Da Mario se gepraat…

Calypso…

Maart 4, 2008 · 21 Kommentaar

Ek het begin krieket speel in 1986.  Teen 1988 het ek Maandae en Woensdae by die skool krieket geoefen, en Dinsdae en Donderdae by die dorp se krieketklub.  Ek was redelik goed met batting, maar aan die begin het ek nogal uitgeblink met boulwerk ook. Vrydae het ons normaalweg vir die skool ‘n wedstryd gespeel en Saterdae vir die klub. Party Sondae het ek en so paar vriende op ons eie in die nette gaan boul en bat.
In 1988 het ek gekolf met ‘n County Calypso bat. Hy het so prentjie van ‘n palmboom agterop gehad as ek nou reg onthou. Dit was die eerste keer dat kolwe begin dikker raak het rondom die sweetspot en ek het daai bat se hitting power regtig geniet! Dit was ook die tyd van die Grey Nichols met die diep-blou/pers kol agterop, die voorloper tot die soort wat Hansie later beroemd gemaak het.  In 1990 het ek ook aandkrieket begin speel nadat ons Gauteng toe getrek het, wat baie lekker was, dis amazing hoe jy soms daai wit krieketbal kan laat swaai. Begin hom op bypen en hy swaai verby ‘n regshandige kolwer buite die wegpen… Die ander voordeel is, dis nooit so flippen warm nie! Maar ek het daai County bat geniet… ek dink dis waar my liefde vir GROOT shots begin het. Die verste wat ek ooit ‘n krieketbal geslaan het was 96m oor diepby se kop deur die lug, maar dit was in 50 over krieket op klubvlak met lekker vinnige boulers en ‘n 5 star Laser-bat. Dit het hulle seker goed 10-15 minute gevat om daai bal te kry! Na die shot toe die bal oor die heining verdwyn het kom die paaltjiewagter na my aangestap en merk droog op: “Fok…jy het die leer van daai bal afgeslaan….” Hehehehe!!

Ek het na my stint in die Army klubkrieket in Pretoria begin speel. Vir 10 jaar lank het ek vir dieselfde klub gespeel, gedurende die week soms gehelp met die veld se voorbereiding, soms die pitch water gegee of gesny of gerol, soggens voor die game die pitch die laaste keer gerol tydens tuiswedstryde, die laaste 2 jaar as kaptein van die span. Toe ek daar begin het, sou ek normaalweg op no.7 of 8 gaan bat het, gedurende die eerste seisoen het ek elke game ‘n posisie hoër gebat tot ek die batting in die laaste paar games geopen het.  En dis waar ek ook my career klaar gemaak het, as opening batsmen.  Ek het dit altyd gehaat om te sit en wag om te gaan bat.  Ek het eerder verkies om die eerste bal te face en dit oor en verby te kry.  Ek wag nie baie goed nie.  Ek het ook op ‘n stadium, kort na my huwelik, minder begin speel en oefen en toe vir ‘n rukkie vir die tweede span gespeel as kaptein, opening batsmen en opening bowler.  Hehehehe… dit was lekker tye.  Maar toe ek nog baie geoefen het kon ek easy, sonder om werklik moeg te wees na die tyd, 10 boulbeurte in ‘n ry afstuur. 
Ek kyk vroëer vanaand op een van my ou rekenaars deur van die stats.  In die ‘97-’98 seisoen het ek 20 paaltjies in 14 games gevat vir ‘n average van 14.55 lopies per paaltjie, in ‘98-99 seisoen 19 paaltjies teen ‘n average van 19.25 per paaltjie en die volgende seisoen 23 paaltjies teen 15.50 lopies per paaltjie.  Ek het nie ‘n idee wat ek met die files gemaak het waarin ek my batting averages gehou het nie, maar dit was normaalweg hier in die lae 30’s per beurt.  Niks fantasties nie, maar goed genoeg om jouself regtig baie te geniet.

Ek is later weer terug eerste span toe. Cris is op ’n stadium gebruik as die span se amptelike tellinghouer, maar sy het nooit daarvan gehou as ek raakgeboul word nie. Ek dink ek het wonderlike vriende gemaak in daardie tyd en soms wens ek dat ek nog die tyd of geleentheid gehad het om rustig krieket te speel.  Nie meer vir die eerste span nie, want dit word op 30 alreeds moeilik genoeg om saam met die jong latte te hardloop, plus dis nie lekker om 100 overs ‘n Saterdag te speel nie. Jy kry bittermin tyd vir jouself, jou gesin en jou huis.

