Teen die warm swaar lug… drukkend…
beautiful donkergroen bottelpalms
vervingerde blare, skadu’s teen die hemel se helderblou
en jou pragtige gesiggie my ding
vasgebrand in my gemoed, in my hart
waar hartseer kerf en sny aan ons
want jou afwesigheid klou aan my
terwyl trane deur die foon ons bind
soos stringe perels geryg deur selfoontorings
Geselsies, briewe, sms’e, mail en drome
alles tot as in ons onsigbaarheid verbrand
jy is net nie hier nie en dis so verkeerd
Ek’t ‘n stukkie van my gelos - daar by jou -
daar’s ‘n stukkie van my in jou hart
30 responses so far ↓
TristonJ // February 4, 2008 at 7:38 pm
en so laat jy my weer sug…
baie mooi… baie sad maar baie mooi…
dizzydee // February 4, 2008 at 8:19 pm
Awe…. dit is pragtig.
Byt vas. Ek ken daardie gevoel. Soms voel dit soos ewigheid der ewigheid, maar selfs sonder Eskom, is daar ‘n lig aan die einde van die tonnel.
True love never gives up.
TristonJ // February 4, 2008 at 9:11 pm
mmmm… ewigheid der ewigheid… dis nogal waar is dit nie…
boerinballingskap // February 5, 2008 at 6:20 am
Last of the great romantics…
Da Mario // February 5, 2008 at 7:37 am
BiB…
Wow… thanks…
…TJ & Dizzy…
Bly julle hou daarvan!
Celéste // February 5, 2008 at 7:44 am
Jou ou doring! Dit lyk my met die ouderdom kom die insig!
ogies // February 5, 2008 at 7:57 am
Baie mooi geskryf DM! Jy het ‘n way met woorde …
Louisa // February 5, 2008 at 7:59 am
Baie mooi Da Mario….*sug*
René // February 5, 2008 at 8:15 am
Da Mario - dis nou wragtag pragtag!!! Maak jy weer vanoggend ‘n klomp harte sag!!
*groot sug* saam met Louisa en kie!
Koeksuster // February 5, 2008 at 8:19 am
Trou met my….!!!
Whatever die vraag is, die antwoord is JA!!
Ek stem saam met BiB
René // February 5, 2008 at 9:32 am
Koeks - ek wonder, is dit nie Corli wat daardie vraag moet vra nie??? Sy moet haar geleentheid gebruik terwyl dit skrikkeljaar is!
Da Mario // February 5, 2008 at 9:49 am
Oe… DM wens en hou duim vas….
TristonJ // February 5, 2008 at 9:51 am
lol@ René… ek dink Corli het klaar haar oog op iemand anders… maar ek is seker Don Jaun sal glad nie mind nie.
Da Mario // February 5, 2008 at 9:59 am
Lol… Don Juan wil nie graag deur die RSM betrek word nie!!
TristonJ // February 5, 2008 at 10:09 am
Whahahah! ek sou ook nie… hy is n GROOT man!
BB // February 5, 2008 at 10:24 am
LOL@Koeks!! ja nee kyk…
Ogies??!! Maak nou bietjie oop jou ORE ook, toe man, seblief man??!! xx
Ogies // February 5, 2008 at 10:34 am
BB,
Wat bedoel jy BB-maatjie hmmm?? Is ek net blond vandag??
Skoenlapr // February 5, 2008 at 10:37 am
Da Mario // February 5, 2008 at 10:43 am
/me hugzz lapr’kie…
BB // February 5, 2008 at 10:46 am
Baaaaaaaaaie blond, ja
Ogies // February 5, 2008 at 10:53 am
BB,
So talk to me
Laat my verstaan!
Da Mario // February 5, 2008 at 11:28 am
TristonJ // February 5, 2008 at 12:55 pm
Shoe ek hou my uit die een uit….
neykie // February 5, 2008 at 1:24 pm
agnee, dis nou net wat ek nie nodig het op hierdie dag nadat ek my eks na 2maande weer gesien het nie.
Maar nonetheless dis mooi….
BB // February 5, 2008 at 2:30 pm
/me zipz her lipz ================{<
Ogies // February 5, 2008 at 3:00 pm
BB,
En jy noem jouself ‘n vriendin
Siesa vir jou
Dan sal OGIES maar haar ORE moet oopmaak, I guess!
Skoenlapr // February 5, 2008 at 4:16 pm
noem ons jou van nou af … uhm … Oortjies??
jeven // February 5, 2008 at 4:36 pm
Baie baie nice geskryf DM! Ek stem met Ogies saam, jy’t darem regtig ‘n way met woorde!
Ogies, jy weet daar’s niemand so doof soos die een wat nie WIL hoor nie, ne ;)!
Hoe gaan dit met Jordan en Jacques? Die tranedal by die skool darem nou al bietjie minder?
Da Mario // February 5, 2008 at 5:14 pm
Lapr…
Whahahaha!! Oortjies… dit val nogal lekker op die tong!! (no pun intended)
Jeven…
Ag jong, dinge gaan maar nog so aan en af met Jordan, maar Jacques is heel happy glo ek. EN thanks, ek’s bly jy hou daarvan!
Dellie // February 5, 2008 at 6:56 pm
Pragtig, Da Mario, jy het nou maar doodeenvoudig ‘n slag met woorde. me enjoy, thanx!
Leave a Comment