Kinders is kosbaar, hulle beteken so baie. Ons het hulle tog onvoorwaardelik lief. Ons sal enige iets doen om hulle te beskerm, maar vanoggend het ek ook die teenoorgestelde ervaar.
Kyk na die foto hieronder, dis ‘n asblik in die straat voor my werk…

Dit was ook vanoggend die laaste rusplek van ‘n kindjie.
‘n Klaarblyklik pasgebore babatjie was in ‘n geel en rooi Shoprite plastieksak. Toegedraai in blou plastic wrapping. Dood. Weggegooi soos ‘n leë koeldrankbottel of gisteraand se pizza box.
Watter tipe van dier doen so iets? Of nee wag, diere doen nie eers so iets nie. Hoe kyk jy na die kindjie aan wie jy sopas die lewe geskenk het en besluit jy soek hom/haar nie? Hoe besluit jy dat hulle beter sal pas in so paar stukke plastic wat in jou garage rondlê? En los hom dan daarin, koud en onbeskermd. En sit hom dan in ‘n plastieksak en dan loop jy en gaan gooi hom weg…soos gister se vuilgoed. Hoe los jy ‘n weerlos kindjie om dood te gaan? Alleen. En as jy arm is en die babatjie word doodgebore by die huis, of sterf in jou sorg… hoe kan jy selfs dan dink dis okay om hom in daai asblik te gaan gooi? Hoe totally fucked-up kan jy wees? Watter tipe gebrek bestaan in jou siel? Hoe onmenslik kan of wil jy wees? Wat de fok is fout met jou….
Bid jy vir die mensdom, of is dit reeds te laat?