Da Mario se gepraat…

Entries from April 2008

Leke langnaweek!

April 30, 2008 · 22 Kommentaar

Vanaand is ek by Deur die mikke op Loftus.  Saam met my “It’s complicated”-girlfriend.  (Sorry, jy moet op Facebook wees om daai joke te vang…) :lol:

Gisteraand was ek in Hatfield vir my kareoke fix.  So ek is nie vanaand by O’Hagens nie.  Ek is by Loftus. Klink ek al opgewonde??  En dan kom ek natuurlik huis toe.  :mrgreen:

Check julle daai kant… en lekker lang naweek okay!

Kategorië Sommer praat...

Sy like jou…

April 29, 2008 · 19 Kommentaar

…en nou sit jy met haar opgeskeep op ‘n moer vervelige date. Jy is doodseker sy sal vir IEMAND ‘n baie nice vrou wees, maar defnitief nie vir jou nie. En soos dinge vir jou lyk is sy mentally besig om die strooimeisies se rokke te beplan. Face dit, dis soms nogal moeilik om van ‘n girl ontslae te raak never mind dat dit half onaangenaam is. So hoe doen jy dit??
Well, never fear when Da Mario is near, daar is dinge wat jy altyd op kan vertrou om haar te vertel wat sy nie gaan like nie, so hier is my public service announcement vir die week:

Hoe om ‘n girl gracefully die hasepad te laat kies, oortuig dat sy haarself ‘n guns gedoen het….

- Ek het afslag gekry toe ek die tweede keer in rehab was. Maar ekis nou 6 weke skoon en ek is seker dit sal nie weer gebeur nie…

- Ek is nogal geworry oor my vorige girl. Sy het nogal siek geword na die geboorte van die tweeling…. ek wonder of ek haar genoeg onderhoud betaal??

- Ek is nogal senuweeagtig vanaand. Dis my eerste date na die hofsaak klaar is, maar ek sweer ek was nie skuldig nie. In elkgeval het die doos gesoek daarvoor….

- As daai blonde pop daar anderkant oorkom en vra wie jy is, sê net hierdie is ‘n besigheids-ete.

- Ek lewe vir my 3 Rottweilers en my Harley. In daai volgorde.

- Ek trek nogal gereeld rond, op daai manier is dit baie moeiliker vir die krediteure om my op te spoor. By the way, sal jy mind om hiervoor te betaal as my kredietkaart nie wil deurgaan nie?

- My Ma is absoluut desperaat dat ek nou moet begin trou. Sy soek 6 kleinkinders.

- My familie kan nie wag om jou te ontmoet nie. Dis letterlik jare sedert ek laas ‘n girl huis toe gevat het.

- My Ma was nogal uitgefreak toe sy al die Hustlers en die boeie in my kamer ontdek.

- My Ma sê sy kan nie wag dat ek eventually ‘n girlfriend kry nie, sy sê sy is nou al nogal gatvol om my wasgoed te doen…

- Ek like stripshows kwaai. Ek vind hulle ‘n moerse turn-on vandat ek 13 was!

- Ek dink mense bad en was hulle lakens hopeloos te gereeld.

- Ek kan net nie my blyplek netjies hou nie, maak nie saak hoe hard ek probeer nie.

Hehehehe… so daar is hy! Noudat jy alreeds so paar corny pic-up line memoriseer het, memoriseer nou sommer so paar let-down lines ook. Jy weet nooit wanneer jy dit dalk mag nodig kry nie….

En sommer vir fun, los hier in die comments gerus nog so paar idees oor wat julle girls baie vinnig sal laat besluit om maar eerder nie weer met ‘n ou op ‘n date te gaan nie!

Kategorië Sommer praat...

Never ever?

April 28, 2008 · 9 Kommentaar

Daar is baie dinge wat nie altyd baie lekker is nie. Vir my is sommige van dit om op goed soos rowwe rollercoasters te ry, maar ek het al. Ook om daai inverted bungee-ding te doen… dis werklik iets anders! Die meeste rides wat jy sal kry op ‘n Skou of so, of byvoorbeeld by Gold Reef City, ek vermy hulle eerder. Sommige daarvan verskil van persoon tot persoon, maar daar is ook so paar universele dinge wat ons almal maar eerder wil vermy indien moontlik. Een van hulle is die einde van verhoudings, maar ons almal ervaar dit af en toe, sommige van ons meer as die gelukkige ander. Ek het vanoggend hierdie liedjie gehoor, en aan baie dinge gedink.
Ek was al in die posisie waar ek hierdie vragies vir ‘n girl wou vra en ek het verseker ook al girls in die posisie gesit waar hulle seker nie net hierdie vragies vir my wou vra nie, maar defnitief na die tyd nog ‘n brandende stake deur my sou wou slaan nadat ek vir drie dae met heuning oor my tussen rooi miere vasgemaak was. Either way, geniet hierdie pragtige song…

(meer…)

Kategorië Sommer praat...

