Da Mario se gepraat…

Beautiful vir my…

March 21, 2008 · 13 Comments

Ek is mal oor hierdie song, het dit vandag so paar keer op ‘n music dvd geluister.  En ek wonder hoeveel van ons was al in so situasie, en hoekom ons liefkry en seerkry en dit weer en weer en weer elke keer van voor af doen.  Ek weet hoekom ek dit doen.  Want nie elke verhouding is noodwendig sleg vir jou nie, daar is nice girls en daar is nice ouens, en miskien is jy al 35 jaar getroud en weet waarvan ek praat, en miskien is jy onlangs geskei en glo my nie, maar ek kan jou belowe, jy mag my maar glo op hierdie ene….

Beautiful in Beaufort-Wes: Gert Vlok Nel (Soos gesing deur Theuns Jordaan)

Jy was Beautiful in Beaufort-Wes, en ek was so verskrik
en verskriklik lief vir jou, en ek en jy het op grafte en op treine op
Ford Fairlane se agterseats gevry.
En nou is jy en jou man both computer analysts,
laas winter, you tried to cut above your wrists en nou skryf jy vir my

Koortjie:
Jy kan nie meer slaap nie. Nie nie meer lag nie,
nie meer iets vir jouself doen nie en nooit ooit weer vir my soen nie.

Mooi, mooi, mooi was jou woorde ook terwyl jy Menthol sigarette rook,
en al daai sweet, sweet dinge vir my sê terwyl jy sweet, sweet in my arms lê.
En die presiese woorde ‘t ek presies vergeet, ek onthou net die rook en die sweet
in Beaufort-Wes en jou kaal liggaam onder koel summer cotton dress

Koortjie:
Nie meer slaap nie. Nie nie meer lag nie,
nie meer iets vir jouself doen nie en nooit ooit weer vir my soen nie

En dis miskien soos ‘n storie uit die Huisgenoot,
maar jy het een aand skielik vir my weggestoot
en in die rearview mirror jou gesig gekyk en gesê miskien moet ek gelukkiger lyk
en daardie aand kon ek nie aan die slaap raak nie
Ek het gevoel hoe my hart los ruk uit my lyf en soos ‘n roeiboot al in die rivier af dryf

Koortjie:
Ek kon nie meer slaap nie. Nie nie meer lag nie
nie meer iets vir myself doen nie, en nooit ooit weer vir jou soen nie

Die laaste herrinering waaroor ek skryf is die nag ek en jy
die melktrein aan en aan die nag in ry tot anderkant die ding-dong gong
van die breakfast waiter in die gang verby
Dit was my wake-up call my lief, jy het gesê: “Wees asseblief lief vir my”,
maar ek’t gedroom ons het in Beaufort-Wes gaan woon

Koortjie:
Ek kon nie meer slaap nie. Nie nie meer lag nie,
nie meer iets vir mekaar doen nie en nooit ooit weer vir jou soen nie.
Ek kon nie meer slaap nie. Nie nie meer lag nie
Nie meer iets vir myself doen nie en nooit ooit weer vir jou soen nie.

Categories: Sommer praat...

13 responses so far ↓

  • Machiel // March 21, 2008 at 8:10 pm

    Ek is nie ´n TJ fan nie (SA het al genoeg Koos Doep´s -spaar my nog een). Hier gaan ek alweer met my suurigheid! :-)

    Ek´s egter mal oor Gert Vlok Nel. Het die cd met die dvd van GVN gekoop, maar kan ook nie regtig aan iets goeds dink om oor die dvd te sê nie - dis cd aan die anderkant is tops!

    GVN was op Nederlandse tv en ek het hom leer ken deurdat Nederlanders my van hom vertel het. Funny, hé?

  • platterfuss // March 21, 2008 at 9:04 pm

    goeie goeie smaak! Is dit nou ‘great minds’?! Hehe!

  • wag-ʼn-bietjie // March 21, 2008 at 11:56 pm

    Ek vrek oor die song!

  • netjane // March 22, 2008 at 12:53 am

    Ek hou ook vreeslik baie van die song. Veral die lyn “die presiese woorde het ek presies vergeet…”

    Daar’s ‘n hele paar sinne wat ek ook so presies “vergeet” het…

  • mykopop // March 22, 2008 at 7:05 am

    As singer-songwriter-freak verkies ek natuurlik GVN se weergawe, alhoewel ek dit eers by Theuns leer ken het, my vrou het sy CD’s. Tut dusver kon ek nog nie GVN se CD in die hande kry nie, ek kon wel eenkeer sy digbundel “Om te lewe is onnatuurlik” kry, maar dis baie dun en baie duur, en toe ek daardeur gekyk het, het dit glad nie vir my gesonders gelyk nie.

  • Pikkelik // March 22, 2008 at 10:12 am

    Ek is ‘n Theuns Jordaan fan en die lied is een van my gunstelinge. Sukkel ook om GVN Cd te bekom.

  • Tristonj // March 22, 2008 at 11:49 am

    Pragtig… Ek stem ook met jou saam DM al is ek wel onlangs geskei!

  • Da Mario // March 22, 2008 at 1:14 pm

    machiel…
    Ek glo nie Theuns is ‘n tweede Koos Dup nie. Net omdat hy van sy songs sing…dis bietjie ‘n groot sprong om te maak.

    Platty…
    Ek begin al sleg voel omdat ons nogsteeds nie gegaan het vir daai bier of ‘n blog get together ge-organise het nie. Ek belowe, dinge sal een van die dae rustiger gaan en dan organise ekke!

  • sterfling // March 23, 2008 at 3:58 pm

    B-E-A-U-T-I-F-U-L

  • Marina // March 25, 2008 at 1:55 pm

    Hierdie song maak die haartjies op my lyf regop staan…..dis pragtig!

  • happytheclam // March 26, 2008 at 9:26 am

    DM, deep down we’re all just sentimental fools. Ek seker die grootste een van almal, maar moet sê dis ‘n gorgeous song, nog beter as jy sien hoe hy dit live sing, so baie emosie… . .

  • Da Mario // March 26, 2008 at 9:54 am

    HappyTheClam…
    Bly om te sien jy is nog in die omgewing, en ek hoor hy doen dit so goed ja! So wanneer kom jy saam kareoke sing, jy is mos nog hier in Pta rond of hoe? Ek’t jou wat… 10 jaar laas gesien?? Of 5 of 6 jaar?? Anyways…

  • happytheclam // March 26, 2008 at 10:20 am

    DM, net ‘n e-mail weg en as jy nog bly waar jy gebly het, seker so 10 min se ry van jou huis af. Gee my ‘n datum en tyd en ek’s daar! Dink was 5 jaar, met BDC se oudse seun se b-day. Ek’s dalk oud, maar darem nog nie geheue verlies nie :)

Leave a Comment