Ek gesels onlangs met ‘n vriend wat my vertel dat hy so rukkie terug in ietwat van ‘n morele dilemma was. Dit is voortspruitend uit die feit dat hy nou ‘n nuwe meisie het en dat sy een aand lus geraak het vir so bietjie aksie toe hy haar by die huis gaan aflaai en sy hom binne nooi vir ‘n koppie koffie. Anyways, een ding het gelei tot die volgende en hy het haar sensuele verleidelikheid aanvanklik van die hand gewys, waarna sy so bietjie harder probeer het en dis waaroor die ding nou eintlik gaan.
Almal weet hoe ‘n ou of girl optree teenoor jou wanneer hulle seksueel begin belangstel. Jy lees mos maar die signs, jy sien dit in hulle optrede teenoor jou en jy tel dit op uit wat hulle vir jou sê. Nou as hierdie tekens duidelik is, en die ander persoon kom sover om die woord “Nee” te sê, dan is my en sy vraag nou die volgende:
Is “Nee” soms slegs ‘n aanduiding dat jy eintlik belangstel in verdere onderhandelinge oor die onderwerp, dat jy bietjie later na bietjie meer verleiding jou aanvanklike posisie sal heroorweeg en sal belangstel en dat jy hom/haar net nog nie genoeg respekteer om in te gee nie, of is “Nee” ‘n plaasvervanger vir “Dit is die einde van die gesprek oor hierdie onderwerp”.
Julle sien, die rolle wat mans en vrouens binne verhoudings speel is lankal nie meer altyd clearcut nie. Sommige girls is aktiewe hunters, ander is happy om die prooi te speel. Dis lankal nie meer net mans wat die vra werk doen en dus hoor
“Ja” of “Nee” of “Miskien” nie. Soms word ‘n man daardie vraag gevra, en dan moet jy hom kan antwoord. Nou ek weet die meeste ouens dink hulle sal seker nie vinnig genoeg uit hulle klere kan spring as ‘n girl so vraag aan jou stel nie, maar dink nou oor die gevolge: ongewenste swangerskappe, seksueel oordraagbare siektes… daar is baie risiko’s.
En nog iets, as jy binne ‘n langdurige en ernstige verhouding is, of selfs getroud is, sal jou antwoord verskil van jou aanvanklike reaksie?