Ek het swakhede, net soos jy.
En in jou swakhede ontdek ek my eie sterkpunte. Soos wat ek nodig het dat jy by my sal staan in my uur van nood, so sit ek my arm om jou skouers wanneer jy moet swem deur die dieptes van jou gemoed. Miskien kan ek net sterk wees as ek weet dat jy my nodig het, dit gee my eie lewe betekenis. Miskien kan ek net volkome ekke wees as ek weet dat ek jou kan aanvul tot meer as die som van ons, dat ek ‘n lifejacket is in ‘n rowwe see. Maar vir my om ‘n hero te wees vir jou vereis ook dat jy jouself vir my moet oopmaak om te ontdek, dat jy die masker oor jou gesig moet laat sak. Dat ek jou moet kan sien wanneer jy werklik iemand nodig het en dat ek in daardie oomblik die een moet wees na wie jy draai om mee te gesels.
Om sin te maak uit wie ek is het ek nodig om jou hero te wees as jy down and out is. Ek wil die een wees wat jou optel en vertel dat alles okay gaan wees, dat ek dit okay sal maak vir jou, dat jy vanaand teen my skouer kan huil omdat jy iemand nodig het en weet dat ek dit kan beter maak. En dat ek nie minder van jou gaan dink nie. Ek het so nodig om jou te sien as jy opstaan en nie perfek is nie, ek het so nodig om te weet dat ek vir jou - soos jy vir my - maak dat ek ‘n beter mens wil wees. Ek het nodig om jou hartseer te sien, want in jou pyn en trane word ek jou hero.
Liefde is om vir iemand te gee sonder om terug te verwag. Liefde is ek wat jou red, dis die silwer rand wat ek om jou donker wolk sit, dis die hoop en geloof in iets beters saam as op ons eie. Ons is maar nietig en net ‘n spikkel stof wat in ‘n oomblik vergaan, maar hierdie oomblik is myne en joune. Ek is daar vir jou, in hierdie oomblik kan ek jou myself beloof.
Dis doodeenvoudig die moeite werd, want ek glo in die goedheid van mense.
Ek glo in my.
13 responses so far ↓
kaalvoetinireen // April 27, 2008 at 3:22 am
Ek hoop die girl besef hoe gelukkig sy is om iemand te he soos jy. Wees maar versigtig met die hele hero ding…dis nie wat almal wil he nie en ander gebruik jou goedheid op!
Love takes off masks that we fear we cannot live without and know we cannot live within.
- James Baldwin-
Wipneus! // April 27, 2008 at 8:46 am
DM ek hou van jou skrywes, ek sê weer daai girl is dêm gelukkig (tot kaalvoet stem saam)!
Party van ons speel “phantom of the opera” ons haal nie gou daardie maskers af nie! Dis nie altyd so maklik nie, dit vat baie tyd en soms is jy nog bang vir seerkry ook.
Riaan Oosthuysen // April 27, 2008 at 9:18 am
DM
Dit wat jy vandag geskryf het, het my geraak. As almal so wil dink gaan dit die wêreld verander
Jasper // April 27, 2008 at 11:25 am
Da Mario
Ek dink jou hart is gesteel…… Hy le iewers in die meisiekind se menswees opgesluit en nou het jy die sleutels verloor
Rustig // April 27, 2008 at 1:19 pm
Ek ruik lemoen bloeisels en champagne!
TristonJ // April 27, 2008 at 1:19 pm
Da Mario… ai my vriend… jy is al daai dinge en so veel meer, en ek is seker sy sal eendag ook daai masker kan laat sak, sy het net nodig om te sien hoe dit die moeite werd kan wees!
Jy is die een mens by wie ek my masker kon laat sak… en dit was deur en deur die moeite werd. Sy sal either uit haar eie sien dat sy by jou haar self kan wees, of jy sal uit jou eie sien dat dit nooit gaan gebeur nie.
My gedagtes is met jou…
me // April 27, 2008 at 1:38 pm
DM… dis het my nou regtig aangeraak…
Waar moet ek my bestelling plaas vir so ’n iemand…
TristonJ // April 27, 2008 at 1:50 pm
As jy die winkel kry wat hulle verkoop laat weet die res van ons girls ook…
Lyk my die een is klaar gevat
netjane // April 27, 2008 at 10:10 pm
Good luck, ek hoop sy lees hier, want dan moet sy mos verstaan…
sonkind // April 27, 2008 at 10:30 pm
Diep skrywe, hierdie.
DM, jy het regtig ‘n marshmallow sagte kant aan jou
Da Mario // April 27, 2008 at 10:47 pm
Lol ja… ek is eintlik nice nê!?
Meermin // April 29, 2008 at 11:35 am
Wow DM dit is so mooi! Hoop maar net hierdie girl lees dit en besef hoe jy oor haar voel!! Ruik ek liefde in die lug? Lekker dag verder!!
knersis // April 30, 2008 at 7:46 am
Ai ou maat, lyk my ons moet maar saam staan en vir jou ‘n Cherrie kry wat jou stukkend kan vry en weer laat brul soos ‘n Bul!
Leave a Comment