Da Mario se gepraat…

Wonderlike naweek!

April 6, 2008 · 15 Comments

Die naweek het lekker begin. Vrydagaand se date was fantasties, ’n soort van ek-wens-dit-wil-nie-ophou-nie tipe van lekker. Saterdag het Jordan vir my kom kuier en ons het gebraai, tussendeur het ons huiswerkies gedoen, rugby gekyk, motorresies en stoei op TV gekyk en Sondag was ons oor die algemeen lekker rustig.  Hy was veronderstel om Sondagmiddag huis toe te gaan maar sy Ma het tussen neus en ore verdwyn, wat op die einde uitgedraai het om ‘n bedekte seën te wees want die girl het verskriklik baie van hom gehou en was bly om hom te ontmoet, en ek het hom toe saam met my en haar Kerk toe gevat. Ek was effe bekommerd dat hy dalk moeilik kan raak, maar vir ‘n 3 jarige was hy toe mooi soet gedurende die 2 uur lange diens, en toevallig was die boodskap nogal presies wat ek nodig gehad het om te hoor, so ek was baie bly dat ek gegaan het en dit was net so lekker om haar te sien.

Dit was die eerste keer dat hy haar ontmoet het en na sy aanvanklike teruggetrokkenheid, het hy later selfs op haar heup gaan sit vir ‘n ruk!  Jordan is nogal soos sy Daddy, ons like mooi girls! En toe ons ry vertel hy my hy wou haar ‘n soentjie gegee het, maar toe hy die geleentheid gehad het was hy te skaam! Hy sal maar moet wag vir next time…

Categories: Sommer praat...

15 responses so far ↓

Leave a Comment