Da Mario se gepraat…

Genuine happiness…

April 6, 2008 · 4 Comments

Het jy al ooit jouself gestop en gedink wat dit is wat jy besig is om te dink? Is jou gedagtes positief of is dit negatief? Is jy permanent besig om te wens vir iets beters, iets anders in jou lewe? Kan jy nie wag vir jou kinders om groot te word, vir die perfekte werk, die regte geleentheid, die perfekte huweliksmaat, die oomblik van jou aftrede nie?

Besef jy geluk is binne jou bereik, besef jy dit sit op jou skouer? Ek het jare gelede eendag ‘n beriggie in die koerant hieroor gelees en ek het dit uitgeknip omdat dit vir my ‘n eye-opener was, ek het dit gehou en ek het dit sedertdien seker al ‘n 1000 keer oor en oor en oor gelees. Ek het al selfs daaroor gepost. http://dmario.wordpress.com/2007/01/26/hou-op-jaag-storybook-love/

In elk geval, jy is die skepper van jou eie toekoms. Dit glo ek vas. Jy kan enige iets doen wat jy wil doen want JY weet wie jy werklik is. As jy die hele tyd sit en tob oor jou gewese mislukkings dan is al wat jy in jou toekoms gaan sien net nog mislukkings, nog hartseer. Hoekom dink jy nie aan jou suksesse nie? Hoekom herbeleef jy nie daardie oomblikke eerder oor en oor nie? En hoekom fokus jy nie op die positiewe dinge wat jy graag wil hê nie? Glo dit is reeds besig om te gebeur, sien dit as ‘n voldwonge feit en kyk hoe jou lewe verander. Dis amper soos magic…

“Whether you think you can or think you can’t, either way you will be right” - Henry Ford

Categories: Sommer praat...

4 responses so far ↓

Leave a Comment