Ek sit gister en dink, met die dat Zimbabwe so traag is om die verkiesingsuitslae bekend te maak, wat sou ek gedoen het as ek nou Robert Mugabe was?
Wel, aangesien vandag 1 April is sou ek onmiddellik vanoggend ‘n nuuskonferensie gehou het, soveel moontlike buitelandse verslaggewers genooi het en ‘n aankondiging gemaak het. Ek sou gesê het dat Morgan Tsvangirai die verkiesing gewen het en dat hy binnekort ingesweer sal word as die nuwe President. Dan sou ek fyn dop gehou het wie lyk almal baie happy en hulle name onthou het. Ek sou die grensposte almal sluit. Ek sou dan almal wat happy was oor die aankondiging in die tronk gooi en die sleutel verloor. Ek sou al die buitelandse joernaliste ook in die tronk gooi, sommer net vir die lekker. Dan sou ek nog ‘n nuuskonferensie hou en vir die wêreld lag omdat hulle geval het vir my April fools joke. En dan sou ek nog 28 jaar lank regeer het omdat ek slawe-arbeid weer sou instel. Almal sou verniet werk en ons sou net mielies en grondbone uitruil.
Ek sou dit mos maar kon doen as ek ‘n effe mal despoot was of hoe, dis immers 1 April…