Entries from February 2008
You are invited…
Welcome to the official site for the world’s first February 31 Party! At least I believe it to be the world’s first February 31 Party, but if anyone knows of a party that has taken place on February 31 before, please let us know.
Here are the details…
| Where: |
All over downtown Boston, from the Boston Common to the Faneuil Hall Area. |
| When: |
On February 31, of course! The festivities will start at 12:61 PM, continue all afternoon, and go on through the evening and late night! |
| RSVP: |
Send email to rsvp@feb31.com by noon on February 30 if you plan to attend! |
| What to Bring: |
Free food, and open bar! Just bring yourselves, loved ones, friends, and families! |
Kategorië Sommer praat...
Julle weet nê, as daar nou ‘n ding is wat my behoorlik dwars in die krop steek is dit die hele affêre en reaksie op daai paar UV-studente wat gedog het hulle is snaaks met hulle simpel video.
Ek verneem van ‘n situasie wat ek nou hier gaan verander in ‘n hipotetiese ene: Jy wil die dag bietjie gaan uitspan by ‘n openbare swembad. Jy gaan vroeg want dis warm en die skadu is beperk, plus jy wil ‘n lekker kuier plekkie kry. Jy kom daar en kry jou pozzie reg, gooi handdoeke oop en al daai lekker dinge. Dan gaan swem jy. As jy terugkom het die plek al voller geword. En sowaar, twee jongerige swartes sit op jou plek. Op jou handdoek. In jou skadukolletjie.
Wat doen jy? Vra jy om verskoning, vat jou goedjies en trek iewers anders heen? Sal jou reaksie anders wees as dit twee jongerige wit laaities is??
Jy sien, as ek nou nader kom en hulle vertel hulle sit op my plek en sal maar dus moet move, dan gaan hulle my waarskynlik ignoreer. Dan sal ek hulle elkeen maar ‘n oorredingsklap teen die oor moet gee. En voordat jy kan sê “Groote Griet”, dan sal 702-Talk Radio, kameraspanne van SABC, CNN en BBC-World daar wees om die nuutste geweldsvoorval weens rasisme vas te lê in beeld en klank. Is dit rasisme of is dit doodeenvoudig dat hulle twee klein onopgevoede wettertjies is? Want daar sal geen haan na kraai as dit twee wit laaities is wat ek moer omdat hulle op my kombers kom sit het nie. Dan sal hulle doodeenvoudig twee onopgevoede, ongeskikte klein idiote wees wat ‘n totale gebrek aan respek het vir ander mense se spasie en besittings.
So as ek jou klap omdat jy dit verdien, hoekom is ek ‘n rasis as jy swart is maar dis okay as jy wit is?
Nee wat, die hele spul van julle wat die eerste ou swart gesiggie wat jy soggens sien omverskoning vra vir die nonsens wat een of ander onopgevoede onnosel wit student iewers aangejaag het maak my siek. Dit was nie jy nie, apartheid is lankal verby, hou op jammer wees vir iets waaraan jy waarskynlik bitter min tot geen deel gehad het nie. Veroordeel die gedrag, maar moet tog net nie in die politiek opgesweep word nie. Dit het niks met rasisme te doen nie, dit het alles te doen met gebrekkige standaarde.
Ek het van nog geen swart inbreker gehoor wat beskuldig word van rasisme omdat hy eksklusief van wittes steel nie. Dis mos aanvaarbaar??? Maar as ‘n wit ou net moan oor die geraas voortspruitend uit sy swart bure se middernagtelike partytjie, dan is hy rasisties. WTF?? Julle dubbele standaarde is kommerwekkend om die minste te sê…
En as jy dink jy kan help vergoed vir die “wrongs of the past”, jy kan nie. Dis klaar en oor en verby. JY is nou die minderheid, en daar word teen JOU diskrimineer op sosiale, politieke en ekonomiese vlak. Sien jy een swart gesiggie wat vra vir gelykheid, want ek hoor net stemme wat ander dinge vra.
