Da Mario se gepraat…

Blog Baas?

April 5, 2008 · 6 Comments

Jinne, imagine my skok toe ek inlog en my hele dashboard lyk anders.  Wat ‘n verrassing… dit voel amper asof ek van vooraf gaan moet leer wat hier aangaan!

Anyways, ek het gewonder of my blog my baas is.  Ek spandeer geweldig baie tyd op my blog en ook op ander blogs.  Miskien selfs te veel.  Soms self 10 ure per dag.  Ek dink dis bietjie baie.  So… in die toekoms kan ek dalk effe minder post, of effe korter, of effe minder tyd op die internet spandeer.  Ek wonder of ek dit sal kan regkry? Ek het selfs gedink aan ‘n maandlange sabatical.  Drasties ek weet…

Ek dink egter nie my blog is my baas nie.  Ek doen dit want ek hou daarvan, dit is ‘n stokperdjie, ek maak immers nie geld hieruit nie.  En ek kuier lekker hier saam met my mede bloggers in ‘n virtuele spasie, maar ek ken ook baie van julle persoonlik.  Dit is vir my ‘n addisionele spasie hierdie waar ek saam met my vriende soms ligsinnig kan wees, soms ernstig kan wees en waar ons inligting kan uitruil, van mekaar kan leer oor so wye verskeidenheid onderwerpe en waar ons sommer net soms op hoogte bly van wat waar aangaan met wie… dis maar net ‘n kuierplekkie in ‘n gejaagde lewe waar ons nog op ‘n manier tog connect en vriendskappe kan lewendig hou en nuwes kan kweek.

My blog is nie my baas nie, dis hier vir die lekker. 

Categories: Sommer praat...