Ek onthou altyd, as ek uitgestap het om te gaan bat, dan het ek dit gedoen sonder ‘n helmet.  Ek het vir boulers wat iets daaroor te sê gehad het altyd vertel dat hulle maar kan omdraai en verder gaan boul, hulle is nie vinnig genoeg om my teen die kop raak te boul nie. Obviously het so paar probeer, maar my nooit getref nie.  Naby gekom ja, maar nie getref nie.  Ek het so paar keer seer gekry, my ballbox is by twee geleenthede deur ‘n krieketbal gebreek, die bat handle het eendag gebreek toe ek ‘n kortbal haak, en asof dit nie genoeg was nie tref die bat my toe nog teen die agterkop ook! Ek het eenkeer ‘n krieketbal in die gesig gekry, maar dit was meer ‘n freak accident as enige iets anders. Ek wou weer die bal haak, maar toe spat die bal skrams op vanaf die bat se punt tot in my gesig. Ek onthou dit vandag nog, ek het net kans gehad om my gesig effe te draai toe is die bal in my vas. Die naat het so mooi patroontjie oor my wang gemaak, ek het omgespin toe die bal my tref en oor die paaltjies getrap, die paaltjiewagter was dadelik by om te hoor of ek okay is en teen die tyd dat ek die bloed klaar uitgespoeg en afgevee het was Cris en so paar spanmaats op die veld met ‘n bottel water. Die bouler het “sorry” gesê, hy was ‘n beter man as ek. As ek ouens raakgeboul het dan het ek gewoonlik gesmile en gevra hy moet volgende keer bietjie vinniger koes. Hehehehe… ek like krieket!

Dis ‘n wonderlike Game!

Kategorië Cricket · Sommer praat...

21 responses so far ↓

  • TristonJ // Maart 4, 2008 at 8:47 nm

    Dit klink waarlik of jy dit geniet het! :grin:

    Maar so n bal in die gesig moet vrek seer wees! As ek nou n man was sou ek dit eerder in die gesig gevat het as om dit hard genoeg tussen die bene te kry dat die bakkie breek :shock:

  • Da Mario // Maart 4, 2008 at 9:14 nm

    Hehehe… dis pynvol eitherway! ;)
    Ek het ook een keer in ‘n oefening ‘n bal op my groottoon gekry wat die nael in die lengte laat split het. Ek het nie geweet of ek moet lag of huil nie… maar ‘n ou survive, en later jare onthou jy net die lekker.

  • Gert Gariep // Maart 4, 2008 at 11:31 nm

    Ek laaik ook krieket, maar ek is ‘n toeskouer. My enigste praktiese ondervinding met krieket was toe ek in Std. 9 pak gekry het omdat een aand op die pitch gaan spin het.

  • Da Mario // Maart 5, 2008 at 7:00 vm

    Wel Gert Gariep, ten minste reken jy dis “praktiese ondervinding”! :lol:
    Maar eish….hoekom op die arme pitch?? :cry:

  • SHARKS // Maart 5, 2008 at 7:19 vm

    Ek geniet soms krieket. Ons het ‘n paar mooi spelers!!

  • Jaco // Maart 5, 2008 at 8:23 vm

    Ek moet rondborstig erken dat ek absoluut useless is met krieket. ‘n Mens “overrev” mos nie ‘n dieselenjin nie!

  • René // Maart 5, 2008 at 9:46 vm

    Uhmmm … ek hou nie van krieket nie! Shoot me! :lol:

  • TristonJ // Maart 5, 2008 at 10:12 vm

    René… duck so lank! :twisted:

  • Da Mario // Maart 5, 2008 at 10:37 vm

    René…
    Is dit nou die beste wat jy kan doen? Jy like nie krieket nie? :???:
    Al het ek nie krieket gespeel nie sou ek dit steeds gelike het, al was dit net vir die girlies in hulle bikini’s in die sonskyn langs die veld… ;)

  • Jenny // Maart 5, 2008 at 10:46 vm

    DM, exactly, die girls in bikini’s langs die veld is nie Renè se ding nie, sien…
    Maar moet darem sê die Black-caps se wicketkeeper se backside maak op vir daai ;)
    I don’t like cricket, I love it!