Kategorië Current Affairs
There is something in the eyes of people who have seen to much. It is not a haunted look, it’s not looking lost and it is not hopelessness. It is simply overload. A window into a mind that is hesitant to accept something new and wonderful and beautiful for fear that reality will transform it into one of the horrors that lives in the back of their consciousness.
Many of us share the look.
Beauty can be a terrible thing when changed in an instant into a broken mockery of itself. Like with war. We hope, of course, that we can look at the world someday and see that it is really a most beautiful place, appreciate again the play of light and shadow as sunlight reveals new wonders to play songs on the millions of neurological-pathways in our minds. And if not for us, then for our children, those who have the years to, with the grace of some benign power, loose the demon and hear the melodies.
But inside we know.
Kategorië Current Affairs
There is something beautiful in strangeling the one you love for no particular reason. It is what all love is – doing something for someone for no reason.
Kategorië Sommer praat...
Ek is vandag vertel dat hierdie blog nie wys wie ek werklik is nie. Dat ek hier net voorgee om te nice/oulik/vriendelik/ordentlik te wees. Dis ‘n opinie, jy is geregtig daarop.
Ek is jammer jy dink so.
Kategorië Sommer praat...
I thought there was a heaven
it is where I want to be
so why could we not keep
the beeches shipwreck free?
Kategorië Poetry
What to do if you find yourself stuck with no hope of rescue:
Consider yourself lucky that life has been good to you so far. Alternatively, if life hasn’t been good to you so far, which given your present circumstances seems more likely, consider yourself lucky that it won’t be troubling you much longer.
Kategorië Sommer praat...
No words I longer want to speak
no skies I see of golden hue
no tales of unrequited love
they were lost when I lost you
No words to caress a lovers heart
gone the dreams I swore we’d live
alone within…it’s where I dwell
no uttered words, none left to give
(meer…)
Kategorië Poetry
‘n Parodie…
….met apologie aan Johan Swarts…
Ek hou van seks. Seks is lekker. Seks is goed. Daar is soveel maniere waarop jy seks kan hê. Jy kan gratis one-night-stands hê. Jy kan betaal vir seks. As ‘n sex-shop langs ‘n hoerhuis ontplof dan reën daar dildo’s op hoere. Jy kan veilige seks hê. Jy kan liefdevol en getroue seks hê. Jy kan selfs losbandige seks hê en dan kan jy ook natuurlik buite-egtelike seks hê. Seks is lekker. Seks is goed. Seks. Ek hou van seks.
(Ek het nog nooit ‘n woord so baie na mekaar gebruik dat dit skielik alle betekenis verloor en soos ‘n breë versameling klanke klink nie.)
Kategorië Sommer praat...
Die krag is vanaand af hier op die plotte. Klaarblyklik het een of ander mini-sub geblaas. Go figure… pffft!
Anyways, so entjie weg bly daar ‘n ou Oom en Tannie in wie Jordan ‘n vreeslike liking gekry het. Hy het vanmiddag baie lank daar by hulle gaan kuier, hy sit glo op die stoep en gesels met hulle. Die Tannie vertel my nou ander dag hy is haar ou seuntjie en dat hy tog so nice is om vir hulle te kom kuier. Ek kan maar net smile oor die storie, gelukkig lyk dit asof hulle hom werklik baie geniet en hy kom altyd terug met ‘n koekkie of sweetie of iets! Ek dink dis dalk die rede dat hy hulle like…
Vroeër vanaand sit ek by die vuur, ek het impromptu braaivleis gehou a.g.v. die krag wat af is, en ek dink by myself dat ek wonder of ek nie eerder oorsee moet gaan nie. Maar soos ek met my gedagtes sit en speel dring ‘n besef tot my deur. Ek is ‘n Afrikaner. En ek sal eerder hier bly as iewers anders. Dis mooi hier, ek voel tuis. Miskien moet ek meer travel en daai teorie op die proef stel? Oh well…. wie sal weet??
Of is die land te ver in sy moer in???
Kategorië Sommer praat...