…en nou sit jy met haar opgeskeep op ‘n moer vervelige date. Jy is doodseker sy sal vir IEMAND ‘n baie nice vrou wees, maar defnitief nie vir jou nie. En soos dinge vir jou lyk is sy mentally besig om die strooimeisies se rokke te beplan. Face dit, dis soms nogal moeilik om van ‘n girl ontslae te raak never mind dat dit half onaangenaam is. So hoe doen jy dit??
Well, never fear when Da Mario is near, daar is dinge wat jy altyd op kan vertrou om haar te vertel wat sy nie gaan like nie, so hier is my public service announcement vir die week:
Hoe om ‘n girl gracefully die hasepad te laat kies, oortuig dat sy haarself ‘n guns gedoen het….
- Ek het afslag gekry toe ek die tweede keer in rehab was. Maar ekis nou 6 weke skoon en ek is seker dit sal nie weer gebeur nie…
- Ek is nogal geworry oor my vorige girl. Sy het nogal siek geword na die geboorte van die tweeling…. ek wonder of ek haar genoeg onderhoud betaal??
- Ek is nogal senuweeagtig vanaand. Dis my eerste date na die hofsaak klaar is, maar ek sweer ek was nie skuldig nie. In elkgeval het die doos gesoek daarvoor….
- As daai blonde pop daar anderkant oorkom en vra wie jy is, sê net hierdie is ‘n besigheids-ete.
- Ek lewe vir my 3 Rottweilers en my Harley. In daai volgorde.
- Ek trek nogal gereeld rond, op daai manier is dit baie moeiliker vir die krediteure om my op te spoor. By the way, sal jy mind om hiervoor te betaal as my kredietkaart nie wil deurgaan nie?
- My Ma is absoluut desperaat dat ek nou moet begin trou. Sy soek 6 kleinkinders.
- My familie kan nie wag om jou te ontmoet nie. Dis letterlik jare sedert ek laas ‘n girl huis toe gevat het.
- My Ma was nogal uitgefreak toe sy al die Hustlers en die boeie in my kamer ontdek.
- My Ma sê sy kan nie wag dat ek eventually ‘n girlfriend kry nie, sy sê sy is nou al nogal gatvol om my wasgoed te doen…
- Ek like stripshows kwaai. Ek vind hulle ‘n moerse turn-on vandat ek 13 was!
- Ek dink mense bad en was hulle lakens hopeloos te gereeld.
- Ek kan net nie my blyplek netjies hou nie, maak nie saak hoe hard ek probeer nie.
Hehehehe… so daar is hy! Noudat jy alreeds so paar corny pic-up line memoriseer het, memoriseer nou sommer so paar let-down lines ook. Jy weet nooit wanneer jy dit dalk mag nodig kry nie….
En sommer vir fun, los hier in die comments gerus nog so paar idees oor wat julle girls baie vinnig sal laat besluit om maar eerder nie weer met ‘n ou op ‘n date te gaan nie!