Da Mario se gepraat…

Bloggers en hulle k*k…

April 8, 2008 · 21 Comments

Eers het Gestorwe Soldaat missing in action gegaan.  Glo was hy te besig met sy werk om te blog, maar ek dink een of ander blonde kat het waarskynlik ‘n vinger in die paai gehad daarmee. En toe was Knersis mos skielik doodstil.  En hy noem toe dat hy eers weer die home-fires moes hoog kry… En nou anderdag kry GertGariep mos nierstene en vind uit hoe dit voel as vroue kraam en sy blog word doodstil.  En tussen deur moes Ding oes en sy blog raak stil en my Sussie hou sommer amper op met blog vir amper 2 maande al weens “werksdruk”, maar ek dink sy shop net te lekker vir die nuwe huis.  En op daai selle dag het Skoenlapr ook weggevlieg en buiten ‘n paar telefoonoproepe het ek nog niks weer van haar gesien nie.   Anja is preggies so sy sê net sy weet sy blog te min maar haar kop is besig om in spons te verander en sy kan nie nou sinvol skryf nie.  (Wanneer het jy nou weer Oopkop? :twisted: ) Koeksuster het van werk verander so lyk my sy is ook maar skaars, NetJane kuier bietjie in Suid-Afrika en sukkel glo haar gat af met dial-up en  René het sommer opgehou blog of blog nou net op Vrydae want sy het “beter dinge om te doen”.  Ja right.

Anyways, hiermee kondig ek dan nou sommer sonder veel verdere seremonie aan dat ek dalk ook minder gaan blog.  Ek is nie van plan om op ‘n uitgebreide safari ala Jasper deur Afrika te toer nie, ek is nie van plan om op te hou skryf nie, ek is nie van plan om Ebola op te doen nie en ek wil ook nie weer breinvliesontsteking hê nie, maar ek kan dalk effe minder blog.
Dalk.  Ek sal nog sien.  Die rede sal ‘n gorgeous girl wees.  Ek wil haar bietjie meer sien.  Sommer orals en enige tyd. 

Ek dink dit kan dalk lekkerder wees om vir haar te kyk as vir die computer screen, so kom ek kyk maar of ek alles gebalanseer kry? :D

Categories: Sommer praat...

21 responses so far ↓

  • BB // April 8, 2008 at 2:35 pm

    Nou toe – go get a life DM!! ;) x

  • Die Gestorwe Soldaat // April 8, 2008 at 2:40 pm

    Neem ‘n foto – maak dit jou wallpaper. Sit hardekopie in raam regs van skerm. Doen twee dinge waarvoor jy lief is tegelyk! Problem solved! :lol:

  • Da Mario // April 8, 2008 at 2:44 pm

    DGS…
    Whahaha!! :lol:

    /me hyg ‘n biki na asem!

  • TristonJ // April 8, 2008 at 3:03 pm

    Wel wat sê mens dan nou anders as voorwaarts mars! Geniet dit DM die blogging wereld gaan jou daaglikse gepraat mis! But what the hell if its worth it its worth it! :wink:

  • Pikkelik // April 8, 2008 at 3:05 pm

    Wat ‘n man nie alles sal prysgee vir ‘n gorgeous girl nie… Enjoy. :-)

  • Da Mario // April 8, 2008 at 3:25 pm

    Stadig oor die klippe ouens, ek is nog nie weg nie en ek botter haar nog op, miskien spandeer ek net bietjie minder tyd aan my blog, wat gaan ek nou anders doen tussen 1 en 2 soggens?? :???:

  • Celéste // April 8, 2008 at 3:31 pm

    Jy kan altyd kom help by my nuwe huis – daar’s HOPE werk.

  • Jenny // April 8, 2008 at 3:39 pm

    My thoughts exactly DGS! DM, daai’s goeie raad!

  • Jaco // April 8, 2008 at 4:07 pm

    Dis hel vir ‘n ou wat aan insomnia ly as al sy favourite bloggers skielik ‘n gewete ontwikkel, begin om actually te werk en hulle blogs afskeep. Hier sit ek nou nag na nag, all dressed up and nothing to read.

    Having said that, vir ‘n mooi girl moet jy doen wat moet gedoen word. Go fetch boy!

  • Dellie // April 8, 2008 at 4:13 pm

    Rerig? :shock: Ek dink ek het dié ene al voorheen gehoor… :wink:

  • Blog Haiku « Sonkind // April 8, 2008 at 5:02 pm

    [...] Posted on April 8, 2008 by sonkind Da Mario skryf ‘n post oor bloggers wat “missing in action” gaan, vir verskeie redes, soms net [...]

  • rosalindfranklin // April 8, 2008 at 8:46 pm

    Ag maar dit gaan sleg…

  • Netjane // April 8, 2008 at 9:15 pm

    Ag nee – wat van al die mooi girls hier? Jy kan mos multi-task? (al is jy ‘n man…)

  • Da Mario // April 8, 2008 at 10:11 pm

    NetJane…
    Jy’s lekker stout nê? :D
    Ek kan multi-task ja, maar ek wil maar eintlik net bietjie aandag aan haar gee… die ander mooi girls hierso gaan maar bietjie moet uit loose!! ;)

  • johannes coetzee // April 9, 2008 at 9:59 am

    dis hoekom ek maar ‘n blagger (of is dit nou blakker) bly…!

    So sonder al die blogger bagasie van service provider gesannik, hit counter kaskanades, sitemeter swetsery, moderater moorde, rofstoei rondom ratings en rankings, en al die ge”brag” en ge”nag” in elke tag after tag en …..

    Ja… en al daai anner dubbel “K” middel “A” nie.

    ….en as jy dalk ‘n dag gemis het of dalk doodgaan kom niemand eers agter jy is “missing in action” nie….!

    Maar blog blyk nog lekker…

  • knersis // April 9, 2008 at 10:09 am

    Voorspoed met die botter lepel, of is dit nou lepel-lê os aanlê? Jy sê Netjane is innie land …hmnnnnn
    :)

  • Da Mario // April 9, 2008 at 10:38 am

    Ja…. maar sy is glo baie besig Knersis… eat your heart out! :mrgreen:

  • oopkop // April 9, 2008 at 11:45 am

    Ek is nog Oopkop. Net baie besig. Ek sal plan maak, belowe. ;)

  • mykopop // April 9, 2008 at 12:51 pm

    DM lyk my jy’t sommer ‘n massabyeenkoms hier ontketen, so hallo julle almal! Gelukkig sien ek my naam darem nie op die uittraplysie nie, ja wanneer laas het ek nou weer iets geskryf, ek dink dit was in die naweek en vandag is al Woensdag. Lyk darem asof ek ‘n lewe ook het maar tog by die blokke ook uit die moeilikheid blye!

  • GG - Uitgawe 3 « Gert Gariep // April 24, 2008 at 9:53 am

    [...] 7. Bloggers en hulle kak [...]

  • Blog Haiku // August 10, 2008 at 12:15 am

    [...] Da Mario skryf ‘n post oor bloggers wat “missing in action” gaan, vir verskeie redes, soms net vir ‘n wyle, omdat ander dinge, soos ‘n mooi girl in sy geval, hul aandag opneem. En soms vir altyd, dalk omdat hulle aan blog-uitgebrand siekte lei. [...]

Leave a Comment