Oraait, hiermee vandag ‘n ope uitnodiging aan almal wat lus is om volgende Woensdag te kom saam kuier by O’Hagens in Pretoria-Noord. Wees daar so vanaf 19H00 se kant en kom geniet die aand saam met ons. Laat vroegtydig weet dan bespreek ons ‘n tafel sodat ons lekker kan saam kuier, nonsens praat en suip dat die biesies bewe. En die wat dapper is en wasted raak kan selfs saam sing, want dis ‘n kareoke-aand. Kom aan, moenie skaam wees nie en moenie sê jy was nie uitgenooi nie.
Ek post later ‘n amptelike kennisgewing, die Artwork is nog onder konstruksie…