Opsommend?
Die mis was vanoggend daar teen die berg (met apologie aan Kapenaars) waar ek bly so dig ek kon skaars 50m sien, ek het verslaap want ek het gisteraand vergeet om my selfoon te stel, ek het ‘n moerse meeting vandag wat ek wens nie wil plaasvind nie, ek het vanaand ‘n date waarna ek uitsien, daar is ‘n hele naweek van sport op TV wat wag om enjoy te word maar eintlik wens ek net ek kon vir die naweek inboek by Lost City en op die sand gaan lê saam met ‘n oulike girl.
Oh well…
P.S.
Is bloggers nie maar almal woord-prostitute nie?