Da Mario se gepraat…

Voorkom haai aanvalle!

March 17, 2008 · 13 Comments

BAIE BELANGRIK: NEEM KENNIS!
Hoe om ‘n haai-aanval te voorkom:

1. Moenie in die see swem nie.
Meer as 99% van alle haai-aanvalle gebeur in groot watermassas, ook bekend as oseane. Die manier om vas te stel of jy in ‘n oseaan is, is om die water te proe. Dit behoort na sout te smaak.

2. Swem saam met vet mense.
Om jou kanse op ‘n aanval verder te verklein, vervang hulle sonbrandmiddel met iets wat na gebraaide biefstuk ruik.

3. Moenie in die water gaan sonder ‘n mes nie.
Dis sodat jy die swemmer naaste aan jou kan steek as jy ‘n haai gewaar. Sodra hy lekker bloei, swem so vinnig weg as wat jy kan .

4. Moenie paniekerig raak nie.
Bly kalm as ‘n haai jou byt. Dit sal nie help dat jy oorleef nie, maar die mense op die strand sal dit waardeer. Om iemand soos ‘n mal mens te hoor skree en gil, is nie lekker nie.

5. As nie een van die bogenoemde help nie, kak ‘n eiland!

Categories: Sommer praat...

13 responses so far ↓

Leave a Comment