Da Mario se gepraat…

Blog Baas?

April 5, 2008 · 6 Comments

Jinne, imagine my skok toe ek inlog en my hele dashboard lyk anders.  Wat ‘n verrassing… dit voel amper asof ek van vooraf gaan moet leer wat hier aangaan!

Anyways, ek het gewonder of my blog my baas is.  Ek spandeer geweldig baie tyd op my blog en ook op ander blogs.  Miskien selfs te veel.  Soms self 10 ure per dag.  Ek dink dis bietjie baie.  So… in die toekoms kan ek dalk effe minder post, of effe korter, of effe minder tyd op die internet spandeer.  Ek wonder of ek dit sal kan regkry? Ek het selfs gedink aan ‘n maandlange sabatical.  Drasties ek weet…

Ek dink egter nie my blog is my baas nie.  Ek doen dit want ek hou daarvan, dit is ‘n stokperdjie, ek maak immers nie geld hieruit nie.  En ek kuier lekker hier saam met my mede bloggers in ‘n virtuele spasie, maar ek ken ook baie van julle persoonlik.  Dit is vir my ‘n addisionele spasie hierdie waar ek saam met my vriende soms ligsinnig kan wees, soms ernstig kan wees en waar ons inligting kan uitruil, van mekaar kan leer oor so wye verskeidenheid onderwerpe en waar ons sommer net soms op hoogte bly van wat waar aangaan met wie… dis maar net ‘n kuierplekkie in ‘n gejaagde lewe waar ons nog op ‘n manier tog connect en vriendskappe kan lewendig hou en nuwes kan kweek.

My blog is nie my baas nie, dis hier vir die lekker. 

Categories: Sommer praat...

6 responses so far ↓

  • Roer // April 5, 2008 at 10:29 am

    As jy so sê DM. ;-) Is daar iewers ‘n internet-rehab fasiliteit, want ek het beslis hulp nodig vir hierdie verslawing.

  • Pikkelik // April 5, 2008 at 2:50 pm

    Ek gaan saam met Roer as jy iewers plek kry, dink net as almal daar is kan ons HEELDAG blog!

  • happytheclam // April 5, 2008 at 4:11 pm

    Hey ek sal jou mos hard . . . . en nee, nie soen nie!

    Niks nuus oor gisteraand se date nie?

  • Jaco // April 5, 2008 at 5:44 pm

    Rehab is for quitters. Ek is nog nie reg om blogging prys te gee nie.
    My blog is nie my baas nie maar eerder soos my vrou, sy sal aanhou tot sy kry wat sy wil hê.

  • mykopop // April 6, 2008 at 9:46 pm

    Moet sê dit het nogal vir my ook bietjie deurmekaar gelyk. Blog my baas? Nee wat, ek skryf net wanneer ek wil, nogal minder in die laaste tyd, mens kan dit aan die stats ook sien, maar so what, nou sukkel mens darem in elk geval meer net om die stats te kry!

  • machiel // April 7, 2008 at 12:30 pm

    Ek het nogal gewonder hoe lank die gemiddelde mens aan blogs spandeer. Jy’s baie gelukkig as jy soveel tyd het daarvoor!

Leave a Comment