Ek sit gister en dink, met die dat Zimbabwe so traag is om die verkiesingsuitslae bekend te maak, wat sou ek gedoen het as ek nou Robert Mugabe was?
Wel, aangesien vandag 1 April is sou ek onmiddellik vanoggend ‘n nuuskonferensie gehou het, soveel moontlike buitelandse verslaggewers genooi het en ‘n aankondiging gemaak het. Ek sou gesê het dat Morgan Tsvangirai die verkiesing gewen het en dat hy binnekort ingesweer sal word as die nuwe President. Dan sou ek fyn dop gehou het wie lyk almal baie happy en hulle name onthou het. Ek sou die grensposte almal sluit. Ek sou dan almal wat happy was oor die aankondiging in die tronk gooi en die sleutel verloor. Ek sou al die buitelandse joernaliste ook in die tronk gooi, sommer net vir die lekker. Dan sou ek nog ‘n nuuskonferensie hou en vir die wêreld lag omdat hulle geval het vir my April fools joke. En dan sou ek nog 28 jaar lank regeer het omdat ek slawe-arbeid weer sou instel. Almal sou verniet werk en ons sou net mielies en grondbone uitruil.
Ek sou dit mos maar kon doen as ek ‘n effe mal despoot was of hoe, dis immers 1 April…
21 responses so far ↓
Jenny // April 1, 2008 at 9:08 vm
Miskien moet jy nie daai blikskottel idees gee nie!
netjane // April 1, 2008 at 9:40 vm
Om ‘n ordentlik despot te wees moet jy nog so moerse jas van een of ander pels en pers lap hê, wat swiep as jy draai. Die jas sal help vir ‘n beter exit as jy “so long – SUCKERS!” skree.
Meermin // April 1, 2008 at 10:01 vm
Baie snaaks, gelukkig is jy nie pik swart nie! Nee wat as ek hy was sou ek al lank al die handdoek ingegooi het, die man is dan al oor die muur!!
Lekker dag vir jou.
Da Mario // April 1, 2008 at 10:20 vm
Netjane…
Ek like daai jas idee, piele vir Sannie! Ek sal ook almal in die tronk gooi wat vir my skree: “Wat die fok??” nadat ek daai exit maak.
netjane // April 1, 2008 at 10:21 vm
netjane // April 1, 2008 at 10:25 vm
As ek ‘n wreedaard was sou ek al my “subjects” forseer het om vir my skoene te maak, Imelda Marcos se gat.
O ja, DM, jy sal moet werk aan jou “mwahahahahahaha” evil lag ook.
Da Mario // April 1, 2008 at 10:31 vm
As ek ooit die kans het om ‘n despoot te word Jane, dan stel ek jou onmiddellik aan as my business-coach. Klink my jy het goeie idees!
netjane // April 1, 2008 at 10:36 vm
Ja, goeie idees, maar my ouers het my teruggehou!
Da Mario // April 1, 2008 at 10:38 vm
Whahahaha!!! ROFL!
Meermin // April 1, 2008 at 11:39 vm
Thanx vir die uitnodiging hoor, kan egter niks belowe nie, hoekom was dit nou nie eerder oor die naweek nie??? Groete vir Jasper as jy hom sien vamiddag!
Roer // April 1, 2008 at 1:15 nm
I wouldn’t put it past him.
happytheclam // April 1, 2008 at 1:47 nm
DM as jy een word, sal ek jou pimp wees soos Thabo Rob s’n is. In die belang van jou buitelandse beleggers en om sanksies te keer
TristonJ // April 1, 2008 at 3:40 nm
whahaha… ooo ek kan net DM in beheer van Zim sien… daai tronke gaan oop bars by die nate!
Pikkelik // April 1, 2008 at 7:52 nm
Hehehehe… Ek’s nog te bang om nuus te kyk, sê nou Rob se mafia lees jou blog….
meermin // April 2, 2008 at 12:37 nm
Ek sit nou so en wonner wat van jou en Jasper geword het, jy het nie ‘n nuwe inskrwying nie, so ook nie hy nie?? Het julle darem lekker gekuier gister? Ekke kon dit toe nie maak nie!!
Johan Swarts // April 2, 2008 at 12:37 nm
bwahahahahaha
hierdie is ‘n brilliant post, submit dit asseblief tog vir tydskrif
Johan Swarts // April 2, 2008 at 1:34 nm
terloops, gaan kyk ‘n bietjie wat braak ou franky oor ons op sy daaglikse dosis. is hy nie oulik nie?
ek het finaal besluit ek gaan my nie vererg vir hom nie, want ek het so ‘n slight clue hy probeer ons tart. hy’s soos ‘n seuntjie…
happytheclam // April 2, 2008 at 1:45 nm
Johan, ek het Frank ontmoet. Daar is nie nog nie woorde in die HAT om te beskryf wat ‘n ongelooflike platvloerse poephol die ou is nie. En money hungry soos min.
Aan die ander kant moet hom te kenne gee sy blog het my al baie kere verhoud om selfmoord te pleeg. Is altyd vervrissend om te weet daar is mense wat dommer en meer eenvoudig is as jy
Da Mario // April 2, 2008 at 2:26 nm
Johan…
Ek het gesien wat Frank skryf ja. Ek gaan liefs nie reageer nie.
Dellie // April 2, 2008 at 2:28 nm
Ja, waar IS jy en Jasper?
LOL @ happytheclam! So, ek neem aan julle gaan nie ‘n skenking maak aan sy “maatskappy-motor-fonds” nie?
Da Mario // April 2, 2008 at 2:57 nm
Hehehehe, nee Dellie, ek gaan nie onmiddellik oor my voete val om ‘n skenking te maak aan sy “maatskappy-motor-fonds” nie…