Da Mario se gepraat…

Never ever?

April 28, 2008 · 9 Comments

Daar is baie dinge wat nie altyd baie lekker is nie. Vir my is sommige van dit om op goed soos rowwe rollercoasters te ry, maar ek het al. Ook om daai inverted bungee-ding te doen… dis werklik iets anders! Die meeste rides wat jy sal kry op ‘n Skou of so, of byvoorbeeld by Gold Reef City, ek vermy hulle eerder. Sommige daarvan verskil van persoon tot persoon, maar daar is ook so paar universele dinge wat ons almal maar eerder wil vermy indien moontlik. Een van hulle is die einde van verhoudings, maar ons almal ervaar dit af en toe, sommige van ons meer as die gelukkige ander. Ek het vanoggend hierdie liedjie gehoor, en aan baie dinge gedink.
Ek was al in die posisie waar ek hierdie vragies vir ‘n girl wou vra en ek het verseker ook al girls in die posisie gesit waar hulle seker nie net hierdie vragies vir my wou vra nie, maar defnitief na die tyd nog ‘n brandende stake deur my sou wou slaan nadat ek vir drie dae met heuning oor my tussen rooi miere vasgemaak was. Either way, geniet hierdie pragtige song…

(more…)

Categories: Sommer praat...