Nou ja, gistermiddag het ek en Jasper mekaar gou ontmoet vir so paar drinks by die Dros in Montana. Ek het sommer vir TrsitonJ ook saamgevat en toe het dit dus ontaard in so mini blog get together! Ongelukkig kon Meermin dit nie maak nie, maar miskien volgende keer?
Ons het net lekker rustig gekuier, gesels oor blogs en rekenaars en allerhande stuffies, die res was sommer maar oor onsself en ander what have you’s, maar die lekkerste was sommer net om iemand te ontmoet wie se blog ‘n ou gereeld lees, wat die kans het om die hele wêreld vol te travel en na al die dinge te luister en te deel. Jasper, dit was sommer baie lekker, ons maak weer so!
Vanaand het die O’Hagens waar ek altyd sing ‘n tema aand. Gaan opgedress as iets wat te doen het met seerowers. Ek het gedink ek gaan nie op die oomblik my beenafsaag en vervang met ‘n houtstomp nie, ook het ek nie ‘n papegaai om op my skouer te sit nie, ek het nie ‘n lekker seerower hoed nie en ek gebruik nog my linkerhand so af en toe so die standaard hook gaan ek nou nie fix nie. Ek kort ook ‘n lekker swaard en boots. En ek het nie so lekker groot wrede vuil baard nie. Ek dink ek sal maar as myself gaan, as ek meer tyd gehad het sou ek dalk opgedress het as my gunsteling seerower, Capt. Jack Sparrow van Pirates of the Caribean. En ek weet ek gaan defnitief Whiskey in the jar van Metallica sing, die liedjie het mos so lekker seerower gevoel aan hom.
And that’s me, signing off for today!