Da Mario se gepraat…

Entries from March 2008

Strike out.

March 31, 2008 · 51 Comments

Ja dit gebeur met die beste van ons.  Maar net soms.  Baie selde.  Selfs met my.

Ek was mos nou die aand op ‘n date, en ek het selfs Monte Casino gekies omdat dit so mooi en romanties is.  Anyways, ek kry die girl toe daar met ‘n 75cm lange rooi roos in my hand en ons chat heel lekker, eers oor koeitjies en kalfies en sulke dingetjies en later sommer oor allerhande stuff.  Nog later begin ek die charm-kraantjie bietjie oopdraai en gooi so hier en daar ‘n mooi kompliment in haar rigting saam met die mees (goed geoefende) charming smile wat ek besit.  Maar sy smile net so effe “ek-is-nou-moer-verveeld” glimlag vir my.  Dit na ‘n goeie twee ure se geswoeg wat die meeste girls al teen hierdie tyd na ‘n sagterige putty in my hande sou verander het!  So nou begin ek dink hierdie date is ‘n moerse mislukkig…
Maar ek is nou ook nie verniet Don Juan re-incarnated nie.  So toe begin ek maar selfs meer smooth raak.  Man, ek begin tricks trek wat ek bitter selde nodig het om op terug te val,  maar ek begin almeer besef hierdie is nie jou gemiddelde girl nie, want nog twee ure is verby en nou smile sy net so “wat-het-my-besiel” tipe van glimlaggie vir my.  En nou begin die onsekerheid my pak.  Na 4 ure in my teenwoordigheid kan ek met die meeste girls koekies bak, en hier sit sy ewe koel en kalm langs my. 

Nou ja, nou begin ek wonder.  Is hierdie girl genuine straight?  Ruik my asem sleg?  Is sy flippen doof? 

So ek roep toe maar die waiter nader en ons bestel iets om te eet.  Ek het tyd nodig om te re-group.  Ek besef ek is hier besig om my naam met ‘n plank te slaan.  Anyways, ek het gegaan met ‘n medium-rare steak saam met chips, haloumi kaas en cranberry something - dit was heerlik.  En terwyl ek kou werk my kop oortyd.  En ek formuleer ‘n plan.  ‘n Drastiese plan.  Ek moet try red wat te redde is.  Ek moet ophou try.  Ek moet relax.  Net RELAX.
En ons vat nog so paar drinks en ek relax, ons gesels en geniet die aand.  Sy vra ek moet so paar songs sing, want toevallig is daar kareoke.  En ek gooi “Goodbye my lover” van James Blunt.  Ek loer vir haar terwyl ek sing maar dit lyk nie asof sy eers luister nie.  Die crowd fluit en cheer, hel ek kry high-fives oppad terug na my tafel na die liedjie en toe ek sit sê sy: “Ja dit was nie te sleg nie…”

Maar ek dog ek gaan relaxed bly, en ons kuier al lekkerder en dis asof die tyd vlieg want skielik is nog ‘n uur verby.  Ons gesels en sy begin smile.  ‘n Betowerende smile.  Ek is besig om in daai smile te verdrink en dis asof die tyd stilstaan as ek vir haar kyk.  Skielik roep die DJ my weer en ek gooi “Deur die straights” van Hugo.  Die crowd gaan weer mal, spring op die tafels en dans en sing saam.  En ek sien sy smile actually vir my.  En terug by die tafel gaan dinge beter, sy dink ek klink great.  Dinge gaan drasties beter actually en dis baie lekker!  Ek kry later die rekening en betaal, ons stap daar weg en gaan kry ‘n plekkie effe stiller om te gesels.  En dis lekker.  En dis interessant.  En ek is absoluut intrigued.  Hier is ‘n girl wat heeltemal anders is as waaraan ek gewoond is. 

En dis nou net hier waar ek so paar details gaan uitsny.  Eventually het die aand noodgedwonge geeindig.  En al wat ek verder op skrif gaan sit is dat sy baie lekker soen.  Eintlik is dit ‘n understatement, sy soen great.  En sy gee lekker drukkies. 

