Die sakkende son se kleurvolle strale
skyn oranje en rooi en goud teen die ruit
‘n beeldskoon gekerfde gesiggie glimlag
bo jou volronde bors,
areola op songebrande vel
deurskynende fyn wit haartjies
glinster in die son op jou maag
Ek is hier langs jou
en die tyd - my lief -
staan stil
29 responses so far ↓
Jasper // January 15, 2008 at 10:47 pm
Grafies man grafies…..
Hoekom klink dit my jy’t lief!?
Louisa // January 16, 2008 at 12:09 am
Baie nice DM…
Ek weet nie wat het in jou ingevaar nie, maar keep it coming, baie mooi!
BB // January 16, 2008 at 6:52 am
Beautiful!
TristonJ // January 16, 2008 at 7:33 am
stunning!! dit sal n pragtige kiekie maak…
jeven // January 16, 2008 at 8:30 am
stunning foto inderdaad!
bly jy voel beter!
lol, ek spot sommer ;)!
Koeksuster // January 16, 2008 at 8:55 am
Jy sal dat ek elke aand daar kom staan as die son sak - hehehe
Dit is regtig iets besonders - Doet so voort!!
R
duskant // January 16, 2008 at 9:04 am
Dis baie mooi! Tasbaar…
skoenlapr // January 16, 2008 at 9:14 am
nuwe woord vir boobies … volronde bors … NIIIIIIIIICE!
ROFL!
Da Mario // January 16, 2008 at 9:17 am
Aai jinne Lapr… jy’s ook maar lekker laf!!
skoenlapr // January 16, 2008 at 9:27 am
/nick skoenlaFr
don’tcha just luv me???
Da Mario // January 16, 2008 at 9:32 am
Lol… mens kan nie anders nie!
René // January 16, 2008 at 9:44 am
Isit hot in here — of isit net ek??
(/me wonder watter meds word vir pampoentjies voorgeskryf?)
Da Mario // January 16, 2008 at 9:59 am
Aai toe Rene, moet nou nie so jaloers wees nie!

Jy weet mos ek is permanent in Kamer 14! (Ja I wish…
skoenlapr // January 16, 2008 at 10:00 am
volronde boobies Rene!!!!!!! … ag ek bedoel volronde bors
LMGA
Da Mario // January 16, 2008 at 10:04 am
Daai’s goeie medisyne ja!!
TristonJ // January 16, 2008 at 10:09 am
DM dis al medesyne wat vir jou werk
Celéste // January 16, 2008 at 10:20 am
Ek dink dis tyd dat jy teruggaan werk toe!! Die ge-rondlêery begin nou jou brein aantas. Is jy seker die breinvliesontsteking is nie dalk terug nie?
TristonJ // January 16, 2008 at 10:33 am
Celeste hy was werk toe vandag…
Celéste // January 16, 2008 at 10:55 am
Oi, dan dink ek sy “poem” van gister sal dalk die laaste van sy ’siekte-bed-droombeelde’ wees.
mykopop // January 16, 2008 at 10:56 am
‘n Paar dae gelede het het Nakita ‘n gedig geplaas by http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2008/01/13/paaie-van-herinnering
en GEVRA vir kritiek, so ek het alle stops uitgetrek. BiB het gesê dis mooi maar wou nie kritiek waag nie. Jasper kuier ook daar maar ek dink hy was te besig om te sukkel met sy blog.
Mooi Da Mario, regtig mooi, maar ag jou self gelukkig jy’t nie vir kritiek gevra nie!
Dellie // January 16, 2008 at 1:18 pm
Beautiful, seg ek jou! Is dit daai pampoenstingel virus wat jou so laat dig?
Heléne // January 16, 2008 at 1:39 pm
Nee kyk, wie’t nou ‘n aphrodisiac nodig….. Gaan meer hier inloer, goed vir die hart… hehe.
Hey, ek’t noggie pampoentjies gehad nie, miskien sal dit my goed doen, hehe…
krista // January 16, 2008 at 2:52 pm
DM, issit die merrisyne wat jou koerasies so opjaag?
skoenlapr // January 17, 2008 at 8:45 am
/me trommel haar vingertjies opi tafel … en wonner wanneer kom nog ‘n rympie uit die pen van don juan damario?!
TristonJ // January 17, 2008 at 9:51 am
ek dink ou don juan slaap bietjie in vanmore… lang nag gehad
TristonJ // January 18, 2008 at 9:01 am
DM… lewe jy nog?? dis sooo stil hier… sommer spooky
skoenlapr // January 18, 2008 at 10:25 am
ek scheme dis tyd vir nog ‘n inskrywing … aarde na basis … kom in … over skedower
René // January 18, 2008 at 3:17 pm
Skoenie - hy kan nie sy pad deur die wasem vind nie!! Staan bietjie opsy dat ons kamer 14 se deur kan oopmaak en die arme siel verlos!!
Pfffft - kamtig pampoentjies…!
Patrys // January 19, 2008 at 11:37 am
Het dit na pampoentjies geklink of gevoel? He he he
Jy wil mos met ‘n Boomerang speel, die goed bounce terug as dit nie gevang word deur uitgesonderde een nie. he he he (dis liefies bedoel)
Die gedig- dit troos en maak dit makliker om voort te leef, al voel dit vir my of die winde al die dakke gaan afwaai en die bome reeds ontwortel is.
Leave a Comment