Diep onder asvaal stof
gloei die laaste embers
van ‘n eens trotse vuur
… versigtig …
roer versigtig
klein bietjie liefde
klein bietjie raad
klein bietjie water
klein bietjie saad
… versigtig …
baie versigtig
Gesprekke, steeds onvoltooid
dralend soos ‘n deuntjie
want mens weet nooit…
14 responses so far ↓
TristonJ // February 8, 2008 at 9:11 pm
ek gaan nie jou ego verder boost deur om te se dis stunning… of dalk het ek nou klaar
Pragtig DM…
Die Gestorwe Soldaat // February 8, 2008 at 9:53 pm
W*O*W!
Rene Boshoff // February 8, 2008 at 10:10 pm
Soldier het my woord gesteel!!
Nietemin…
WOW!! Stunning verby!!
patches // February 9, 2008 at 9:37 am
Ek het nie woorde om vir jou te sê hoe mooi dit is nie!! Ek kan nie wag vir jou volgende inskrywing nie!!!!
Louisa // February 9, 2008 at 10:14 am
Da Mario…love dit om hierdie kant van jou ook te sien.
sterfling // February 9, 2008 at 12:17 pm
Hello, ek kom stel myself net voor. Maak gerus ‘n draai by my http://sterfling.wordpress.com
Nee kyk ou maat jy KAN!
knersis // February 9, 2008 at 2:11 pm
En ek dog jy is so stil skaam oukie!
Da Mario // February 9, 2008 at 2:30 pm
TristonJ, DGS en Rene…
Baie dankie vir die komplimente, ek waardeer dit opreg.
Patches…
Die volgende inskrywing gaan dalk oor wetenskap of sport, hier is iets van alles! Ek’s egter bly jy hou van hierdie ene.
Louisa…
Kan jy glo ek het meer as een kant??
Knersis…

“Stil” en “skaam” is twee woorde wat nog NOOIT gebruik is om my te beskryf nie!!
Kom loer meer gereeld, you’ll notice!
Roer // February 9, 2008 at 5:13 pm
Baie mooi.
TristonJ // February 9, 2008 at 5:28 pm
stil en skaam! whahahaha lank laas so lekker gelag! nee DM is als behalwe stil en skaam
Just-Tine // February 9, 2008 at 5:29 pm
Ek kan sien hoe jy gebukkend versigtig soek na tekens van lewe tussen die as, want waar daar lewe is, is daar hoop…
Jy is geniaal DA, ‘kleinbietjies skeppies van als’ gaan maak dat daai vlammetjies sommer gou-gou gesellig brand.
Wat ʼn plesier om jou gedagtes op skrif te kan ervaar!
Justjane // February 9, 2008 at 6:29 pm
Stunning
Louisa // February 10, 2008 at 9:16 am
Da Mario: Dis glad nie vir my ‘n verassing nie…ek’s net bly jy wys dit.
rosalindfranklin // February 10, 2008 at 7:46 pm
Dis mooi want dis skoon-eenvoudig.
Leave a Comment