En ek sien haar volgende Vrydag weer…

Categories: Hot girls

Was jou hande…

March 30, 2008 · 12 Comments

Ou Koos sit in ‘n kroeg en bestel ‘n dop.  Teen die muur sien hy ‘n bordjie wat lees:

Kaastoebroodjies:    R10.00
Chicken Mayo:        R15.00
Draadtrek:               R20.00

Hy roep die sexy blonde kroegmeisie nader en vra: “Is jy die een wat die draadtrek doen?” 
“Ja…” antwoord sy terwyl sy haar ogies in Koos se rigting fladder en hom ‘n sexy smile gee. 
“Nou gaan was jou hande, ek wil ‘n kaastoebroodjie hê…”

Categories: Hot girls

Monte Casino

March 29, 2008 · 24 Comments

Ek was gisteraand vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd weer by Monte Casino.  By die hoofingang is daar ‘n massiewe plaza met ‘n verkeerssirkel wat dien as drop-off point, en hier van 19:00 se kant tot na 20:00 is die verkeer feitlik non-stop soos ouers hulle tieners daar aflaai en weer ry.  Daar is honderde kinders.  Almal tussen seker so 12 en 18, maar die meeste hierby 15 of 16 rond.  Die outjies het almal sulke mopkop haarstyle en dra klere wat aan hulle hang en min of meer so 3 sizes te groot is en hulle het nooit geleer hoe om veters vas te maak nie terwyl die dogtertjies oor die algemeen nogal mooi is, obviously grimering en juweliersware like en either stywe jeans en sexy toppies dra of hopeloos te kort rompies of rokkies.  En die kinders is nou nie juis koekerig nie.  Daar word aanmekaar geklou asof môre nie bestaan nie, van die kortrokkie-dogtertjies lyk asof hulle skaterboy net daar op die plaza wil hump, goed ‘n derde rook openlik en omtrent die helfte is daar vir movies, die ander helfte let ek later op om in die kuierplekke uit te hang. 

Ek het hierdie crowd met groeiende belangstelling dopgehou en gedink aan hoe heeltemal anders ek op ‘n klein dorpie groot geword het en hoe baie dinge verander het oor die laaste 20 jaar.  En toe begin wonder hoe dinge gaan verander oor die volgende 15 jaar.  En hierdie gedagte het my tot die gevolgtrekking laat kom dat ek bitter baie bly is ek het nie dogters nie.

Die res van my eie aand was om die minste te sê baie interessant en ek was absoluut intrigued, vandag is die kids hier en ek verkeer alweer meestal domestic. 
Hoop julle naweek is great en moenie die Moto-GP môre vergeet nie!  

Categories: Sommer praat...

Bubbly…

March 27, 2008 · 9 Comments

Ek is nogal opgewonde en happy vanaand!  Ek sien uit na die volgende paar maande, dink dit kan net interessant raak.  Either way, ek het vanaand alweer hierdie liedjie gehoor, en gedog dat ek dit seker maar eventually kan post.  Dis nou al geruime tyd dat ek baie hiervan hou, en hy reflekteer nogal my mood.

So geniet dit saam met my… anyways het ek nie veel meer om te sê nie….

(more…)

Categories: Sommer praat...

Net vanaand…

March 26, 2008 · 14 Comments

Ek is siek en ek is by die huis.  En ek dink nie ek gaan môre werk toe nie, ek dink ek gaan dokter toe en ek dink dan gaan ek terugkom huis toe en myself baie jammer kry omdat hier niemand is om vir my ‘n bak lasagne te maak nie.  Dit is net te erg ouens!  Ek is op die punt om nie my meds te drink nie en net weg te kwyn…. sê tog net julle kry my jammer??

Anyways, daar maak mos so elke af en toe so e-mail die rondte met 20 of 50 vrae op wat jy dan moet antwoord en dit moet terugstuur na die persoon wat dit vir jou gestuur het en dan moet jy dit forward na 17 van jou vriende toe en hulle moet jou weer antwoord en so gaan die ding mos aan en aan en aan.  Ek dink dis sommer ‘n klomp nonsens.  Ek kry altyd die gevoel dis iets waarmee tipiese Amerikaanse tienerdogtertjies hulleself besig hou.  As ek so ding kry is my antwoord op soveel as moontlik plekke enige iets wat te doen het met “I’d like to screw your brains out” of enige iets anders wat so min werklike inligting weergee as wat ek kan opdroom.

