Da Mario se gepraat…

In this moment…

March 15, 2008 · 5 Comments

Kyk na hierdie prentjie.  Ek is mal daaroor…

ringplanetview1.jpg

Imagine ons kon so iets sien? Imagine hoe beautiful sou dit nie wees as jy daar kon sit saam met iemand spesiaals en opkyk na daai planeet nie? Imagine die stilte, die rustigheid, die liefde… jou soulmate.

I’m just one illusive moment away from perfection.

Categories: Sommer praat...

‘n L-a-n-g Somer…

March 15, 2008 · 6 Comments

Ek luister na Fourie se speech na die game.  En raai wat, hy weet nie wat fout gegaan het nie…. :roll:
Ek wonder of Frans Ludeke ‘n idee het? En wat dink Heyneke daar waar hy by die huis sit?

Hierdie week het die Bulls nie eers die fight probeer wen nie.  Vragie: Wat maak JP Nel in daai span?  Het hy nie die bal omtrent 6 keer ge-handle in die eerste helfte en hom 5 keer ge-knock nie? Die Bulls het flippen pateties gespeel.  Ek begin dit ernstig oorweeg om eerder vir die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party te skree as vir die Bulls.  En die Bulls is die Kampioenspan.  Kan jy dit glo??  Hulle lyk nie eers soos kampioene nie…

Laasweek het die Stormers met omtrent 20 punte gewen teen die Reds.  Vandag verloor die Bulls met 30…. WTF??

Ek het ‘n gevoel daar gaan so paar duisend meer alkoholiste wees in Pretoria oor 3 maande van nou af.

Categories: Sport