Daar is sommige dinge waarvoor ek bang is. Dis nie ‘n bangheid van spinnekoppe en goggas en spoke of die donker nie, dis ‘n bangheid vir die dinge wat gepaardgaan met verhoudings. Die ding is, ek hou nie daarvan om dinge op te fok nie. En solank jy bang is beteken dit tog dat jy steeds iets het om te verloor wat die moeite werd is om aan vas te hou.
Of hoe?
Ons doen almal tog net die beste wat ons kan… en dit behoort op die einde goed genoeg te wees. Maar jy het geloof nodig en dis soms moeilik. Ek hou van aandag. Ek gee maklik en ek gee baie, maar verhoudings is immers ‘n tweerigting straat. Dit moet van twee kante kom, of jy kan maar vergeet. Nie waar nie? Verhoudings is nie easy nie, jy moet daaraan werk. Elke dag.
Of is ek ‘n simpel mansmens vandag?
