Da Mario se gepraat…

Net vanaand…

March 26, 2008 · 14 Comments

Ek is siek en ek is by die huis.  En ek dink nie ek gaan môre werk toe nie, ek dink ek gaan dokter toe en ek dink dan gaan ek terugkom huis toe en myself baie jammer kry omdat hier niemand is om vir my ‘n bak lasagne te maak nie.  Dit is net te erg ouens!  Ek is op die punt om nie my meds te drink nie en net weg te kwyn…. sê tog net julle kry my jammer??

Anyways, daar maak mos so elke af en toe so e-mail die rondte met 20 of 50 vrae op wat jy dan moet antwoord en dit moet terugstuur na die persoon wat dit vir jou gestuur het en dan moet jy dit forward na 17 van jou vriende toe en hulle moet jou weer antwoord en so gaan die ding mos aan en aan en aan.  Ek dink dis sommer ‘n klomp nonsens.  Ek kry altyd die gevoel dis iets waarmee tipiese Amerikaanse tienerdogtertjies hulleself besig hou.  As ek so ding kry is my antwoord op soveel as moontlik plekke enige iets wat te doen het met “I’d like to screw your brains out” of enige iets anders wat so min werklike inligting weergee as wat ek kan opdroom.

Vir my is daar baie interessanter dinge om te wil weet: Ek wil weet hoe jy lyk as jy glimlag, ek wil weet hoe lyk die dansende duiweltjies in jou oë wanneer jy met my spot, ek wil hoor hoe dit klink as jy lag, ek wil weet hoe dit lyk as jy met jou tong oor jou lippe vee, hoe jou hare ruik as ek teenaan jou staan, ek wil weet of jy elke dag dieselfde hangertjie dra en of jy hulle afwissel en hulle spesiaal kies vir die oomblik en die klere wat jy aanhet, ek wil weet hoe voel dit om jou nek te streel en jou parfuum te ruik, ek wil weet hoe lyk jy as jy nadergestap kom, ek wil weet hoe lyk jou hande, hoe dit lyk as jy in kerslig ‘n wynglas vashou terwyl ons saam iets eet iewers op ‘n spesiale plek, ek wil weet hoe jy lyk as jy gemaklik oorkant my sit en ek in jou oë kyk, ek wil weet hoe lyk jou bene in ‘n bikini en ek wil weet hoe lyk jou kuite as jy ‘n korterige rompie aanhet en in hoë hakke wegstap van my af, ek wil jou sien as jy verleidelik voor my uitstap in die gang, ek wil jou asemhaling teen my voel as jy in my arm lê terwyl ons ‘n movie kyk, ek wil jou hoor giggel vir snaaksie grappies en ek wil sien hoe jy lyk wanneer die beauty en hartseer van ‘n besonderse oomblik jou oorval, ek wil die trane in jou oë afvee as jy my gaan mis omdat jy my vir ‘n rukkie nie gaan sien nie, ek wil nie vergeet hoe jou stem klink as dit oor jou lippe kom en jy my vertel dat ek ‘n spesiaale plek in jou lewe het nie.

Ek wil weet wat jy dink en hoe jy voel, ek wil weet wat vir jou belangrik is, ek wil weet waarvan jy hou en wat jy waardeer, ek wil weet wat jou motiveer, ek wil jou opinie hoor, ek wil met jou gesels tot laat in die nag oor allerhande dinge wat by ons opkom, ek wil jou werklik beter leer ken en jou waardeer vir die wonderlike vriend wat jy is. 

Dit is die dinge wat ek wil weet van jou, ek wil eerder weet wie jy is, as al hierdie ander oppervlakkige dingetjies…

Categories: Sommer praat...

14 responses so far ↓

  • TristonJ // March 26, 2008 at 9:21 pm

    jy het al my simpatie… en as ek nie self so siek gevoel het nie, was ek voor jou deur met n bak!

    ek stem, daar is soveel beter dinge wat mens van iemand kan weet as die tiepe kar wat hulle ry, en wat hulle wou word toe hulle nog klein was :wink:

  • Jasper // March 26, 2008 at 10:13 pm

    hmmmmm…..

    Wat van ‘n tydjie in die midlands meander…
    iewers op ‘n jetski…

    dan kan jy darm sien hoe sy lyk in ‘n bikini ook :D

  • BB // March 27, 2008 at 6:39 am

    Hmmm – is nogal amazing soms as mens comments lees – hoe mens in sommige mense se oë die duiweltjies so kan sién dans; ‘n belly-laugh hoor en daardie hugs kan voél wat daardie mens met die vingers op ‘n keyboard uitdeel, is dit nie?
    (((DM))) :wink:

  • Jenny // March 27, 2008 at 8:40 am

    Arme DM, hoop jy voel beter vandag!
    Sal my italiaanse tannie uit die kas gaan haal, haar afstof, en haar vir jou e-pos, as dit sal help ;) !

