en jou partner wat oorbly. En as daar in jare nie aan julle twee se verhouding gewerk is nie, dan is daar niks wat oorbly nie, as dit teen daai tyd nog nie uitmekaar geval het nie.

    Jou kinders is belangrik, maar in my oë is my man belangriker.

    Die anderkant van die muntstuk is natuurlik die straatkat, soos wat Louisa gesê het. Hy sal maar altyd ‘n verskoning vind om rond te loop en sy vrou sal hom nooit “verstaan” nie. En daar sal altyd “‘n ander vrou” wees wat maar te gewillig is om hom bietjie te verstaan. So iets is egter nie blywend nie, want diaardie tipe man word nooit op die lang duur deur een vrou tevrede gestel nie.

    So ja, daar is drie, nie eintlik vier kante aan elke storie. Haar kant, sy kant, die waarheid en dan nog die bure/vriende/melkman/posbode/ens se kant ;-)

  • TristonJ // January 14, 2008 at 4:27 pm

    Sonkind… ek stem saam, jou man moet bo jou kind geplaas wees, want sonder n sterk verhouding tussen ma en pa hoe gaan n kind gebalenseerd bly… maar hier is n raaisel vir jou, as jy gesky en in n verhouding is… wie kom dan eerste??

  • Jasper // January 14, 2008 at 7:23 pm

    Is dit nie sad dat dit op so punt moet kom nie!?

  • Da Mario // January 14, 2008 at 8:20 pm

    Sonkind…
    EK is SO bly jy het paragraaf 3 geskryf.

    Jasper…
    So very sad indeed…

    Hoop julle almal in verhoudings het sommer ‘n liefderyker aand, al is jou hart se punt dalk baie ver weg van jou, maak seker hulle weet hoe jy oor hulle voel! :idea:

  • TristonJ // January 14, 2008 at 9:52 pm

    hi. ek is jammer ek gaan nou jou blog as toets grond gebruik…

  • TristonJ // January 14, 2008 at 9:53 pm

    hehehehe… dit het gewerk! my naam link nou uiteindelik na my blog! wohoo!

  • Da Mario // January 14, 2008 at 10:06 pm

    Ag dis sommer ‘n plesier!! ;) En drie hoera’s vir jou oor jy so slimmie is!
    mwah!
    xxx

Leave a Comment