Da Mario en Die Gestorwe Soldaat maak ‘n besigheid oop en hou onderhoude vir ‘n vakante sekretaresse pos. Na hulle die geskikte kandidaat identifiseer word sy ingelig en gevra om in te kom sodat die papierwerk afgehandel kan word.
Toe die aangestelde sexy blonde girl die kantoor instap vra Die Gestorwe Soldaat haar om asseblief haar handtekening op die betrokke vorm te sit. Tot hulle verbasing sit sy haar palm plat op die papier en trek ‘n mooi buitelyn van haar hand op die vorm, staan op en loop uit.
Sê Da Mario vir Die Gestorwe Soldaat: “Ek is amper jammer ons het haar nie gevra om te parafeer nie…”