Vir my is daar baie interessanter dinge om te wil weet: Ek wil weet hoe jy lyk as jy glimlag, ek wil weet hoe lyk die dansende duiweltjies in jou oë wanneer jy met my spot, ek wil hoor hoe dit klink as jy lag, ek wil weet hoe dit lyk as jy met jou tong oor jou lippe vee, hoe jou hare ruik as ek teenaan jou staan, ek wil weet of jy elke dag dieselfde hangertjie dra en of jy hulle afwissel en hulle spesiaal kies vir die oomblik en die klere wat jy aanhet, ek wil weet hoe voel dit om jou nek te streel en jou parfuum te ruik, ek wil weet hoe lyk jy as jy nadergestap kom, ek wil weet hoe lyk jou hande, hoe dit lyk as jy in kerslig ‘n wynglas vashou terwyl ons saam iets eet iewers op ‘n spesiale plek, ek wil weet hoe jy lyk as jy gemaklik oorkant my sit en ek in jou oë kyk, ek wil weet hoe lyk jou bene in ‘n bikini en ek wil weet hoe lyk jou kuite as jy ‘n korterige rompie aanhet en in hoë hakke wegstap van my af, ek wil jou sien as jy verleidelik voor my uitstap in die gang, ek wil jou asemhaling teen my voel as jy in my arm lê terwyl ons ‘n movie kyk, ek wil jou hoor giggel vir snaaksie grappies en ek wil sien hoe jy lyk wanneer die beauty en hartseer van ‘n besonderse oomblik jou oorval, ek wil die trane in jou oë afvee as jy my gaan mis omdat jy my vir ‘n rukkie nie gaan sien nie, ek wil nie vergeet hoe jou stem klink as dit oor jou lippe kom en jy my vertel dat ek ‘n spesiaale plek in jou lewe het nie.

Ek wil weet wat jy dink en hoe jy voel, ek wil weet wat vir jou belangrik is, ek wil weet waarvan jy hou en wat jy waardeer, ek wil weet wat jou motiveer, ek wil jou opinie hoor, ek wil met jou gesels tot laat in die nag oor allerhande dinge wat by ons opkom, ek wil jou werklik beter leer ken en jou waardeer vir die wonderlike vriend wat jy is. 

Dit is die dinge wat ek wil weet van jou, ek wil eerder weet wie jy is, as al hierdie ander oppervlakkige dingetjies…

Categories: Sommer praat...

Most deadliest…

March 25, 2008 · 5 Comments

Around the early 1950’s a new class of organophosphate compounds was discovered by British researchers working on agricultural pesticides. Some of these was to toxic for safe use and was withdrawn from the market, but the toxicity did not go unnoticed and subsequent tests, evaluation and development was done by the Bristish Armed Forces.

And so was born a new group of nerve agents, the V-group, amoung them also the most wellknown of this group and the deadliest substance known to man today, VX Nerve Agent. The lethal median dosage for adult humans is as little as 10 milligrams through skin contact and about 40 milligrams per minute per cubic metre for inhalation.

VX has the texture and feel of high-grade motor oil and is amber in colour.  It is odourless and tasteless and works by blocking certain enzymes which controls the “off” switch for your muscles.  The effect being that once you have come into contact with VX nerve gas, your muscles does not relax and contracts continuesly throughout your body.  Sustained contraction of the diaphragm eventually leads to asphyxiation.

The worlds largest stockpile of VX is located in the United States and is estimated to be around 2.5 million pounds of the stuff.  Should this catch fire, the smoke from such a fire will be enough to kill the entire population of the earth several times over.  Now…isn’t that something to think about?

It has been said that this is one of those discoveries which mankind wish it could just undo…

Categories: Space & Science

Veels geluk…

March 24, 2008 · 4 Comments

Vandag verjaar een van die wonderlikste mense wat ek nog ooit die voorreg gehad het om te ken.  Dis jammer dat jy so ver weg bly, maar in my hart is jy naby en my wens vir jou vandag is alles wat jou gelukkig maak!  Ek hoop jy het die KKNK geniet en dat die spesiale mense in jou lewe wat wel by jou is, jou dag vandag baie spesiaal sal maak.

Jy was nog altyd opreg en getrou in jou vriendskap en vandat ek jou leer ken het, het jy nog nooit geoordeel nie, jy was altyd eerlik in jou opinies en altyd bereid om te luister, te help en soms selfs te raas!  Jou vrygewigheid en die moeite wat jy doen vir jou vriende het vir my gewys hoe spesiaal jy in my lewe is, indien ek jou nooit geken het nie sou my lewe beslis armer gewees het my vriendin.

Ek hoop jy het ‘n wonderlike dag René… en mag al jou drome waar word!