Oor my en jou.

April 27, 2008 · 16 Kommentaar

Ek het swakhede, net soos jy.

En in jou swakhede ontdek ek my eie sterkpunte.  Soos wat ek nodig het dat jy by my sal staan in my uur van nood, so sit ek my arm om jou skouers wanneer jy moet swem deur die dieptes van jou gemoed. Miskien kan ek net sterk wees as ek weet dat jy my nodig het, dit gee my eie lewe betekenis. Miskien kan ek net volkome ekke wees as ek weet dat ek jou kan aanvul tot meer as die som van ons, dat ek ‘n lifejacket is in ‘n rowwe see. Maar vir my om ‘n hero te wees vir jou vereis ook dat jy jouself vir my moet oopmaak om te ontdek, dat jy die masker oor jou gesig moet laat sak. Dat ek jou moet kan sien wanneer jy werklik iemand nodig het en dat ek in daardie oomblik die een moet wees na wie jy draai om mee te gesels.

Om sin te maak uit wie ek is het ek nodig om jou hero te wees as jy down and out is. Ek wil die een wees wat jou optel en vertel dat alles okay gaan wees, dat ek dit okay sal maak vir jou, dat jy vanaand teen my skouer kan huil omdat jy iemand nodig het en weet dat ek dit kan beter maak. En dat ek nie minder van jou gaan dink nie. Ek het so nodig om jou te sien as jy opstaan en nie perfek is nie, ek het so nodig om te weet dat ek vir jou – soos jy vir my – maak dat ek ‘n beter mens wil wees. Ek het nodig om jou hartseer te sien, want in jou pyn en trane word ek jou hero.

Liefde is om vir iemand te gee sonder om terug te verwag. Liefde is ek wat jou red, dis die silwer rand wat ek om jou donker wolk sit, dis die hoop en geloof in iets beters saam as op ons eie. Ons is maar nietig en net ‘n spikkel stof wat in ‘n oomblik vergaan, maar hierdie oomblik is myne en joune. Ek is daar vir jou, in hierdie oomblik kan ek jou myself beloof.

Dis doodeenvoudig die moeite werd, want ek glo in die goedheid van mense.

Ek glo in my.

Kategorië Sommer praat...

Picture book…

April 26, 2008 · 4 Kommentaar

I look at all these pasted memories,
things, places and people I’ve seen
and I won’t ever try to see them again.
I see the people that I’ve loved
I feel those memories hurting me
there’s so much I took for granted…

I will not feel those special feelings
I won’t be in that place once again
I see the things that once hurt me.
I see myself as cold as I once was
I never told anyone how I felt
I think I might regret that now…

I see how loving life was at times,
and how I just let myself down
I see now what has consumed my life.
I look at all these long lost memories
memories that now are just killing me,
So old picture book, to you I now say good bye.

Kategorië Poetry

Tattoo…

April 25, 2008 · 4 Kommentaar

Sommer net om “Hello” te sê en jou te herinner daaraan dat ek aan jou dink. En eintlik ook net om jou te vertel dat ek dink jy is beautiful. Regtig. Soms dwaal my gedagtes maar onwillekeurig na jou en hierdie liedjie het dit weer laat gebeur. En toe dink ek maar sommer aan hoe mooi jy is en ek het maar net begin smile…. vriendskap is tog baie kosbaar en spesiaal!

Nou ja, ek hoop jy slaap goed en dat dinge net altyd beter gaan. So… ek dink aan jou en mis jou nagals!
Lots of hugs girl…

EN hier is die oorspronklike liedjie ook, ek kan hom net nie embed nie…

(meer…)

Kategorië Sommer praat...