  • René // Maart 5, 2008 at 11:36 vm

    Maak nie saak HOE iemand krieket aan my probeer verkoop nie Da – ek kyk genuine eerder hoe verf aan ‘n muur droogword voor ek krieket kyk! Dis hopeloos te lank stilsit vir hierdie girl!! There’s people to meet, places to see, things to do out there in the real world! Hehe ;)

    En Jenny is reg – die meisies in bikini’s is nou nie wat ek my “ding” sal noem nie!

  • Die Gestorwe Soldaat // Maart 5, 2008 at 11:41 vm

    Ek stem saam met Jaco – ek’s geen high performance petrol-enjin nie! Ek het maar met stadige, doef-doef kragslae in die middel van die skrum my deel gedoen. Mind you, ek het onder-15 krieket gespeel. Ook maar net omdat daar niks anders was om te doen nie! Maar dit was erg moeite. Om al daai kit aan en op jou lyf te kry, uit te waggel penne toe, die eerste en enigste bal wat teen die spoed van witlig na jou toe aangeblits kom te face, die paaltjiewagter en bouler te hoor lag, en dan terug te waggel pawiljoen toe… Wat ‘n kak ervaring – eenkeer per week! In rugby was dit ‘n ander storie! 60 of 80 minute – dis wat ‘n diesel-enjin mos soek! Ek was gewoonlik eers goed opgecharge na halftyd, en dan het dinge lekker geraak! Krieket het nie halftyd gehad nie. En hier in die Kalahari brand die son ‘n veldwerker laat hy lyk soos laasjaar se depressie-bokkoms… Nee wat – ek like krieket van die walle af. Daar kan ek immers ‘n koue enetjie gebruik om die son mee te troef!

  • Jaco // Maart 5, 2008 at 2:14 nm

    Soldaat nou praat jy!
    En as die bestiering dit so wou hê dat daai selfde paaltjiewagter wat laas somer nog vir jou gelag het die opposisie se skrummie is, of die bouler hulle vleuel, dan het die spel rugby nog net soveel lekkerder geword. Daar diep binne-in die losskrum, dis daar waar ‘n diesel sy kragslae lewer. En die resultaat lyk bedrieglik baie soos ‘n krieketbal in die ete en drinke.

  • netjane // Maart 5, 2008 at 2:25 nm

    Ek like krieket, baie meer as rugby.

  • Da Mario // Maart 5, 2008 at 2:34 nm

    Jaco…
    Klaar jy sopas vir my ‘n moerse mistery op! :idea:
    Ek het nog altyd gewonder hoekom die voorspelers my altyd so wou verrineweer in die losskrums…. dis omdat ek ‘n bouler/vleuel was. :???:
    Maar dis okay, ons agterlyn-outjies is baie impressed met julle groot manne se krag in die skrums. So ‘n tok hier en daar word maar verdra, plus dis beter om getrap te word as om half dood geslaan te word… anyways… hoe anders moet ons die drieë druk as niemand vir ons die damn bôl uit die oond kan gee nie?

  • René // Maart 5, 2008 at 2:45 nm

    Daar is ander goed wat ek baie meer like as rugby EN krieket! Maar dis nou nie op die oomblik ter sprake nie… :mrgreen:

  • Da Mario // Maart 5, 2008 at 3:03 nm

    A nee a, hoe kan jy nou so geheimsinnig wees?? Please… do share!! :twisted:

  • Da Mario // Maart 5, 2008 at 4:03 nm

    Rene…
    Oe-la-la!! Wat ‘n sexy avatar!! :D
    Die 18-jariges kan maar gaan slaap… no need to look further! ;)

  • TristonJ // Maart 5, 2008 at 4:25 nm

    DM jy smeer jou botter lekker dik aan né? :twisted:

    René ek kan dink aan ten munste tien… :wink:

  • René // Maart 5, 2008 at 4:55 nm

    A lady doesn’t share EVERYTHING Da Mario … maar hoe meer ek daaroor dink, hoe langer word my lysie…!

  • Da Mario // Maart 5, 2008 at 5:00 nm

    Rene…
    Daai redenasie is aanvaarbaar, maar asseblief… deel net no.1 met my? :D

    TJ…
    Hoe ken jy my? Ek smeer altyd die botter lekker dik aan! :lol:
    Tot dit aan my verhemelte vasplak en ek my vingers verbrand…. :mrgreen:

Lewer Kommentaar