Lots of hugs…

Categories: Hot girls

Beautiful vir my…

March 21, 2008 · 13 Comments

Ek is mal oor hierdie song, het dit vandag so paar keer op ‘n music dvd geluister.  En ek wonder hoeveel van ons was al in so situasie, en hoekom ons liefkry en seerkry en dit weer en weer en weer elke keer van voor af doen.  Ek weet hoekom ek dit doen.  Want nie elke verhouding is noodwendig sleg vir jou nie, daar is nice girls en daar is nice ouens, en miskien is jy al 35 jaar getroud en weet waarvan ek praat, en miskien is jy onlangs geskei en glo my nie, maar ek kan jou belowe, jy mag my maar glo op hierdie ene….

Beautiful in Beaufort-Wes: Gert Vlok Nel (Soos gesing deur Theuns Jordaan)

Jy was Beautiful in Beaufort-Wes, en ek was so verskrik
en verskriklik lief vir jou, en ek en jy het op grafte en op treine op
Ford Fairlane se agterseats gevry.
En nou is jy en jou man both computer analysts,
laas winter, you tried to cut above your wrists en nou skryf jy vir my

Koortjie:
Jy kan nie meer slaap nie. Nie nie meer lag nie,
nie meer iets vir jouself doen nie en nooit ooit weer vir my soen nie.

Mooi, mooi, mooi was jou woorde ook terwyl jy Menthol sigarette rook,
en al daai sweet, sweet dinge vir my sê terwyl jy sweet, sweet in my arms lê.
En die presiese woorde ‘t ek presies vergeet, ek onthou net die rook en die sweet
in Beaufort-Wes en jou kaal liggaam onder koel summer cotton dress

Koortjie:
Nie meer slaap nie. Nie nie meer lag nie,
nie meer iets vir jouself doen nie en nooit ooit weer vir my soen nie

En dis miskien soos ‘n storie uit die Huisgenoot,
maar jy het een aand skielik vir my weggestoot
en in die rearview mirror jou gesig gekyk en gesê miskien moet ek gelukkiger lyk
en daardie aand kon ek nie aan die slaap raak nie
Ek het gevoel hoe my hart los ruk uit my lyf en soos ‘n roeiboot al in die rivier af dryf

Koortjie:
Ek kon nie meer slaap nie. Nie nie meer lag nie
nie meer iets vir myself doen nie, en nooit ooit weer vir jou soen nie

Die laaste herrinering waaroor ek skryf is die nag ek en jy
die melktrein aan en aan die nag in ry tot anderkant die ding-dong gong
van die breakfast waiter in die gang verby
Dit was my wake-up call my lief, jy het gesê: “Wees asseblief lief vir my”,
maar ek’t gedroom ons het in Beaufort-Wes gaan woon

Koortjie:
Ek kon nie meer slaap nie. Nie nie meer lag nie,
nie meer iets vir mekaar doen nie en nooit ooit weer vir jou soen nie.
Ek kon nie meer slaap nie. Nie nie meer lag nie
Nie meer iets vir myself doen nie en nooit ooit weer vir jou soen nie.

Categories: Sommer praat...

Mooi woorde…

March 20, 2008 · 10 Comments

“As jy gee, moenie onthou nie.


As jy ontvang, moenie vergeet nie.”

Categories: Sommer praat...

A Wounded Nation.

March 20, 2008 · 2 Comments

Sunday Herald, Scotland
Wounded Nation

The lights are literally and figuratively going out all over South Africa as crime, corruption and mismanagement push the rainbow country towards becoming another failed African state.

By Fred Bridgland
Saturday 9th February 2008

AFTER bathing in the warm, fuzzy glow of the Mandela years, South Africans today are deeply demoralised people. The lights are going out in homes, mines, factories and shopping malls as the national power authority, Eskom - suffering from mismanagement, lack of foresight, a failure to maintain power stations and a flight of skilled engineers to other countries - implements rolling power cuts that plunge towns and cities into daily chaos.

Major industrial projects are on hold. The only healthy enterprise now worth being involved in is the sale of small diesel generators to powerless households but even this business has run out of supplies and spare parts from China. The currency, the rand, has entered freefall. Crime, much of it gratuitously violent, is rampant, and the national police chief faces trial for corruption and defeating the ends of justice as a result of his alleged deals with a local mafia kingpin and dealer in hard drugs.

Newly elected African National Congress (ANC) leader Jacob Zuma, the state president-in-waiting, narrowly escaped being jailed for raping an HIV-positive woman last year, and faces trial later this year for soliciting and accepting bribes in connection with South Africa’s shady multi-billion-pound arms deal with British, German and French weapons manufacturers.

(more…)

Categories: Current Affairs