  • meermin // March 27, 2008 at 9:42 am

    Agge shame, ekke sal jou maar jammer kry, maak daai mondjie oop, nog bietjie groter, sluk nou al die med, en gaan klim in daai bed en dux!! Lasagne, lekker!!

  • Dellie // March 27, 2008 at 10:54 am

    Issit die medikasie wat jou sulke diep dinge laat dink? Maar dis mooi, en baie waar.

    Hoop jy voel gou beter. :wink:

  • Celéste // March 27, 2008 at 10:54 am

    Ek wonder of jy in al jou verhoudings ook dieselfde gevoelens gehad het terwyl jy betrokke was by iemand en of jy nou net so voel omdat jy alleen is? (die kommentaar oor jy wil weet hoe sy lyk, wat sy dink, hoe sy voel ens.). Want jy is besig om jouself te straf deur dinge te wil hê en oor dinge te lê en tob wat op hierdie stadium buite jou bereik is. Konsentreer op dinge buite verhoudings met girls. Hou jou besig met dinge anders as verhoudings. Moenie wonder oor dinge wat jou seerder maak nie. Jy sal sien – dit sal nog die lekkerste tyd van jou lewe raak en eendag (uit die bloute, sonder dat jy daarna gesmag het), sal SY jou lewe instap.
    As bogenoemde na onsimpatieke en harde woorde klink – dit is nie. Dis taai woorde van ‘n sussie wat jou baie lief het (met ondervinding agter die blad). “Suck it up marine!”

  • Pikkelik // March 27, 2008 at 11:56 am

    Ek dink dit is pragtige woorde… as dit is wat jy dink as jy siek is, kan jy gerus meer siek word. (Jis, jy’t ‘n kwaai sussie!)

  • Da Mario // March 27, 2008 at 12:06 pm

    Celéste…
    Die Marine suck dit goed op, maar dis darem nie heeltemal die bedoeling wat ek gehad het nie!! En natuurlik het ek binne verhoudings al so gevoel, soms is dit net nie regtig genoeg nie, jy weet mos. Ek geniet die tyd op my eie geweldig baie, en nee, ek straf nie myself deur te tob oor verhoudings nie, ek is die laaste ou wat ‘n girl gaan date net omdat ek alleen is! As sy nie ‘n bydrae in my lewe maak nie gaan sy nie lank hou nie, hence – no more 20 year olds… :twisted:
    Die girls wat ek ken is almal vriendinne en hulle is almal wonderlike mense, ons geniet dit om saam uit te gaan en daar is meer as genoeg goed in my lewe anders as verhoudings!! Ons het baie pret en date nie, so ek dink jy sit bietjie die klip mis…. :lol:
    Maar nou ja, thanks dat jy omgee, jy is ‘n goeie sussie – okay… ook die enigste ene maar nogsteeds!! :mrgreen:

    By the way, wanneer kuier ons weer, dit klink of jy ‘n drukkie kort!?

    Pikkelik…
    Lol, jy moet haar sien, sy kan BAIE kwaai wees, dis hoekom ek nie skrik vir kwaai girls nie, ek’t saam met ene groot geword!! Ek kry wel soms haar arme man jammer… ;)

  • Celéste // March 27, 2008 at 12:16 pm

    Sien jy, noudat jy mooier verduidelik het, kan die ander ook sien dat dit nie SO sleg met jou gaan nie.
    :lol:
    Wat die kuier aanbetref: gee kans, amper klaar gebou – dan’s my naweke weer my eie. As jy egter saam met my en ‘n kriewelrige 5-jarige in die winkels wil rondhang en goed soek vir die nuwe huis kan jy gerus deurkom. Jy kan selfs kom help pak!!!
    :evil:

  • gertgariep // March 27, 2008 at 3:01 pm

    Ek weet nou watter siekte jy het nie. Dalk werk jou maag en dalk het jy griep want die winter is oppad?

    In elk geval, maak nie saak watter een nie, hierdie “biker raat” sal jou gou laat beter voel. Miskien. Dalk. Hoop ek.

    1. Koop vir ‘n tydskrif. Hustler of so iets. Die prentjies sal jou gedagtes van jou seer keel of pynende lopende maag aflei.
    2. ‘n Dubbel Stroh sal die slegte kieme in jou maag doodmaak, of help dat die griepvirus vrek.
    3. Nog ‘n dubbel Stroh want jy het rus nodig, sodat jy lekker kan slaap en herstel.

  • Michelle // March 27, 2008 at 10:06 pm

    die fun van liefhe (daai rerige spesiale nuggets) le in die detail!
    Hoop jy voel gou beter :)

  • mykopop // March 27, 2008 at 10:12 pm

    Ek’s nou wel ‘n dag laat, maar toe ek verder lees klink jy glad nie vir my siek nie! ;) Spoedige beterskap!

  • Da Mario // March 28, 2008 at 7:45 am

    Mykopop…
    Nee ek is siek hoor, genuine! ;)

Leave a Comment