Kuiertjie…

April 24, 2008 · 23 Kommentaar

An elderly couple, Margaret and Bert, moved to Texas. 
Bert always wanted a pair of authentic cowboy boots, so, seeing some on sale, he bought them and wore them home. Walking proudly, he sauntered into the kitchen and said to his wife, ‘Notice anything different about me?’
Margaret looked him over. ‘Nope.’
Frustrated, Bert stormed off into the bathroom, undressed and walked back into the kitchen completely naked except for the boots. Again he asked Margaret, a little louder this time, ‘Notice anything different NOW?’ Margaret looked up and exclaimed, ‘Bert, what’s different? It’s hanging down today, it was hanging down yesterday, it’ll be hanging down again tomorrow!’
Furious, Bert yelled, ‘AND DO YOU KNOW WHY IT’S HANGING DOWN, MARGARET?’ 
‘Nope’, she replied.
‘IT’S HANGING DOWN, BECAUSE IT’S LOOKING AT MY NEW BOOTS!!!!’
Without changing her expression, Margaret replied, ‘Shoulda bought a hat,Bert. Shoulda bought a hat.’

Hehehehe, ek het gedink dis nogal ‘n oulike grappie wat ‘n goeie vriendin vanoggend vir my gestuur het! Anyways, ons was toe gisteraand uit om bietjie by O’Hagens in Ninapark te gaan kuier, en dit was soos altyd baie lekker. Oraait…selfs lekkerder as gewoonlik want hierdie keer het nog so paar vriende ons gejoin. Ongelukkig kon nie almal saamkom wat aanvanklik wou nie, maar ons het die aand none the less nogsteeds baie geniet! Het so paar lekker songs gesing en lekker gekuier en selfs nogsteeds op ‘n heel sinvolle tyd huiswaarts gekeer!
Thanks vir Platty vir die ogies wys en Janine dat jy ook saamgekom het, en vir julle almal vir die lekker kuier en gesels. Ek post dalk later so paar foto’s, miskien môre of so… sal maar sien!

Nou ja, vandag is ‘n wilde dag vir my, so laat ek werk…

Kategorië Sommer praat...

Scared shitless…

April 23, 2008 · 29 Kommentaar

Daar is sommige dinge waarvoor ek bang is. Dis nie ‘n bangheid van spinnekoppe en goggas en spoke of die donker nie, dis ‘n bangheid vir die dinge wat gepaardgaan met verhoudings. Die ding is, ek hou nie daarvan om dinge op te fok nie. En solank jy bang is beteken dit tog dat jy steeds iets het om te verloor wat die moeite werd is om aan vas te hou.
Of hoe?

Ons doen almal tog net die beste wat ons kan… en dit behoort op die einde goed genoeg te wees. Maar jy het geloof nodig en dis soms moeilik. Ek hou van aandag. Ek gee maklik en ek gee baie, maar verhoudings is immers ‘n tweerigting straat. Dit moet van twee kante kom, of jy kan maar vergeet. Nie waar nie? Verhoudings is nie easy nie, jy moet daaraan werk. Elke dag.

Of is ek ‘n simpel mansmens vandag?

Kategorië Sommer praat...

Laaste Rusplek…

April 22, 2008 · 26 Kommentaar

Kinders is kosbaar, hulle beteken so baie. Ons het hulle tog onvoorwaardelik lief. Ons sal enige iets doen om hulle te beskerm, maar vanoggend het ek ook die teenoorgestelde ervaar.

Kyk na die foto hieronder, dis ‘n asblik in die straat voor my werk…

 

Dit was ook vanoggend die laaste rusplek van ‘n kindjie.
‘n Klaarblyklik pasgebore babatjie was in ‘n geel en rooi Shoprite plastieksak. Toegedraai in blou plastic wrapping. Dood. Weggegooi soos ‘n leë koeldrankbottel of gisteraand se pizza box.

Watter tipe van dier doen so iets? Of nee wag, diere doen nie eers so iets nie. Hoe kyk jy na die kindjie aan wie jy sopas die lewe geskenk het en besluit jy soek hom/haar nie? Hoe besluit jy dat hulle beter sal pas in so paar stukke plastic wat in jou garage rondlê? En los hom dan daarin, koud en onbeskermd. En sit hom dan in ‘n plastieksak en dan loop jy en gaan gooi hom weg…soos gister se vuilgoed. Hoe los jy ‘n weerlos kindjie om dood te gaan? Alleen. En as jy arm is en die babatjie word doodgebore by die huis, of sterf in jou sorg… hoe kan jy selfs dan dink dis okay om hom in daai asblik te gaan gooi? Hoe totally fucked-up kan jy wees? Watter tipe gebrek bestaan in jou siel? Hoe onmenslik kan of wil jy wees? Wat de fok is fout met jou….

Bid jy vir die mensdom, of is dit reeds te laat?

Kategorië Sommer praat...

Bloggers Meeting!

April 19, 2008 · 16 Kommentaar

 

Hier’s die amptelike uitnodiging!

Thanks aan DGS vir die stukkie kunswerk!

Kategorië Sommer praat...